Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 17:  

Voorsiening wat jy nodig het wanneer jy dit nodig het

Ek weet ek begin my paragrawe baie so, maar dit is die nuwe gedagte wat hierdie jaar in my ingegrein is. Ons betaal ons R100 om op Avante te slaap sonder om te weet hoe hul kampterrein lyk. Miskien as Riaan geweet het hoe onklaar dinge is, weens onafgehandelde bouwerk sou hy eerder aangery het. Ons enigste mede-kampeerders is die 3 bouers wat op die perseel bou. Teen 00:30 daardie nag skrik ek wakker en hoor stemme. Ek kyk by die venster uit en sien n groot vuur. Skielik, en vir die eerste keer die jaar voel ek so weerloos en vrees vir ons lewens. Wawyd wakker l ek en kwoteer Ps 91 tot ek weer aan die slaap val. Die volgende oggend ontmoet ons die eienaar en hoor dat hy baie kerke in Botswana gebou het. Hy het ook n besigheid in Ganzie en sal ons Rand ruil vir sy Pula.  Ons werk op 1P vir R1,08. Hy lig ons ook in waar die beste oornagplekke is, waarvoor om uit te kyk, en wat om saam te vat. Dis eers nadat ons besef het dis pensioen dag op Zeerust en die toue by die banke sien dat ons besef watter wonderlike voorsiening die beskikbare Pula is. Ek is bly dat my kinders Sy voorsiening as moedertaal kan aanleer, asof dit so hoort.

Skilpadhek hier kom ons

En so was dit ook, die lewe in Botswana. Die haastige hasies daaikant van die SA grens gelaat. Dis asof die tyd gaan stilstaan het in Botswana en jy maar net jou ding doen, op jou tyd. Die rit na Khang, waar ons oornag het is lank, nie weens die 265km soontoe nie, maar weens die ente ente vaal Kalahari bossies en my gedagtes van: Gaan die pula hou, ek moes my kosvoorrade aangevul het voor ons deur die grens is. Dis hier wat ek besluit om Andrew Murray se boekie oor Nederigheid uit te haal en te lees. Ai ja, wat n belewenis so tussen die vaal Kalahari bossies - Murray se lewensveranderende gedagtes oor die onaantreklike woordjie. Murray sluit sy boek af met n uitdaging: As jy ernstig is oor nederig, maak dit vir die volgende 30 dae jou enigste gebed; dat God selfs die geheimste asemhaling van hoogmoed in jou sal uitwys en verwyder. Mmmm Ons oornagplekkie op Khang is netjies en billik teen P160 vir die nag. Die drukkende hitte is in die lug. Ek begin sommer dadelik agterstallige wasgoed bykom, nie iets wat ek in ander omstandighede teen 5nm sal aanpak nie, maar teen 6nm was die lakens al droog. 

Oorgebring na die koninkryk van die Seun van liefde

Dis ons kerkvriende wat na Ganzie toe gekom het vir sendingwerk onder die Boesmans op Quabo so 80 km buite Ganzie. Ons arriveer en word verwelkom. Hier tussen die Kalaharibossies vind ons n oase. Groengras, silwerskoon varkhokke, versorgde bokke, n rugbyveld vol waatlemoene in verskeidenheid van groeifases onder drup besproeiing en n sement-swembad. Christopher se pa was van die versiendes wat sy gesin uit Mitchelsplain uitgevat het na Northpine, Brackenfell se spog bruin woonbuurt. Dis nadat hy betrokke geraak het by die Murraysentrum op Wellington dat die belangstelling in die San mense se heil begin het. Na n besoek aan Quabo waar hy beheer oor sy bakkie verloor het, maar niks oorgekom het nie en met n dankbare hart besef het hy en sy kind is veilig, is hy gekonfronteer oor die redding van die San mense. Nou, 4 jaar na sy besluit om sy belange in SA te verkoop en die fondse te benut om in Botswana te vestig raak n paar dinge vir my al duideliker.  Die oorlaaide 19-voertsek-voertuie wat bo verwagting die rit na Botswana maak, die plaasbestuurdershuis wat leegstaan met hul aankoms, gereed om in te trek, die stories van hoe gebid is vir die regte plek om te boor vir water en die boorman skepties gevra het, maar het jy dan nie n waterwyser gekry nie en weet jy jy gaan betaal al kry ek nie water nie se gesig toe die fors water op 8 meter die boormeter slaan dat dit klink of die ding breek-dit alles bevestig dit wat ek die jaar ook beleef het: Voorsiening wat jy nodig het wanneer jy dit nodig het.  

