Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za  werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 2: Kan ek Hom rrig vertrou? 

Ons moes teen 1 April 2011 die huis ontruim en dan elders bly tot einde 2011. Teen 1 Maart 2011 het ons nog nie alternatiewe akkomodasie gehad nie. My bokse was al ingepak en ek was gereed om te trek, net nie geweet waarheen nie. Ek het vir Riaan ges kom ons settle maar vir n plek hier naby, dit lyk nie of ons n huis naby die skool gaan kry nie. Riaan het ewe saaklik ges ons het gebid vir n huis naby die skool, ons gaan die Here vertrou.  

Dit was nogal vir my n stretch, maar ek het besef dis dit. Op hierdie stadium het ek ervaar of ek nou uit die bootjie moet klim en blind op die water moet begin stap. Soos die dae aantel 1 April toe, het van my pelle hul garages begin opklaar, vir ingeval. Op 22 Maart 2011 kom n advertensie op Gumtree vir n plek reg tussen die Horskool en Laerskool! Sit jou voet op die water en die see sal oopgaan Wow! ek kon gedink het Hy sou ons nie drop nie, min het ek geweet die beste kom nog! Oppad soontoe gaan die see oop. Riaan ontvang n oproep van n vriend wat s daar is n gemeubeleerde gastehuis op hul plaas wat tot ons beskikking is, 3 min van die skole af. Toe ek op die plaas kom flits die woorde deur my gedagtes: Ver bokant wat jy kan dink of imagine dit kan Ek vir jou doen. 

Raak lig 

Die skuif na n gemeubeleurde plek toe het beteken dat ons van ons goed ontslae moes raak. Ons besef toe dat dit in elk geval in lyn is met ons 2012 planne. Eers later nadat ons gesien het wat se groot werk dit was om van alles ontslae te raak het ons besef as ons dit sou los tot voor ons beplande vertrek in 2012 sou dit n te groot ingryp wees.                       Saggies en teer skeduleer Hy dinge. Een derde van die huisinhoud gaan na my broer se tweedehandse meubelwinkel Snuffels op Hermanus, een derde is weggegee aan die wat wou h, en een derde meestal memorabilia gaan na n stoorplek. Met elke vrag wat afgelaai word voel ek hoe my gees lig raak-hoe n las van my afskuif. 

 

Sy rus beteken nie gemaksones nie 

Ons seisoen op die plaas was net 90 dae. Hoewel ons geweet het dat dit net vir 3 maande sou wees, het ons kosbare verhoudings gebou en gehoop die Here sou die tyd daar verleng. Planne vir aanbly het deur die mat geval en net toe ons te gemaklik wou raak is dit bevestig ons tyd is verby. Is Sy vertrouensposisie regtig al wat ek wil h? Binne 3 dae moes die gesin weer skuif. Die gedagte daaraan wou n golf van twyfel by my laat opstoot- toe my seun een oggend aan die ontbyttafel oppad skooltoe sy selfoon uithaal en n liedjie begin speel met die refrain: 

Dont be afraid to move. What do you have to lose. Just your insecurities holding onto you

 Dit raak makliker 

As n dice 9 keer op n 6 val, wat is die kans dat dit die 10de keer weer op n 6 gaan val? 1 uit 6. Jou kanse met n gelukspel verbeter nie soos jy aangaan nie, maar as God jou 9 keer vantevore uitgered het begin jou hart glo Hy sal dit weer doen. 

Soos ek terugstap nadat ek n kind by die skool afgelaai het, sien ek hoe my voetstappe die grond raak met vrede in my hart. Binne 3 dae bly ek op n ander plek en Hy weet waar. Hy sal dit weer uitsorteer. Binne n dag is alternatiewe akkomodasie gereed - hierdie keer reg langs die skool! 

Wat sal die mense s 

Ons al 6 pas nou knus in 2 slaapkamers. 4 kinders 15-,13-,10- en 8- jaar, in een vertrek en ma en pa in die ander. Hoewel ek aanvanklik nie gedink het dit kan werk nie, het ek besef my weerstand is gebaseer op pride (trots) en wat die mense sou s, en ek het my argumente laat vaar. Ons moet immers gewoond raak aan kleiner ruimtes, soos wanneer n ruimtevaarder aan die druk van n ruimteskip gewoond moet raak, met die oog op die toer en karavaan in 2012. 

Moenie oordeel nie 

Daar is dan nou geen verontskuldiging vir jou mens wat n ander mens oordeel wie jy ookal is, want waarin jy n ander oordeel is jy self skuldig - Rom 2:1 

Ons verhuurder was n Roomskatoliek. Tot nou toe het ek Roomskatolieke veroordeel as soort van verkeerd. Dit was net so vreemd dat ek regtig die Heilige Gees in hierdie pragtige vrou kon ervaar. Ek het baie dinge veroordeel: ongesonde eetgewoontes, ongedissiplineerdheid, verkeerde besteding van geld- kortom alles wat buite my verstaan van wat reg is was. Ek het toe al n paar jaar besef eks verkeerd om te oordeel en het dit bely-maar het net woes onderskat tot waar my veroordelings gestrek het. 

My verhuurder se Agapanthabedding het egter n real life gelykenis geword wat hard gepraat het. Ek gaan nie die storie lank vertel nie- net tussen die Agapanthas was daar bossies en ek reken toe goeie huurders help bossies uitrek en ek doen toe so-so half as n surprise. Toe die een bedding klaar en netjies is, toe lyk die ander een so onnet en ek doen toe maar die ander een sommer ook. Hier en daar het ek n vreemde blaartjie gewaar, maar het die wonder daaroor eenkant toe geskuif. Net reg om al die bossies weg te gooi kom my verhuurder daar aan. Vriendelik vra sy of ek my eie tuin mis, ek s:  No I just like pulling weeds, just hope there were no seedlings amongst them. 

Sy antwoord toe ewe vriendelik as a matter of fact there were, summer short in front and summer tall at the back      Sy tel n verlepte plantjie op en s look, this is a sunflower 

 

Sprakeloos asem ek die vars plaaslug in en besef daars n skuif in my hart. Dit maak nou nie meer saak waar ek my bevind nie Hy skuif my na n vertrouensposisie, soos Thumbelina binne in n groot soort tulp. Nou maak dit nie meer saak of die tulp hier is, of daar is nie, solank ek binne in hierdie vertrouensposisie bly. 

Asof my o eensklaps oopgaan, kon ek toe eweskielik presies sien wat is bossie en wat is blomplantjie. Kry die kinders, sif die plante, kry n emmer water, maak gate en spandeer die res van die middag om alles netjies weer terug te sit                              Aarde sluk my in... 

Dit lyk toe nie te bad nie, maar ek is gepuzzle. Hoe het ek dit laat gebeur. Mat 13 se gelykenis van die boer wat koring gesaai het en die dief wat in die nag dorings tussenin kom saai het, spoel deur my. Moenie nou die dorings uittrek nie. Wag tot die plantjies groot is, dan gaan jy mooi kan sien wat is dorings en wat is plantjies. Wat beteken dit? 

 

 

n Week later praat ek en n vriendin oor veroordeling en ek wat s ons moenie oordeel nie. Sy s toe ja, as mens oordeel is dit soos om die blomme met die bossies uit te trek 

Uhmoh sherbet

Back to Hanlie's Blog