Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 11:

Koopkrag

Die kontras tussen Verwoerd van Orania, wat na bewering nie met geld gekoop kon word nie, aan die een kant en die onskynlike agterbaksheid van Cecil John Rhodes wat gedetermineerd was om sy claim namens die Britse koninkryk en ten koste van gewone Suid-Afrikaners af te steek in die diamantjagtery van Kimberley, was nogal skerp. Ons het laat in Kimberley aangekom en in n verbeeldinglose kampterrein naby die Groot Gat oornag.  Waar gewone mense op die tydlyn in die museum gesukkel het met oorlo, depressie, oorlewing en apartheid, het die diamantbedryf deur eeue net aangegaan met geldmaak alles binne n mooi uitgewerkte monopolie.

 

Versteekte diamante

Ons is vandaar na Bloemspruit net buite Bloemfontein op die plot van Frans en Anne-Marie Jooste en hul seun, Klein Frans. Dit was n vars belewenis van n egpaar wat nie net geskei het en toe weer getrou het nie, ook terselfdetyd hul 16 jarige moes inboek in n dwelmrehab en n nuwe sprankelkind teruggekry. Dis baie koud. Ons praat rondom die gasverwarmer oor lesse geleer. Dis half idillies as mens hul storie hoor, maar as jy hul beleef daar op die plot tussen hul diere besef jy dis net amper weggesteekte gewone mense van wie God nie vergeet het nie. Frans hoort iewers op n platvorm om sy storie te vertel. Hy lyk nog na n baie suspect emo, iemand wie se buitekant maklik veroordeel word, maar hy sprankel binnekant en getuig van n ontmoeting met n lewende God.  

 

Onwelkom in Welkom

Voor ons Bloemfontein verlaat vat Riaan my om na ons huis in Dekkerstraat te gaan kyk waar ek gebly het toe ek so 3,4,5 jaar oud was. Daarna is ons na die huis op Brandfordt toe ek 6 en 7 jr oud was. Ek neem fotos maar voel so half verwyderd van dit. Ons kom aan op Welkom en soek n kampterrein. Ons stel vas daar is nie n kampterrein op die dorp nie en Riaan besluit ons oornag daar. Hy vra my opinie. Dis maar nog net 4uur. Kom ons ry deur na Kroonstad en kamp daar.  Nee, ek dink ons oornag hier As jy dan klaar besluit het, waarom vra jy my wat ek dink?

 

 

Ek gaan voor jou uit

en so ry ons na die oornagkamers. My gesindheid is dik. Die kinders kerm, Nou waaroor gaan die toer nou weer? Ek wil nie hier wees nie. Oppad na die oornagkamers ry Riaan verkeerd en so ry ons verby 2 kerke met kennisgewingborde. Die eerste se boodskap is hard en duidelik:

As Hy vir die lelies sorg, hoeveel te meer nie vir jou nie kleingelowige?

Die woorde tref n senuwee, my binnewreld staan orent.  Die tweede bord:

Laat God jou opbou, Leer om te bid Neh 2-4

Skaam moet ek weereens erken. Ek kan maar Raan se opinie vertrou. God besluit deur hom. Ons stap op na ons kamer met die naam Aqua. Al die ander kamers se name is een of ander edelgesteente. Ek onthou n profesie van jare gelede wat s: Ek sal jou stene l in sierklei Ek besef die strate in Orania is ook edelgesteentes se name. Miskien het hulle ook die Here vertrou vir n heenkome en miskien was Orania hul uitkoms. Skielik besef ek hoe God elkeen op sy eie plek ontmoet, ongeag hoe polities onkorrek daardie plek is. 

Die jaar draai

Hoewel reeds 16 Julie 2012, het ek ervaar hoe ons agenda van hierdie plek af gedraai het van Rom 12:1 af na Rom 12:2 toe. Ek en Riaan het hier n ernstige gesprek gehad oor dieselfde goed wat ons al jare lank oor vassit, maar vir die eerste keer hoor ons mekaar se harte.

Thou shalt arise and have mercy on Zion for the time to favour her, yeah the set time has come

Oppad uit lees ons die volgende kennisgewing voor n kerk. 

Parys paradys!

