Citrusdal

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Droomnuus: Oktober 2013

Gratis bome: Baie dankie aan almal hieronder gelys wat bome aangeneem en geplant het!!! Die name in hakies is die kontakpersone, baie dankie verder aan al die planters, gatgrawers, waterdraers, ens. 

   more info

Droom: Lente 2013

Citrusdal DROOM het 100 gratis inheemse bome ontvang as skenking van Weskus Distriksmunisipaliteit – baie dankie aan hulle. Dis Septembermaand – boomplantmaand! Citrusdallers kan aansoek doen om hierdie bome gratis te ontvang en aan te plant.   more info

Droom: Winternuus 2013

Ons het aansoek gedoen vir ‘n skenking van inheemse bome by Weskus Distriksmunisipaliteit. Eenhonderd (100) bome is aan Citrusdal toegeken. Hiermee kennis aan skole in ons vallei, gemeenskapsorganisasies, kerke, om my te skakel met die getal bome wat julle wil aanplant.      Dis gratis.  Besighede  in Citrusdal wat verantwoordelikheid sal aanvaar vir die boom wat hy op die sypaadjie wil plant, kan ook aansoek doen.        more info

 

Droom Nuus 10. Mei 2013

 

Gaan ry gerus ‘n draai by Laerskool Olifantsvallei se tuine!  Draai in tussen die skool en koshuis en aanskou Gert Snyers se handewerk. Hy werk reeds vir  4 jaar by die skool. Hy sien lankal raak dat die drupperlyne loop, maar dat elke druppertjie nie ‘n plantjie het nie! En so het die droomwerk en  plantwerk begin. Elke klip en plantjie dra hy eiehandig aan skool toe! Dankie aan hierdie dromer van formaat!!! Hou hom in gedagte as julle plantjies wil weggooi… more info

 

Droom Nuus 9. April 2013

Die pad vorentoe… Moet asb nie momentum verloor nie! Kom ons wees wakker, wees positief en droom groot.   more info

Droom Nuus. Maart 2013

Is daar enigiemand in Citrusdal en omgewing wat nog twyfel watter kleur ons dorp se amptelike kleur is?    Duidelik   ORANJE!

Ons dorp lyk ongelooflik! Baie dankie aan almal wat deelneem, uithang, skoonmaak, saamdoen. Indien ons ‘n lysie moet maak van dankies, sal ek difnitief iemand uitlaat, dus dankie aan almal!!!!

Droom Nuus: Cape Epic   more info

 

Droom Nuusbrief 8

Ons het gister nog 10x  pienk Bougainvillas ingeplant by die brug.   Die een kant waar Middelpos die water aangelę het , is nou op  4 plante  na,  weer volledig.  Met die volgende Epic oor 10 jaar gaan dit baie mooi lyk !                                                                                                                                                Giepie het aangedui dat hulle aan die anderkant van die pad , waar Hennie se stoor is , ook vir ons water sal aanlę.  Ek sal  toesien dat dit wel realiseer ,  en dan kan ons daardie deel ook takel.  Ons het ook rondom die bestaande plante skoongeskoffel en verder roudup gespuit waar daar kweek is. Ek sal  dophou en kyk  of die Distriksraad opdaag met hul wead-eaters , anders maak ons  weer ‘n plan en daarna die bome opsaag voor die Epic.          more info

Onderwyseres van die jaar:

Tania van der Merwe se skoolhoof, Lana Marais, het hierdie mooi storie ingestuur.

Ons skool is in Citrusdal en hierdie puik Juffrou van ons is November 2012 gekies as Wes-Kaap se Onderwyseres van die Jaar en daarna het al die provinsies in Johannesburg teen mekaar meegeding en het ons Juffrou as Suid-Afrika se Beste Vroeë Kind Ontwikkeling Juffrou van die Jaar van SA die titel gewen!!!!!  Dit was Woensdagaand (30 Januarie 2013) op Kwęla.!  more info

Droom Nuusbrief 7:

 

Lees hier meer oor Citrusdal se Droom Nuusbrief 7: klik hier

 

Droom Nuusbrief 6:

GROOT NUUS!! Die Cape Epic 2013 kom na Citrusdal! Hou 17 & 18 Maart 2013 oop vir groot dinge! Ons dorp wil dit graag met trots aanbied, maar dit gaan beteken dat almal moet inspring en doen. Ons wag vir mense wat hulle hulp aanbied!

