Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 10:

Gasvry verby…

Ons kom 22 Junie 2012 op Ilanga plaas op Oudtshoorn van Johan en Mindi Breunissen.  Hier is dit gasvry verby.  Ons hou kersfees in Junie - letterlik en figuurlik. Johan en Mindi het ‘n uithangfunksie gereël vir die dorpsmense waar ons ‘n 5-gangmaal  op ware plantelandse steil- heerlike sampioensop entre,  gevolg deur koningklip voorgereg, beesfillet, gaar kweper en aartappelgereg, malvapoeding en vla…kaas en beskuitjies en koffie!  Ek skat daar was so 50 mense – en deel van die toegangsfooi was elkeen bring ‘n kombers wat aan die einde van die aand aan die mense in die kombuis gegee as – as kersgeskenk natuurlik.

Jesus is die weg die waarheid en die lewe…

Dit is hier op Oudshoorn met van die ander mense wat ek ontmoet het, waar ek besef het mense is moeg vir kerkspeel.  Ons ma’s en pa’s het ons kerk toe geneem en uit die kinderbybel gelees, want dis die regte ding om te doen, maar ons gaan nie val daarvoor as ons van liefde en vergifnis geleer word, maar my swanger tienermaat mag nie belydenis van geloof aflę nie, sę een. Ek hoor van iemand wat  nie haar baleteksamen kan aflę nie, aangesien dit op haar kerk se sabbatdag val  en die baletjuffrou nie bereid is om haar op ‘n ander dag te neem nie en dan, met ‘n toer na die Ooste, haar been breek en vir die eerste keer ware omgee en liefde ervaar, van ‘n volksvreemde nasie wat sy sabbat na sabbat (en deur die week) nie onder haar eie mense beleef het nie. Dis dinge soos dié wat mense laat vrae vra en antwoorde soek. Die scary deel is die alternatiewe antwoorde is daar en bied iets wat baie goeie resultate lewer en koue menseharte  omskakel na warm- vibe- lekkervoel-omgeemense.  Die scarier deel is dat die wat dit vind nie verstaan waarom dit scary Is nie…   

 

Dit gaan nie oor hoe goed ek is nie, maar oor hoe goed Hy is…

Ek besef ek was al voor in die koor wat kritiek en veroordeling betref.  Religie laat mens veilig voel in selfregverdiging sonder om te diep te delf in liefdelose, soms seer-beskermde harte - ‘n tipe gemaksone, veilige hawe. Dit is jammer dat religieuse mense geassosieer word met kerk, bybel, Jesus en dan kritiese veroordelende uitsprake lewer. Dis nog jammerder dat hierdie religieuse mense eintlik opreg met die kennis tot hul beskikking uitsprake lewer wat ver verwyderd van God se waarheid is, asof dit waarheid is. Vra my, ek was daar en kan dalk weer daar kom as dit nie vir Sy genade is nie. Alles draai so om en om rondom ons klein mensies: wat ek glo, wat jy glo, wie’s reg, wie’s verkeerd, en al die tyd gaan dit net oor Hom.

Die siel  waarin God die Skepper, verwag, vertrou en aanbid word as Alles van die skepsel, en verwag, vertrou en aanbid word vir Sy genade, sal haarself so bevind met Sy teenwoordigheid, dat daar vir haar eie ek geen plek sal wees nie. Alleen op hierdie manier kan die belofte vervul word: “Die hoogheid van die mense sal neergebuig word en die Here alleen sal in die dag verhewe wees!” (verwerk uit Nederigheid van Andrew Murray)

Oorvloed van genade

Dis so anderse prentjie: Hy hou Homself nie versluierd nie, maar met bediende klere kom Hy voete was en afdroog, my vergewe soos ek ander vergewe, voor my intree as die beskuldiger begin beskuldig, met die hoop dat ek dieselfde sal doen as ek ander in die moeilikheid sien. Soos my seer hart deur Hom gesond ge-‘nurture’ word en dan vir die eerste keer genade raaksien, voel ek nederig want ek verdien dit nie; nederigheid stel my instaat om Hom te vertrou, want ek kan nie; vertroue laat my intap by Sy krag en met Sy krag waag  ek om my hart uit my fort te laat kom en waag ek om waarlik lief te hę, ongeag….