Wat n heerlike ontdekking, die mooie Parys. Ons kry akkommodasie en ek is so verbaas oor hoe billik die verblyf is, R150 per nag! Dis op n eiland op die Vaalrivier. Ons stap met n hangbrug oor die rivier, die hutjies lyk soos n halwe drom en die omgewing soos Tarzan se woud. Hierdie is my scene. Opgewonde bevestig ons verblyf. Dis toe dat die realiteit weer slaan. Een of ander misverstand R 150 per person nie per slaapplek nie. Hoe kon ek so fout gemaak het? Dis duurder as n gastehuis. Later besef ek, Parys is n toeriste dorpie en dis die prys. 

 

 

Warm harte, koue nagte

Ons geniet die aand voluit, braai filette vir hoenderburgers en maak toe n groot bonfire en praat tot laatnag oor die teenoorgestelde geslag, seks en feite van die lewe. Ons slaap warm met verwarmers en warmwatersakke. Die volgende dag is Riaan se tas gepak, maar ek is nog nie reg om te vertrek nie. Ons gaan eers so vanaf die 15de by Riaan se suster tuisgaan en het dus nog tot die einde van die week. Ek vat n kans en onderhandel verblyf tot die einde van die week teen n beter prys. Sonder enige teenkanting word my aanbod aanvaar en so verloop 2 verdere kosbare aande rondom die braaivleisvuur en bonfire gesprekke wat saakmaak. Die plekkie waar ons bly is blykbaar Danie Botha, die sanger, sn.

 

Warm dag, koue harte

Alles is nog so idillies, spandeer heerlike tyd met die Here en toe met oppaktyd, altaar bou tyd, is daar skielik moeilikheid. Met absolute verbasing sien ek hoe die heerlikheid van die afgelope dae in n oomblik verkrummel met misverstande, onverdraagsaamheid, irritasie en ek weet nie wat nog alles nie. Ons bou n altaar, die gesprek is swaar en seer. Ek stuur die kleintjies weg, Adriaan is stukkend van harde woorde wat geval het, hy verstaan  nie. Riaan is kwaad en het harde woorde laat val, hy word nie verstaan nie, ek bid onophoudelik, sprakeloos. Uiteindelik lig die wolk. Ek het n spreekbeurt en s wat ek sien: Adriaan soek liefde en aanvaarding van sy pa en voel hy kry dit nie, Riaan soek respek en agting van sy tienerseun en voel hy kry dit nie. Wie gaan eerste? Stukkend maak Adriaan n keuse om nie aanstoot te neem nie, en pleit by sy pa om te s wanneer hy iets verkeerd doen en nie opkrop en hom dan uitvreet nie. Hulle omhels mekaar. Ek voel leeg getap. Ons vertrek na Alberton. 

 

I will save her that halteth

Howcome this lame women ran the race and won the crown? Net vir in case iemand op hierdie stadium dink ek dink ek kry iets reg. Genade op genade. Die eerste oggend op Alberton word ek wakker en wil opstaan om te gaan bid. Ek bedink my nuwe omstandighede en besef daars hondjies in die huis wat gaan blaf as ek in die stil huis beweeg. My gasvrou het n vol week gewerk en dis haar enigste oggend om laat te slaap. Ek wonder wat om te doen, sal haar nie wil waar wakker maak nie, maar weet hoe kosbaar alle tyd saam met Hom is. Na n ruk staan ek maar tog op. Die honde blaf, ai dis nou presies wat ek nie wou h nie. Ek gaan sit by haar bed en vra jammerlik verskoning. Sy vra hoe laat dit is. Half nege, s ek. Presies? um8:27 Sy spring opgewonde op en s ek moet saamstap. Ons maak vinnig koffie, stap reguit TV kamer toe en skakel die TV in by Lewende Woord se oggenduitsending. Ons sit vasgenael, ek wens almal kon dit hoor. Dit gaan oor jou verhouding met Hom wat moet groei van Verlosser na Leermeester na Koning na Vriend. Later die Sondag is ons toevallig voor die TV toe die heruitsending uitgesaai word.

In hierdie tyd kry Riaan weer per epos die keer Rom 12:2-nou al seker die 5de keer!

 

Back to Hanlie's Blog