Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

  Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za, werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoofstuk 1: Van Kromstraat tot Reguitstraat (Ons Storie deur Hanlie de Lange)

 

Daar kom ‘n stootskraper, hy maak ‘n nuwe pad…

Ter inleiding wil ek net sê hierdie blog is nie begin om aan enige mens eer te gee nie,  maar net aan God alleen en as getuie vir wat Hy in my lewe gedoen het tot nou toe. Ek is nou 43 en my storie van die genade van God is nog nie voltooi nie, maar ek het genoeg van Hom beleef om nie meer stil te bly nie. Ek weet nie hoe die storie gaan eindig nie, maar ek vertrou die Skrywer daarvan ten volle en weet dus ek kan maar begin skryf.

 

 

HOOFSTUK 1:  Van Baie Bang tot Baie Braaf

My Kromstraat lê in vrees. Vrees kan uitdagings in monsters verander. Agter my lê ‘n Tsunami golf, voor my stort die hemel in duie. Loof en prys net die Here kom ‘n gedagte. Waar is my kinders? Daar is nie tyd nie. Loof en prys net die Here. Soos ek Hom loof en prys gaan die Tsunami plat agter my en settle die wolke voor my.  Meer oor die betekenis van hierdie beeld later.      Al ooit gehoor van “Geld wat stom is maak reg wat krom is?”

 

 

In my lewe was daar baie goed waarvoor ek bang was. Een groot reus was: OM TE MIN TE HÊ - eintlik vreemd, want ek het as kind altyd genoeg gehad. Die vrees en bekommernis wat hieruit voorspruit was tog goed deel van my denke. Op ‘n stadium het Riaan vir my gesê: “Dit bekommer my dat jy jou so bekommer”.

 

Ten spyte van my geestelike oortuiging as wedergebore oortuigde Christen was ‘n paar goed krom en verdraai in my lewe. Dis toe ek en my universiteitsliefde, getroue gade en  besigheidsvennoot se planete begin wegdryf van mekaar af dat ek  “Here Help!” roep tot my  stem hees is.  “Ek het jou gehoor, sit jou voet op die water en die see sal oopgaan” kom Sy antwoord na 2 weke.

 

Vind jou skeppingsdoel

Soos enige “40something” het die gedagtes van waarvoor ek gemaak is of wat my skeppingsdoel is, my die beter deel van my laat-dertigs besig gehou. Gedurende 2007 klim ek uit die prokureursstoel om vas te stel wat dit tog is waaroor ek eintlik gemaak is?

 

Een Sondagoggend gee iemand my ‘n drukkie en toe haar mond by my oor kom fluister sy: “Hand 20:24”. Verbaas oor die vreemde fluistering haas ek my na die naaste Bybel en lees:

 

“Daarom bekommer ek my nou glad nie, maar met vreugde strek ek my uit na my roeping wat voor my lê om ‘n kragtige getuie van die evangelie van die genade van God te wees.”

 

Soos ‘n venster wat oopskuif weet ek DIS DIT! Dit maak nie saak waar ek is of wat ek doen nie, solank ek “real life” stories kan vertel van watter genadige God ek dien. Dit vul my met soveel tevredenheid.  Ja!  ek weet- dat ek weet, DIS DIT.

 

 

Wat my so effe later tref is dat om “real life” stories te kan vertel van die genade van God gaan ek deur omstandighede moet gaan wat net genade my kan uitred….oh sherbet!! Dit klink “scary”, dit klink so effe uit beheer uit. Ek weet nie of ek meer so reg is hiervoor nie…

 

Neem God ernstig op

Ongeveer 2005 droom ek dat ons trek - ek doen die registrasie van die oordrag en sien in die droom die koopkontrak. Die adres is Reguitstraat en die “wow” omtrent die droom is hoe wonderlik die finansies uitgewerk het.

 

Ingegraveer op die buiteblad van Riaan se 2011 dagboek staan die woorde: Wees dan nou baie braaf, het Ek jou nie gesê nie, Ek sal met jou wees waar jy ookal heengaan”.

 

Ek was ‘n konserwatiewe finansiële denker. My verstaan van die lewe is die boere-manier van as jy nie werk nie, kan jy nie eet nie. Jy kry niks verniet nie, als kos iets-betaal is die wet van Transvaal…

 

Skrif soos in Mat. 6:26 wat lees “Kyk na die mossie, hy saai nie hy gaar nie op in store nie, tog sorg sy Hemelse Vader vir hom…” was bloot teoreties.

 

Ek besef dat in my pad met my God het ek meer my eie opregtheid om Hom te wil dien aanbid en Hom en Sy Woord glad nie ernstig opgeneem nie. Ek het dit gelees ja, en gememoriseer en my kinders gekry om dit te memoriseer, maar in my hart het my vertroue bly rus op ek wat werk en opgaar en firewalls opsit en reg beplan en goeie rentmeester wil wees…

 

Jy dink nog alles is soos gister dan verander alles

Op hierdie stadium het my lewe nog rustig en ongestoord voortgeduur. Dis so rustig soos dit kan gaan met 4 kinders in 3 skole en elkeen met sy eie paar buitemuurse aktiwiteite! Dit was vir my sleg dat die meeste woorde wat met die kinders gesels word gedurende die dag was “Kom nou, jy gaan laat wees”. Ons het besef hoe vinning die tyd loop en hoe vinnig die kinders groot word.  Die oudste het toe nog net 3 Desembers op skool oor gehad.

 

Riaan het gedurende 2008 sy droom met my gedeel om alles te verkoop en eendag voor die kinders uit die huis is (eers later het dit 2012 geword) ‘n jaar lank deur die land te toer. Die gedagte was om uit die sisteme wat dit voordoen om die begin en einde van alles te wees uit te kom en nuut en vars die Here kans te gee om inspraak in ons lewe te hê oor waarheen is ons oppad. Natuurlik was dit ook ‘n groot avontuur en ‘n groot uitdaging vir hom.

 

Ons soek bevestiging

Na vele bevestigings het die vrede in ons harte gebeur met die woorde van Luk 18 : 22

 

“Gaan dan en verkoop alles wat jy het, gee die opbrengs vir die armes, dan kom jy en volg my”.                                                                                                      word  vervolg...

 

  Back to Hanlie's Blog