 

Die hand wat deurboor is bring redding en verlossing

Groot woorde. Can I live it? Nie ek nie, maar God wat voorloop. Hy wys my hoe om uit te stap uit my konstante soeke na selfsug en eie eer, en eerder stukkende menseharte wat desperaat uitroep, uit te red, as te verdoem. ‘n Goeie God met ‘n naam  wat die wat soek vind, wat wil versorg, maar op Sy manier, Sy voorwaardes. Hy’s immers God en ek die volgeling.

 

Gaan by sy poorte in met lof

Ons verlaat Oudtshoorn deur almal lekker saam ontbyt te eet by Barry’s. ‘n Reuse plaasontbyt met koffie vir R25. Deur Meiringspoort vergaap ons, ons aan die unieke berge en rotsformasies. Ek besef ons gaan deur ‘n letterlike poort na iets anders.

Ons slaap die aand op Beaufort-Wes.  Dis koud!  Volgende oggend ry ons verder tot op Hanover. Klein interressante plekkie waar die bokke in die stofstrate stap en die polisiekantoor se heining gelyk vreet. Klim vroegmore Trappieskoppie uit met uitsig oor Hanover en bekyk die slapende dorpie. Dis op die hoogte wat ons gewoonlik ‘n altaar bou. Ek besef dis moeilik om tieners te kry om Bybel te lees. Ek voel bietjie moedeloos en besef ek het al te veel gekerm daaroor.  Besef net lewe spreek kan ‘n verskil maak. 

 

Ek sal jou fondasie lę in sierstene

Ons ry deur Phillipstown en gesels met plaaslike besigheidsmense.   Ons hoor van pogings wat aangewend is om die dorpie te verfraai, maar aangesien dit geďnisieer is deur die verkeerde politieke party se ondersteuners het die ander party die bome kom uittrek. Ons hoor van besigheidsmense wat ‘n verskil wil maak aan die dorpsmense, maar omdat die ‘social grant’-stelsel in plek is, stel individue nie belang in selfontwikkeling nie-hul kry dan alles. Dis jammer. Waar’s die die balans, die waarheid?

Ons ry verder deur na Orania. Die laaste wat ek iets van die dorpie gelees het was in die Huisgenoot, met baie triesterige foto’s van armsalige blankes met verkrampte politieke idees. Wat ‘n verrassing! Die dorpie is 21 jaar oud.  Ons vra ‘n klein seuntjie aanwysings na die kampterrein. ‘n Heldergesigkind kyk ons in die oë, praat met selfvertroue en help ons vriendelik. Die vrou wat die kampterrein beman lyk soos ‘n vriendin en wys ons vriendelik die plek.  Terwyl ons die Infanta opslaan, maak sy die badkamers skoon. Sy vertel ons van die selfhelp kiosk vir vuurmaakhout. Jy vat hout, sit jou geld neer en vat kleingeld, indien nodig.  Die volgende dag doen ons ‘n toer deur die dorpie, met die gids van die Orania beweging. Die fokus is almal werk saam.  Almal het werk daar. Ons hoor dat die dorpie nie geskoei is op ‘n haat vir ander rasse nie, maar ‘n liefde vir jou eie. Ons gaan deur die Verwoerd museum en hoor passievol sy geskiedenis, ‘n man wat nie met geld gekoop kon word nie, sien foto’s van sy begrafnis met rye swart mense in die strate wat die stoet dophou en begrafnis meemaak. Ons kamp lekker in ons Infanta by Aan de Oewer langs die Oranjerivier. Ons kyk die aand die dvd “Platteland” in die Infanta, elkeen met ‘n warmwatersak en kombers op ‘n kampstoel. Dis bitter koud, en lekker. Die volgende oggend gaan eet ons koeksisters by die koeksistermuseum. Daar’s ‘n vierster hotel, eko- vriendelike Spa, bank, eie geldsisteem, eie radiostasie.  Interessante dorpie die …

 

Back to Hanlie's Blog