Roossenekal

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

 

more info: 

christo1964@gmail.com

 

To advertise on this website

CLICK HERE

Ons skrywe spruit uit opgewondenheid oor die suksesverhale van dorpies wat jy gehelp mooimaak het en natuurlik ook met die hoop dat jy beidedie Roossenekal gemeenskap en openbare instansies kan help met die verfraaiingvan ons dorp.

Laat ek n bietjie meer agtergrond gee: (Die ons is die Roossenekal Toerismevereniging)

Roossenekal is n klein dorpie aan die voet vandie Steenkampsberge en op die grens tussen Mpumalanga en Limpopo. Dis n oorwegend swart en baie arm gemeenskap van ongeveer 4000. Hier is n groot HOP uitbreiding (321 huise), 3 skole, n munisipale kantoor met n biblioteek, n poskantoor en n polisiekantoor. Baie min vandie ander 150 huise in die dorp het privaat eienaars. Die meeste ander huise behoort aan Mapochs myn (ystererts) en aan DWAF (wat besig is om die De Hoop dam te bou tussen Roosssenekal en Steelpoort). Roossenekal val onder die Elias Motsoaledi Munisipaliteit in Groblersdal.

Roossenekal hou ook elke jaar in November n Geelvarkoorfees ter viering van hierdie blomme wat endemies is in ons area. Dit is dus juis ook met die oog op toerisme dat ons baie graag ons dorp wil verfraai.

 

Die middedorp waar die meeste besighede is (3 algemenehandelaars, 2 kafees, 2 slaghuise, 2 bottelstore, die dokterspreekkamer enkliniek) is die seer oog, veral natuurlik met pensioendae. By die ingang na die dorp van die hoofpad af is n petrolstasie en ook n bottelstoor wat ook nie baie verwelkomend lyk nie.

Umsizi Sustainable Solutions is tans besig om in samewerkingmet Mapochs Myn, gesinne in die groter Roossenkal omgewing te help met groente verbouiing in tonnels. Hulle voorsien opleiding en tonnels. Hierdieprojek is tans op ys weens die swak ekonomiese toestand in die mynbedryf.

Ons het die vorms van die internet af gekry, maar is nog steeds onseker oor hoe om te werk te gaan. Ons glo die munisipaliteit sal saamwerk om ons droom te verwesenlik, veral met n raakvatter soos Jana Spangler wat die hoof skakelpersoon sal wees sou jy ons kan help.

Toerismevereniging groete

 

BACK TO TOWNS