Kleurgrense

Skaam- skaam kom die kinders uit die kamer, groet en maak spore met ons span buitentoe. Die aand kom kuier vriende. Ek dink hul was dalk bietjie verras oor ons velkleur. Die geselskap het maar stadig op dreef gekom, maar na heerlike rotis en kerriekos was die skanse af. Ete maak mos so! Ons praat gemaklik oor die pyne van kleurgrense en hoor verhale wat seermaak, terwyl ons kinders binne kuier sonder enige vrae. Hier in Botswana was die bruinkinders op skool deur die swart mense n woord genoem wat n mengsel van koeimis en modder beteken. Na n aand se gesprek besef ek harte is aangeraak ongeag dat ons vra na rasseversoening nie klinkklare antwoorde het nie.  

Die dae verloop bloedig warm en stadig. Ons rus en gesels en besef hier is tyd, baie tyd. Sondagoggend was ons hoogtepunt om die kerk op Quabo by te woon. Sonetta se broer is skielik oorlede en sy moet na KZN in SA.  Ek bied aan om haar kinderkerkgroepie te hanteer. Miskien is ek te braaf, maar daar is nie baie opsies met Sonetta weg nie. 

Woordlose boodskap aan kosbare Boesmankinders 

Hoe hou jy kinderkerk met 20 Boesmantjies tussen 2 en 13 jaar oud sonder dat jy hul taal kan praat. Ek bid toe maar vir leiding, wat kan ek nou doen? Ek het darem so bietjie kinderkerk ondervinding en weet van ouderdoms- groepies in aktiwiteitstasies verdeel. Met klein Riaan se sak lego, n klomp Weg tydskrifte, n tou, my swart skirt (oor my kop vir die duisternis) en wit hartjies kamerjas (vir Jesu) vertrek ek manhaftig na Quabo. Daai Sondag geklee in my wit hartjie kamerjas dra ek toe Boesmantjie vir Boesmantjie van n doringbos plek na n sagte slaapsakplek  nadat een na die ander eers moes roep Jesu withe wat beteken Jesus help (dit het ek by die kerk se tolk wat saam ons die 80km kerk toe gery het uitgevind). Halfpad deur die illustrasie kom ek agter een outjie verstaan en kan tolk. Kol 1:13 word toe lewendig in hul San taal. As jy roep hoor Hy en bring jou oor van die koninkryk van duisternis na die koninkryk van die Seun van liefde. Die ouers kom aangestap en my tolkie bid ter afsluiting. Ek groet en begin opruim, maar niemand loop nie. Christopher kom lig my toe in dat niemand sal loop voor ek loop nie. Gelukkig onthou ek van die sak lekkers en laat n kind dit uitdeel.  Ek dink, die dinge wat ons doen vir ander mense, is op die ou end die omstandighede wat ons, meer omvorm as diegene wat jy probeer help. 

Die langpad terug

Die rede hoekom n roekie nie Botswana toe ry in een dag nie, is die donkies op die pad. Dikwels is die donkies se enigste waterbron die teerpad se poele na dit geren het. Dit het lanklaas geren in Botswana. Dis nogal hartseer om die donkies te sien staar na die pad, asof die water enige oomblik gaan verskyn.  Ons bereik die grenspos teen 5nm en wonder waar ons gaan oornag. Vir afwisseling besluit ons om nie weer op Avante te Zeerust te oornag nie en eerder aan te ry. Groot Marico het nie 'n kampterrein nie, Swartruggens vra R470 vir die nag, Rustenburg is woes besig en so land ons teen 20:00 met dankbare harte vir die bekende terug op Buffelspoort. Ouma Sophie se 12 hardgekookte eiers, oor van padkos, nou baie kosbaar, word gou ge-mash, met tamatiesous en kaas toasted cheese in die pan gebraai vir aandete, soos ek in Botswana geleer het. Kinders was dankbaar. Ek het n groot pak springmielies gehad en soveel gespring as wat ek kon. Salig, wat meer kan jy vra?

Die volgende oggend voor ons vertrek kom sit n duif in die venster van ons die bussie asof hy wil s: Vrede vir julle.

Back to Hanlie's Blog