Riversdale

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

 

more info: 

christo1964@gmail.com

 

 

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Riversdal Nuus: 2013

Ons fokus vir 2012-2013 was om hande te vat om die Skoonheid (Sleeping Beauty) van Riversdal nog mooier te maak. Die Droomprojek (waarvan ons lid is, ook die eerste dorp wat ingekoop het) het gedien as motivering om in die 19 maande met trots te kan s dat hier "magic" gebeur het. Die mooimaak van ons dorp "jou woorde" is inderdaad soos 'n slangetjie en leertjiespeletjie. Ons het ons uitdagings gehad, maar die beloning l daarin dat met die samewerking van die Munisipaliteit en hardwerkende tuinboulede die eindproduk (nog baie wat nog moet gebeur) iets is om op trots te wees.

Daar is veral gekonsentreer op:

Oop areas, wat eens toegegroei was, is skoongemaak en vertoon baie mooi. Bome wat soos struike gelyk het se stamme is skoongemaak. Besighede het hul geboue geverf en dit veral was baie aansteeklik, behalwe 'n prokureurskantoor en hier en daar nog 'n besigheid is 90% van besighede pragtig. Juries Park was eers 'n nes waar dakloses hul tuisgemaak het, is skoongemaak, bosse, vullis en onkruid verwyder, bome onder skoon gesny, blokbeplantings gedoen en word die park mooi instant gehou deur die Munisipaliteit. Area by die treinspoor is skoongemaak. Die Burgersentrum het 'n metamorphose ondergaan en is die inwonders baie trots daarop. Slangetjie is ook maar die oornagslapers wat die plek bemors. Sypaadjies se boomstamme is oopgesny, onkruid verwyder en word die bome twee weekliks goed natgemaak. Huise se tuine is oor die algemeen pragtig en sorg die meeste inwoners om ook hul sypaadjies mooi te maak en te hou.  Green Fingers Tuinbouklub beloon huiseienaars,  kerke, skole en besighede se tuine met 'n sertifikaat van waardering, sien aangeheg. Skole se gronde is pragtig en word die geboue ook mooi instant gehou. Area by tennis, rolbalbane, muurbal en Munisipale naweekhuisies is skoongemaak en beplant. Bome is langs die N2 aangeplant. GFT het 'n pragtige hoektuin by die dorp se  hoofingang op die hoek van die NG Kerk Wes, ontwerp en beplant. Kerk se werkers hou die tuin mooi instant. Riversdal se sypaadjies en strate word gereeld gevee en skoongehou. Bome is by die speelplekke in die kleurlinggebied geplant.  Bome is langs die paaie in die kleurlinggebied aangeplant. Die plantjiedepo (mense bring plante wat hulle uit tuine verwyder daarheen) word nog nie behoorlik benut nie. Sal nog daaraan werk.

(Klik op fotos om groter te maak)

Die lede van Riversdal se tuinbouklub wat hard werk om Riversdal mooi te maak.

 

Baie dankie vir jou bereidwilligheid om te help! Na aanleiding van ons gesprek vanoggend die volgende:Baie dankie dat jy kans sien om jou inisiatiewe, kennis en passie met die Tuinbouklub, Hoof van die Parkeraad, Dorps en Streeksbeplanner, Munisipale Bestuurder en Burgemeester te kom deel. 

Soos genoem wil ons jou asb. as gasspreker nooi om 'n oggend met bg. rolspelers te kom spandeer.  As dit moontlik is, so gou as moontlik in die nuwe jaar sodat ons kan begin om  soos jy/julle ons pragtige dorp om te tower in iets moois, wat dan as 'n uitdaging vir elke Riversdaller gaan wees, ten einde die dorp, sy besighede en inwoners te motiveer om eienaarskap van sy/haar woning en of besigheid te neem om volhoubaar mooi te maak en instand te hou. Stuur asb. vir my datums wat  jou gaan pas. Stuur ook dan asb. die naam van die persoon wat Woensdagmiddag die 30ste vir ons een of twee plekke sal gaan wys. 

Baie dankie en mooi dag vir jou. Benita Du Plessis benitaduplessis@vodamail.

 

BACK TO TOWNS