Douglas

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

Hier op Douglas spook ons ook met 'n dorp wat eens 'n dorp-van-die-jaar was, maar nou in verval is.  Ek is vanaf April 2011 hier woonagtig en het die sg "Strate Beter" projek geloods om te begin om die plek skoon te maak en weer mooi te maak.  GWK het tot dusver die befondsing verskaf, maar ek kon nog nie ander besighede oortuig om ook geld beskikbaar te maak nie - dis asof die hele gemeenskap apaties is.Ek sal graag wil verstaan wat julle op Bonnievale gedoen het en hoe julle sukses behaal het onder soortgelyke omstandighede.Groete,Wim van Rooyen.

_________________________________

Hier op Douglas is ek gebore daar waar net die bouvalle van die Rooms-Katolieke se hospitaal oor is en hier het ek amper my hele skoollewe spandeer.  Nou is 2 van my kinders in die pragtige skool, wat na die ’88 vloed heeltemal nuut oorgebou is, waar ek gematrikuleer het en van dieselfde onderwysers is steeds hier. 

Hulle sę as jy eers van die Vaalrivier se water gedrink het, sal jy nooit van hom af wil wegtrek nie (mits jy die water eers deur verskeie filters laat loop het hier teen die einde, voor hy by die Oranje inloop…).  My ma het altyd my siel uitgetrek: “Ag, kom kry nou vir jou ‘n ou werkie hier in die bank”, dan wil ek as jong volwassene wat die węreld al aangevat het, stuipe kry van verontwaardiging, want wie wil nou jouself op Douglas lewendig gaan begrawe?  Tog, elke keer as ek kom kuier het en van Kimberley se kant af oor die 60km merk voor die Mulkes se plaas afsak Douglas toe, die blou Ghaapse berg op die horison gelyk lę, traan my oë in die wete:  “Dis my plek, ek hoort hier!”

Toe my man – wat ‘n uiterste avonturier is – my vra, “Nou wat is daar te doen in Douglas?”, het ek amper hardop begin lag.  Beelde van eindelose plesier het in my gedagtes geflits, terwyl ek verskriklike selfbeheersing moes toepas sodat hy al die geheimenisse self moes ontdek.   Op die ou end is dit op die einste Vaalrivier in ‘n kano wat hy my gevra het om te trou!  Ons het ons eerste – en enigste – tandemresies hier kom wen; ons ski, klim, bergfiets, boogskiet, 4x4, kyk sterre, jag, stap, vang vis, skiet klappers, eet springkane, ry perd, kamp en en en en en hier.  Daarby het hy net so lief geraak vir my mense met die warm harte wat steeds wil weet, “Van watter Diederickse is jy nou eintlik?”   Dis nou drie en ‘n half jaar later vandat ons hier woon en nou bid ons vir pouse.

Ongelukkig is daar, ten spyte van die vriendelike mense en behalwe die bedenklike drinkwater, ‘n onooglikheid wat jy moet absorbeer as jy hier woon…  Douglas is die meeste van die tyd, en sekere tye van die maand, beslis een van die vuilste dorpe in ons land.  My hart breek daaroor, veral as ek onthou hoe ons as kinders op die parkie (wat vir ‘n paar jaar in ‘n ry, as die mooiste park bekroon was) se warmgebakte leiklippe lę en stories vertel het onder die kleurvolle liggies bokant ons koppe.  Jy moet maar al die munisipale gebrekke en gebreuke net verdra, nadat jy vir ‘n paar jaar in Engeland gewoon het waar alles werk en waar daar selfs, klink lagwekkend, maar dis die waarheid – ‘n “Yeovil Round-about Appreciation Association” was wat net die verkeerssirkels se tuine beplan, beplant en onderhou het! (So tussen hakkies – hulle was almal lede van die publiek wat vrywillig, in hul eie tyd, gewerk het met hul eie gietertjies en grafies)

Ons, as die vennootskap van die 2-vrou Ghaapnuus, het toe sommer ingespring en met ons saggeaarde en vredeliewende burgermeesteres gaan vergader hieroor.  Sy het ons die groen lig gegee om, met die samewerking van die munisipaliteit, ons eerste klein, gesamentlike straatskoonmaakaksie te loods.  Ons gaan elke huishouding persoonlik nader en vra of hulle asseblief hul tuinman 1x weekliks op dieselfde dag, kan vrystel om in hul werkstyd, een swartsak met rommel te vul op die straat van hul keuse en dit dan betyds gereed te hę vir wanneer die munisipale vullistrok verbykom.

Douglas is geregistreer op RSG se Droomprogram deur Wim van Rooyen.  Hy en Llewellyn Brooks het ‘n projek met die naam van “Strate-Beter”, namens Griekwaland Wes Ko-operasie bestuur, wat baie vir ons dorp gedoen het - heeltemal gratis!  Hul moes dit ongelukkig stop weens die koste implikasie.

Ons NGK op die dorp o.l.v. Marthi van der Westhuizen, het ‘n dienssentrum in April geopen, wat ‘n geweldige positiewe bydrae tot die hele gemeenskap sal wees.  Hierdie sentrum is ingestel op in-huis opleiding met ten minste 5 algemene rigtings, wat basiese kwalifikasies en selfversorgende bemagtiging ten doel het.

Intussen hoop en glo ons dat daar met hierdie positiewe “Droom” program, hoë hoogtes bereik gaan word in ons dorp en landswyd.  Ons as die Ghaapnuus, werk solank aan die positiewe samehorigheidsgevoel en dorpstrots, met liefde!

Mooiste wense vir jul almal!  Iryna.  iryna@ghaapnuus.co.za.

 

 

 

 

BACK TO TOWNS