Elim

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

Ek het jou berig oor “Droom vir Bonnievale” in Sondag se koerant met oorgawe gelees en dit het my weereens laat besef hoe belangrik dit is om werklik betrokke te raak in jou eie gemeenskap.Ons mense in Suid Afrika het eintlik lui geword en verwag te veel van die regering en munisipaliteite maar aan die anderkant is ons ook bewus in watter chaos sekere munisipaliteite verkeer.Ek is ‘n boorling van Elim,’n pragtige sendingstasie van die Morawiese kerk is SA. Ek is intens betrokke en baie aktief in ons gemeenskap en dien nou reeds my derde termyn van drie jaar elk as voorsitter b=van ons plaaslike Opsienersraad – wat eintlik alle munisipale dienste aan ons inwoners lewer. Ons is gelee binne die grense van die Kaap Agulhas Muinisipaliteit maar oor die jare heen ,vir meer as 180 jaar, lewer die plaaslike raad alle dienste aan die gemeenskap.Ons oorweeg dit om direk onder die munisipaliteit in te skakel maar aan die anderkant wil ons ook self versorgend bly as ons lees en sien in watter toestand ander gemeenskappe onder munisipaliteite verkeer.Ons het nou so 4 maande gelede begin om daadwerlik te begin werk aan die voorkoms van ons dorp. Ons het reeds 100 bome op die werve geplant en hier staan nou weer 200 wat geplant moet word.Ek is ingestel om ons dorp meer aantreklik te maak aangesien ons dorp ook baie bied aan die toeris.Vir my is dit belangrik om te weet daar in ander mense met dieselfde passie by wie ons kan kom kers opsteek asook om net te praat oor al die moontlikhede in ons dorpe. Jy ondervind ook seker wat ek baie en elke dag ondervind – die negatiewe dinge van die negatiewe inwoners wat nie ‘n voet of hand verroer nie.Ek sal dit waardeer indien ons miskien in die nabye toekoms kan ontmoet want ek wil by jou weet wat jy gedoen het en wat jy nog beoog om veral meer inwoners betrokke te kry.Ek kan jou daarvan verseker dat die moontlikhede in Elim baie wyd is.Baie geluk en sterkte met jou visie en werk binne jou dorp en gemeenskap. Paul Swart pjswart63@gmail.com

 

 

BACK TO TOWNS