Die Cape Epic Village gaan die Citrusdal Sentrale Sportgronde sowel as omliggende gronde beslaan. Ons praat van 5000+ mense wat ons dorp gaan besoek, dit sluit toeskouers uit! Miljoene mense gaan ons dorp op TV en die internet sien.      more info

 

 

Nuusbief 5:

 

Sypaadjiekompetisie – ons tweede:

 

Pragtig! Daar was 27 inkrywings en baie moeite is gedoen. Al was die beoordeling op Dinsdag,2 Oktober, op All Pay-dag, was die sypaadjies pragtig skoon. Dit kan gedoen word!

Dankie aan die beoordelaars, tannie Julia Wessels en Hannaleen Hough.    more info

 

 

Nuusbrief: Oktober 2012

  Nuusbrief: more info

 

 

 

Nuusbrief:   Droom werk net as elkeen sy deel doen! Ons is saam in hierdie ding! Ons het gesę ons gaan werk met mense se TROTS en mense se SKAAM… En dit werk klaar! Ons is so trots op  Citrusdallers wat inspring en dinge doen. Baie dankie! Lees asseblief verder aan al die wonderlike droom-stories:     meer info

 

Citrusdal se pragtige Droom-logo

 

Nuusbrief:  15 Junie 2012 was ons eerste Droom-byeenkoms. Tyd vlieg, maar ons het nie geslaap nie! Glo almal het die vakansie geniet en sien kans vir groot DROME! Julle sal voortaan ‘n nuusbrief per maand kry. Lees dit ASSEBLIEF en bied julle hulp aan waar julle kan.

Droom gaan net werk as elkeen sy deel doen! Ons is saam in hierdie ding! Ons gaan werk met mense se TROTS en mense se SKAAM… Indien jou besigheid of sypaadjie ‘stunning’ lyk, voel jy en jou kliënte TROTS daarop. Jou buurman gaan SKAAM word en syne ook regruk. So eenvoudig soos dit.                       meer info

Ek is SOOO jaloers as ek sien hoe julle werskaf. Gaan self nou net inspring en begin snoei en skoonmaak en vrywilligers langs die pad probeer bymekaarkry! Kan ons ons PROJEK Citrusdal DROOM noem? Is daar enige ‘kopiereg’ op of rede hoekom nie? Die assosiasie met julle projek kan net positief wees. Hou asb aan om jou inligitng deur te stuur, ek stuur dit al klaar aan een of drie mense wat wil meemaak.Laat weet hoe julle ons wil betrek, ek sal my kop ook laat gaan, maar voel soos baba wat eers moet leer loop.Baie dankie Mariet Smit  boschkloof@kingsley.co.za

Ek self was en is verskeie jare al betrokke by Toerisme en het al honderde bome geplant... steeds is ons dorp warm en kaal! Mense breek eenvoudig dit af wat ons plant en die natmaak van die bome is ‘n probleem.*Vantevore het ons Munisipaliteit bome geskenk met boomstutte, maar die stutte word gebreek, gesteel, gebuig. Het jy ‘n plan hiervoor!?!*Besighede moes bome aanneem buite hul geboue en dit water gee. Sommige doen, baie vergeet of is moedeloos (hulle hol al met emmers as ek aankom!!!). Het jy raad?*Die Munisipaliteit is weer bereid om bome te skenk, maar dit is die maklike deel. Hoe oortuig ons hulle anders of hoe raak hulle betrokke? *Opvoeding!!! Hoe leer jy mense om bome te respekteer!?!* Ons Cederberg Munisipaliteit sluit in Citrusdal, Clanwilliam, Lambertsbaai, Elandsbaai en Graafwater. Die kantoor is op Clanwilliam en hulle fondse en betrokkenheid is sigbaar daar. Hoe anders kan Clanwilliam ‘n dorp van die jaar wees en Aspoestertjie Citrusdal verval so. Ons strate is vol potholes, ons sypaadjies verwaardloos.Ek stem heeltemal met jou saam dat mense self verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle direkte omgewing. Ons het egter ‘n plan nodig om mense betrokke te kry. Hierin lę die groot uitdaging, want daar is ‘n Verfraaiingskomitee  en ‘n Estetiese komitee  en  ‘n Leefstylklub, ens. Gee asb raad hoe om hierdie groepe te trou.Lekker dag Mariet SmitBoschkloof FarmCitrusdal boschkloof@kingsley.co.za

 

BACK TO TOWNS