Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 14:

Die geheime bestandeel

Wie is die Heilige Gees? Wie het toegang tot Hom? Wat maak dat met sommige mense daar net n atmosfeer heers, n geur hang, n aantrekkingskrag teenwoordig is? Ek reken in ons kinders van God se lewe seker die mees onbenutte geskenk. Los alles wat jy doen en soek Sy teenwoordigheid in jou lewe. Dit maak van n gewone lewe iets baie spesiaals. Hys n meester met jukke te verbreek, vasgebinde hande losmaak, tydsberekening, metodes, padvind, geskenke vind, oplossings bied. Hys n geheime teenwoordigheid wat al die verskil maak.  Die geheime bestandeel van my stirfry met Riaan se verjaarsdag spesiaal gemaak het was Chinese 5-spice. Dis nie maklik bekombaar nie. n Speserywinkel in Roodepoort het aangedui dat dit gediscontinue is, soos hulle s. Hier is die resep:

Chinese 5-spice

1t Scwechen peper (ek het sommer gemaalde swart peper gebruik)

1 en t  fyn ster anys

1t fyn fennel

t fyn kaneel

t witpeper

Meng alles bymekaar en gebruik in Stirfry en Chow Mein na smaak.  

Onwillige soekers

Dis nou een ding wat ek toenemend agterkom. Mense is nie te lus vir die Bybellees en stiltetyd ding nie. Ek onthou natuurlik dit, want daars onskynlik baie lekkerder interessanter dinge om te doen, maar jy moenie jou o vertrou nie. Dit kos natuurlik so bietjie indelf om by die diamante uit te kom en kan dus neerkom op effort. Net soos die tabernakel van ouds met die Israeliete in die woestyn het die sakie nie baie aantreklik van die buitekant af gelyk nie. Die buitekant was met gedroogte robbevelle oorgetrek. Dis eers as mens deur die buitehof se deur gegaan het, jou offer gebring het, hande gewas het, by die 2de nouer deur ingegaan het, het jy die vergulde binnekant van die heilige deel gesien. Alles daarbinne was verguld en het geskitter met die lig van die goue kandelaar wat gedurig gebrand het.

Seeker sensitive

n Interessante iets anders wat ek raakgeloop het, so met die kerke se besoeke, is iets genaamd seeker sensitive gemeentes. Groot massa gemeentes wat nuwigheid in die dienste inbring, maar alles mooi uitgewerk het tot op die sekonde. Die dienste is dus baie aangenaam om by te woon en plaas niemand ooit in n ongemaklike posisie nie, ten einde die soekendes nie weg te jaag met vreemde ervarings wat affronteer nie. Vir my as aanvanklike Gereformeerde, later Apostolies, later Charismaties en nou weet ek nie meer wat die denominasie sou wees nie, was hierdie belewenis nogal nuut. Ek was weer gekonfronteer met wat gebeur in my kop as ek nie saamstem met iets wat iemand anders doen nie. Dis Riaan wat my weer daarop gewys het, indien mens nie ruimte kan maak vir mense om dinge anders te doen nie, moet jy liewer nie besoek nie.

Die stem van die beskuldiger

Wat baie duidelik die jaar uitgekristaliseer het, is dat daar n groot Beskuldiger in elkeen se lewe is, maar dankie tog ook n groot Advokaat. Wat jy moet besluit is waar val jou stem in, by die van die Beskuldiger of die van die Advokaat. Dit beteken dat indien iets gebeur waarmee jy nie saamstem nie, in plaas van kritiseer, die gedagte liewer die petol vir intersessie te maak. In n baie grnd gemeente met kandelare op die verhoog sing die lofspan iets in die lyn van ek sal bly glo al kom die leeus vir my of iets soos dit - trek my keel toe. In plaas van toegee tot die gedagte : ek wonder of julle sal bly glo as net die geld waai, let alone die leeus kom smoor ek die stem van die Beskuldiger en bid Here help hierdie mense, dat indien hulle geloof op die proef gestel word hul sal staande bly.  

To give or not to give

Dit bly maar altyd die issue, veral met die groeiende getal armes. Ek het al eenmaal toe iemand met n pakkie hoender in Pick en Pay se gange sy sente tel en vra vir R5, n noot in sy hand gedruk net om te sien hoe die pakkie hoender terug  in die yskas gesit word, hy by die deur uitstap en by die drankwinkel instap. Die emosies van jy help hom nou van die wal af in die sloot in kasty jou binnewreld totdat jy by die gemaklike punt kom van ek gee nie, want hulle drink dit uit. Die probleem is dat die skrifte oor hoe ons armes moet hanteer is oorvloedig en duidelik.

As jy gee aan n arme, leen jy aan die Here

As iemand iets van jou vra, gee as dit in jou vermo is om te gee

Ek was dors en jy het nie vir my water gegee nie, ek was honger en jy het nie vir my brood gegee nie

Werp jou brood op die water en na vele dae sal dit na jou toe terugkom

Bakhand voor God

Ek het lank gesukkel om die gedagte van uit geloof is jy gered behoorlik te verstaan. Aan die een kant moet niks doen om gered te word nie, aan die ander kant moet jy darem geloof h en daardie geloof moet groot of sterk genoeg wees. Dan moet jy mos iets gee, maar dit was Ds Lukas van Struisbaai wat hierdie sakie klokhelder kom uitklaar het deur te verduidelik dat geloof is niks anders as jou vermo om bakhand voor God te staan nie. Met die verstaan hiervan het die gedurige eie effort in my soeke na God verdwyn en die nederige, afhanklike, bedelaarsmentaliteit wat die deur oopgesluit tot God se uitreddende krag het gekom. Dis met die ervaring dat ek vir die eerste keer anders na bedelaars gekyk het. Ek weet ek kan nie vir almal gee nie, maar wanneer iemand my pad kruis en ek sien die le bak hande voor my, dan sien ek myself voor God met le bakhande en dan gee ek maklik en sonder vrae.  Ek glo God het die persoon oor my pad gebring. 

Hoe min is R50 in Clearwater en hoe baie in die kollektebord

Die dag in Clearwater in Roodepoort se Pick en Pay herhaal die toneel hom met n man met n pakkie hoender in die een hand en n paar munte in die ander en die pleitende versoek vir n bydrae. My instinktiewe reaksie is I dont have any money menende ek betaal met n kaart. Hy draai om en stap weg. Ek weet iewers in my beursie is n noot. Ek haal dit uit en stap agter hom aan. Ek sien hoe hy onseker vriendelike o soek wat hy kan nader met sy versoek, terwyl hy by homself prewel. My o bly op hom en dit neem nie lank nie of syne ontmoet myne. Ongemerk sit hy sy hand in onder my effens uitgesteekte hand waarin die R50 toegevou is, en die noot verwissel van eienaar sonder ophef. Ek stap aan asof niks gebeur het nie, hy ook, maar my hart is aangeraak. Ek moet n oomblik staan om myself te orienteer: Wat is volgende op die inkopielys? Minute later toe ek na die bakkery gedeelte van Pick en Pay gaan, staan ek n oomblik en wegkruip agter die broodrak terwyl emosie in my keel opwel. Hy staan by die warmkos toonbank en bestel iets om nou te eet. Soos n kind by n lekkergoedwinkel, steeds met die pakkie hoender in sy hand kan hy kies en keur waarmee hy nou die honger gaan stil. Die prentjie is vir my baie meer werd as R50.

Back to Hanlie's Blog