Wellington

All the good about South Africans

 

BACK TO TOWNS

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

 

more info: 

christo1964@gmail.com

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

Droomnuus 9: 20 November 2013

Nee kyk! Dit is nou weer HOOGMODE ! Wanneer jy vir jou gaste n slaaitjie voorsit moet jy darem kan byvoeg .... uit my eie tuin! Dan kom die groentegeregte ook uit die tuin uit!  (Ons koop vir eers nog die vleis by die slaghuis...) Ja, vir sommige van ons is dit n lekkerte om n eetbare tuin te groei, vir ander n noodsaaklikheid.  more info

 

Droomnuus 8: 28 Oktober 2013

Wat n prestasie! Sedert die begin van Augustus tot die middel van Oktober is 4 101 bome deur inwoners en 417 bome deur die Munisipaliteit, regdeur die hele Drakenstein Munisipalegebied geplant. Die vragmotors is gelaai en van Saron, Gouda en Hermon, deur Wellington tot in Paarl, is bome vir inwoners afgelaai. Baie inwoners het self bome by die Paarl Arboretum en by die Wellington Depot afgehaal. Kerke en skole het ook hulle deel ontvang. Hierdie uitsonderlike projek was moontlik gemaak deur n fenominale skenking van 4 000 bome, deur Mnr Carl Pretorius van Just Trees Groothandel Boomkwekery, aan die Munisipaliteit van Drakenstein. Die bome is daarna gratis deur die Munisipaliteit aan die inwoners beskikbaar gestel. Die voorwaarde was dat inwoners self die bome plant en in die toekoms versorg.     more info

 

Droomnuus 7:  Oktober 2013

Die Winter is agter die rug! Ons kan uitsien na naweke sonder ren en almal wat lief is vir tuinmaak is in die grond aan die werfskaf. Die laaang Droom stilte is soos in ons vorige nuusbrief verduidelik doelbewus so om te verseker dat Droom volhoubaar is en ook om ons energie vir die projek te verseker!  Die Droom van ons het egter n lewe van sy eie en gedurende die stil tyd het daar heelwat gebeur. Dit sal moontlik vir u ou nuus wees, maar ons wil tog graag in die nuusbrief erkenning gee aan daardie baie belangrike werk wat gedoen is.   more info

 

Nuusbrief 6: 

 Mevrou Kisting was teenwoordig by n Droomvergadering en het ons genader met n versoek om die begrafplaas se gras te laat sny en behoorlik skoon te maak sodat die area nie net vry sal wees van rommel nie, maar ook gevaarlike glasstukke. Mnr en Mev Kisting het onderneem om dan in samewerking met Mnr Hilton Bailey en leerlinge van van St Alban Laerskool, gereelde skoonmaak aksies uit te voer sodat die area so netjies moontlik kan bly.

Mnr en Mev Kisting en n groepie leerlinge van St Alban is nou elke tweede Vrydag op hulle pos soms in erge hitte! en word die begrafplaas deeglik opgeruim. Hierdie is nou n deurlopende projek. Kyk gerus uit vir hulle en dra n koue koeldrankie of roomys aan!

Mev Kisting het ook die graf van haar Vader opgespoor en besluit om daar n boom te plant. Nog inwoners wil haar voorbeeld volg.    more info

Nuusbrief 5:

Eerste pouse was die kleingoed tot by graag 3 se beurt en tweede pouse die groter kinders. Die kindergesiggies het n storie vertel van pure geniet! So tussendeur die plantery het ons sommer van die geleentheid gebruik gemaak om met die kinders oor die belangrikheid van plante, bewaring ens te gesels. Na skool het n klompie leerders uit hulle eie weer by ons aangesluit om verder te help plant Sun sommer in haar balletklere dit was darem na balletklas!   more info

Nuusbrief 4:  Desember 2012 

Besoek Wellington se Droom nou op www.wellingtoninfo.co.za  en op Facebook by Droom/Dream SA !!!

Baie dankie aan Attie Barnard (webwerf) en Beth Rautenbach van Port Shepstone (Facebook blad) wat ons by die inisiatief ingesluit het. Albei hierdie inisiatiewe is fantastiese geleenthede om ons pragtige dorp te bemark. Versprei die nuus asseblief.                       more info

Nuusbrief: Oktober 2012

Die ys word gebreek en die eerste 30 Bome word geplant! Daar was sakelui, skoolkinders, tieners en bejaardes. Die inisiatief van die verfraaiingskomitee met samewerking van die munisipaliteit is al n jaarlikse instelling. Hierdie is egter die eerste jaar wat daar so baie bome geplant word. Die laning bome is al langs die voetpad by die begraafplaas geplant. Theuns van Bonnievale het ook vir ons, vir die dag kom kuier.     more info

Dertig bome in die grond!

 

   

Goed vir die mense en goed vir die siel! Ek wou bars van trots vir die mense, toe ek omdraai sien ek die twee vroue, op hulle eie besig met die swaar boom.

 

Wellington word verfraai

Daar is inwoners in Wellington wat lankal reeds Droom. Hierdie is mense wat besluit het om eienaarskap te neem van hulle omgewing. Hulle doen ipv om net te droom of te kla en sonder om dit aan die groot klok te hang. Ons gee graag erkenning aan hulle en s baie dankie!  more info

__________________________________________________________

Ek het geen illusies dat n mens ook so bietjie malligheid nodig het om so n projek aan te pak nie en ek verstaan so goed die frustrasie met die politiekery van die munisipaliteite.

Ek het twee jong kinders en voel dit my plig om vir hulle n beter omgewing te skep.

Praat gou weer. Groete. Linda.

 

BACK TO TOWNS