Bethulie

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

Haai Theuns Baie dankie dat jy ten spyte van jou druk program vir my die inligting gestuur het.  Ek waardeer dit baie. Ons luister uit vir julle vordering met julle projek. Ek het toe die bul by die horings gepak.  'n Lys gemaak en die "Unit manager" by ons plaaslike Munisipaliteit gaan spreek.  Ons is 50% gewonne met my droom van 'n skoner, netjiese dorp, want .......... ons het baie bome ....... hoef dus nie te plant soos by julle nie.  Dit gaan basies oor dienslewering.  So, ons sal regkom! 

Ek het die persoon vriendelik, nie-ras en nie-politiekgeorienteerd benader en goeie samewerking gekry.  Die probleem is slegs dat hulle nie groot trokke/ 'n voertuig het om die vullis en tuinvullis en grond te verwyder nie.  Ook nie 'n kettingsaag om ons lieflike olienhoutbome in ons hoofstrate te sny nie.  My man sal dit nou doen en hulle voorsien die werkers en voertuig om die takke te verwyder!!!  Wonderlik! 

Nee wat, ek is baie positief en ek dink die manier van benadering help.  Die ouer, lang inwonende persone hier in ons dorpie is nog vasgevang in 'n "baas-klaas"-houding!My droom is om Bethulie ook 'n toeristedorp van die Vrystaat te maak, al neem dit hoe lank.  Ek is nog gesond en sal probeer meer hande aan my kant kry en siedaar ..... daar gaan ons!!!Baie sterkte vir julle en ek bewonder jou entoesiasme en inisiatief om jul dorpie te laat herlewe!!!!  calitzhc@gmail.com

 

BACK TO TOWNS