droom

Back to Droom

GESKIEDENIS

 

Hansie Wolfaardt, 'n boorling van Bonnievale, het in 2004 n noodkreet uitgestuur deur middel van n brief aan die plaaslike gemeenskap. Daarin is verwys dat ons in een van die mooiste lande bly maar dat die menslike impak op ons omgewing dit negatief beinvloed, en dat ons iets daaromtrent moet doen. Die beweging het klein begin en met n positiewe gees so uitgebrei, dat ons nou ons versier op die hele land het.

Die projek het eers net gefokus op Bonnievale en sy gemeenskap en eers met die Droom Beaufort Wes water projek die eerste keer met ander gemeenskappe se nood in aanraking gekom. Die Bonnievale DROOM het in 2010 n landwye projek geloots uit Bonnievale om Beaufort en sy mense van n waternood te red. Ons het  uit Bonnievale die logistiek opgestel wat uiteindelik 5.1 miljoen liter water oor n afstand van 120 000 km met 161 tenker waens  bewaarheid is. Dit sonder enige kontrakte en met geen bedrog?  

Dit was met die projek waar DROOM en RSG se paaie gekruis het, en waar Theuns en Amore met radio onderhoude meer oor die DROOM te wete gekom het. Beide is vir die Waterprojek op Beaufort Wes vereer met ere burgerskap. 

Koppe is bymekaar gesit en die twee het oppad terug van Beaufort begin praat oor die moontlikheid om die DROOM en wat die beweging op Bonnievale vermag het uit te brei na die res van die land se dorpe.

 n Loods projek is beplan in Bonnievale vir 2011 waar sisteme en die media getoets is op watter metodes data ingewin en verwerk kon word.

 

Die res is geskiedenis!

 

  

Back to Droom