Oudtshoorn

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

 

more info: 

christo1964@gmail.com

 

 

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oudtshoorn Droom: Nuus November 2013

‘n Paar fotos van die klomp Dromers aan die werk in Parkweg die afgelope paar weke. Ons pak die middelmanne weer vol klippe, plant weer bome in die ou leë gate en maak nuwe sirkels vir malvas.  Dit sal wonderlik wees as daar van die inwoners en besighede in en om Parkweg betrokke wil raak en kom help werk.  Hoe vinniger ons Parkweg klaarkry hoe gouer kan ons met nog ‘n projek begin.  Die Droom kan nie genoeg dankie se vir die groep vrywilligers wat pligsgetrou elke Saterdag opoffer om ons dorp mooi te maak nie.  Julle is ‘n voorbeeld vir ons almal ! Dankie ook aan die munisipaliteit vir hul werkers, implemente, vervoer en klip.more info

Droom vir Oudtshoorn Nuus, Augustus 2013

Hier is kort beskrywing van hoe ons beplan om vir die res van die jaar besig te bly met Droom vir Oudtshoorn. Daar is besluit op paar projekte waarvan party van hulle reeds aan die gang is.

Hieronder dan die projekte waarop ons graag wil fokus, as jy kan help hoe gering ook al en betrokke wil raak kontak ons asb.

Boomplantdag – Ons beplan GROOT dinge… As jy bewus is van plekke waar daar tekort is aan bome laat weet ons asb.

  • Parkweg (aan beide kante van Voortrekkerweg) – Madeleine Miles
  • Die dorpsingang vanaf die Kango Grotte pad  - Deon von Mollendorf/ Madeleine Miles 083 436 1153/044 272 6017
  • ‘Garden of Peace and Silence’ in Bridgton – Charles Basson
  • St Saviour Straat en gholfbaan – Magda Fereira

Ons vra asb inwoners wat betrokke wil raak om ons te kontak, daar is verskeie maniere hoe inwoners deel kan raak van die Droom vir Oudtshoorn projek.  Self te kom hand bysit met die fisiese werk, voorstelle en idees lewer, hulp met wegry van rommel/tuinvullis, werkers broodjies en koeldrank bring, plante skenk en so meer.

Ons het ook hulp nodig met die administratiewe reelings van projekte, daarom sal dit lekker wees as daar nog droomleiers vorendag kan kom om te help met die koordineering van projekte en leiding neem waar nodig.  Ons baba is einde September hier en dan sal ek nie alles alleen kan behartig nie.  Dalk het jy paar uur per week vry wat jy kan gebruik om te help, almal het iets om te bied.  Dis verbasend hoe baie mens kan vermag met ‘n paar uur hier en daar…kyk net na die swaaibrug ! 

PARKWEG PROJEK : Alle inwoners en BESIGHEDE in Parkweg wat wil betrokke wil raak kontak my asb, ons wil so gou moontlik begin.

Stuur ook gerus e-pos na droomoudtshoorn@gmail.com 083 436 1153/044 272 6017

Onthou hierdie is maar net die projekte waarop ons klein groepie besluit het om te fokus, die droom is groter as dit en as jy ‘n projek in jou omgewing wil aanpak kontak ons gerus.

Oudtshoorn Droom Nuusbrief 2 (Newsletter 2)

Sjoe ! Ons eerste projek het Saterdag die lig gesien, en wat ‘n wonderlike dag was dit nie. Daar was meer as 50 Dromers wat opgedaag het om te kom help met die skoonmaak en mooimaak van ons dorp se Swaaibrug. Ek glo almal wat daar was het die dag net so baie genoet soos ek en Hennie, die positiewe ‘’gees’’ wat geheers het was aansteeklik en almal het nie net saam gewerk nie, maar mekaar ook beter leer ken en saam gelag en gedroom oor ‘n mooier Oudtshoorn.

 

Ons was tot op SABC 2 se 6 uur nuus ! Ek glo ons sal later in die week ook op RSG wees, sodra ek die tye het laat ek julle weet. Maandag was ons ook op EDEN FM.   more info

Your effort does influence your community!

If you need assistance to start a dream group in your particular community, please let us know and we will assist you, but take responsibility for your own surrounds today and make Oudtshoorn a better place to live, work and play in!      more info

 

Tydens die KKNK 2012 het Droom daar ook paar bome geplant.

 

Tisha Steyn Brief geplaas in Die Burger 13/03/2012

 RSG se Droom vir Suid-Afrika projek, wat die verfraaiing van dorpe landwyd ten doel het, word tydens vanjaar se Absa KKNK  van stapel gestuur. “Die projek word op 2 April tussen 16:00 en 17:00 op die RSG-verhoog van stapel gestuur,” het Amore Bekker van Tjailatyd op  RSG gister gese. “Dr. Dave Pepler, groen ghoeroe van die Universiteit van Stellenbosch, mnr. Chris van de Rheede van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en ‘n bekende kunstenaar wie se naam ons nie nou al wil bekend maak nie, gaan saam met my op die verhoog wees om die Droom vir Suid-Afrika amptelik af  te skop.”Droom vir Bonnievale, ‘n loodsprojek wat deur mnr. Theuns Coetzee van die Wes-Kaapse dorpie gedryf word, lok landwyd positiewe reaksie uit.“Na aanleiding van die Droom vir Bonnievale bel en skryf mense van oral in Suid-Afrika en selfs Namibie dat hulle so geinspireer is deur wat in Bonnievale gebeur dat hulle ook hul vuil, verwaarloosde dorpe wil opknap.“Dit is goed vir 'n mens se gemoed as ons in ‘n mooi omgewing is en dit is deur  navorsing bewys dat moraliteit beinvloed word deur omgewing. Misdaad neem af en  omdat toeriste graag mooi dorpe besoek, word werk geskep tot die hele gemeenskap se voordeel.“Ons wil almal ‘n betekenisvolle lewe lei, en om ‘n boom te plant beteken dat ‘n mens hoop vir die toekoms het."Die projek waarvoor dorpe landswyd kan inskryf,  sal oor sewe maande strek, waarna die Droomdorp aangewys sal word. Inskrywingsvorms sal tydens die KKNK in die  Trapsuutjies-tent by die De Jager-sportkompleks beskikbaar wees. Bekker en Coetzee sal ook daar teenwoordig wees om te verduidelik hoe die droom in Bonnievale verwesenlik is. “Ons verskaf die bloudruk vir inwoners van dorpe wat vir hulle riglyne gee oor hoe om hul eie dorpe op te knap.”Vir meer inligting, luister Maandagmiddae om 15:40 na Bekker se gesprekke op RSG oor die Droom vir Suid-Afrika. Kontak Theuns Coetzee by theunscoetzee@gmail.com

BACK TO TOWNS