Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoofstuk 26

Moenie op jou eie insigte staatmaak nie

Ek was van die begin af nie te opgewonde oor die Port Elizabeth-naweek nie. Ons moes die Infanta terug besorg teen 10 Desember en moes nog alles regkry en skoonmaak om dit te kan doen. Die węreldbeker 7’s rugby-toernooi van 8 en 9 Desember, wat die dryf was om in Port Elizabeth oor te bly tot die oggend van die 10de was dus ongeleë, volgens my. Ek het al in Ermelo my erg krapperigheid daaroor met die Here bespreek en die saak aan Hom oorgelaat. Toe dinge dus in plek val vir die groot 7’s rugby, het ek dit dus aanvaar. Ons het sommer by my broer, Cobus, en sy vrou, Martie, tuisgegaan - en heerlik gekuier.

“Reprieve” - a death sentence has been cancelled

Dis eers die Saterdagaand  toe ek saam met my broer hul huissel se ‘Hour of Power’-biduur bywoon wat die wow! van die daarwees deurbreek. Wat daai aand gebeur het was so goed soos ‘n doodsvonnis wat gekanselleer is. Wat my betref kan dit die hoogtepunt van die jaar wees. Ek is oorweldig oor die saamwerk van omstandighede, tydsberekening en God se grote grote genade.

‘Continue straight’

Ons vertrek 10 Desember die oggend dou voor dag vir Onrusrivier, waar my ander broer, Neels, en sy gesin woon.  Ons sou eers daar afpak en die Infanta skoon en gereed maak vir oorhandiging. Dis nostalgies. My huisie vir ‘n jaar. Elke ding het ‘n spesifieke plekkie gehad en nou lę alles op ‘n hoop in die woonstelletjie se sitkamer se vloer. Ons spit en polish. Riaan hak die Infanta en vertrek na Swellendam. Toe hy by die hoek van die straat kom, hoor ek net ‘n slag. Dit klink of iemand in hom vasgery het. Ek hardloop nader en sien met verligting dis net die Infanta wat afgehak het. Dis effe ongemaklik in Onrusrivier se hoofstraat see toe, op die oggend wat die Mej. Onrus gekies word, die trailer skuins oor die helfte van die pad, die verkeer is vir ‘n rukkie geblok. Ek is dankbaar die motor is nie gestamp nie, maar die afhaak is vreemd. Dit het nog nooit gebeur nie. Tog haak ons weer en Riaan is weg. Dis ‘n uur later wat ek agterkom die tentseile het in die motorhuis agtergebly. Ai, dis jammer en lastig. Ek kry die seuns bymekaar en bid vir ‘n oplossing. Later bel Riaan om te sę oom Brian, Infanta se courier kom deur van die Kaap af en behoort oor ‘n halfuur verby Botrivier op die N2 te ry. Riaan is nog te ver en ek is tuis by die kinders sonder ‘n voertuig tot my beskikking.  Die oorhandiging van die tent aan oom Brian langs die N2 net na Botrivier se afrit het gevoel soos ‘n James Bond move. My skoonsus arriveer met haar voertuig, ek verduidelik en vertrek sekondes later sonder ‘n clue oor hoe om by Botivier te kom. Oom Brian is nou verby Grabouw en hy gaan nie vir my wag nie. Met my 16 jarige navigator en sy GPS op die Galaxy Tablet, wat elke nou en dan in hoog Amerikaans se: “Continue straight” se ek: ‘Vandag gaan julle sien hoe uitstekend God is met tydsberekening’. Net af met die N2 oppad Villiersdorp toe is daar ‘n afdraai na die Freietas wynplaas. Ek draai in, my foon lui, dis oom Brian, ek gee my ‘current location’. 30 sekondes later stop hy in die geelstreep langs die pad. Ons maak die deur oop, sit die tent in, groet dankbaar en hy’s weg. ‘The eagle has landed’ of wat ookal. Ek gee ‘n gil van opgewondenheid. My God is cool, my God is supercool…

Getuie van genade

Nou sit ek met ‘n nuwe probleem. My getuienisse van genade laat my lyk soos ‘n witbroodjie. Hoe nou gemaak? Ek ervaar myself effe gedemp. Ek wil nie mense jaloers maak nie. Ek weet daar is baie met groter stories as wat ek het, maar nou in my kringe…begin ek lyk soos ‘n witbroodjie en dit laat ander in swaar omstandighede voel hulle is nie ‘uitverkies’ nie. Ek voel nederig en broos. Ek dink aan die liedjie wat ek as klein dogtertjie leer sing het en oor en oor gesing het omdat die wysie so mooi was: 

I want to be remembered as the girl who sang her songs for Jesus Christ,

Who was willing to lay down her life and to do His will no matter what the price

I am singing for the deaf man, who can hear about salvation through my song

And I’m singing for the blind man, who can see the light in me and come along

Now I know it’s not that I’m the only one who can sing this melody

 

 

But He’s chosen me, to bless me and to lead me into what is best for me.

 Live for Jesus

That’s what matters

And when other houses crumble mine is strong

Live for Jesus

That’s what matters that you see the light in me and come along

Wat maak my so spesiaal?

God se woord is regtig dinamiet, dis nou as jy ‘n dader daarvan is en nie ‘n vergeetagtige hoorder nie. Die doen van Romeine 5:17 nl. om Sy oorvloedige genade en die gawe van geregtigheid te ontvang, maak van mens ‘n witbroodjie, glo ek.

“As ten gevolge van die misdaad van een, die dood heers deur die sonde, soveel te meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en die gawe van geregtigheid ontvang, heers in hierdie węreld deur Jesus Christus”.

Kan jy ontvang?

Ek het ‘n vriend wat my stories lees en dan mismoedig word, omdat hy nie God so ervaar nie en dink dan hy doen iets verkeerd. Waar ek nou in my lewe is weet ek, dat ek weet, dat ek weet, ek is niks en Hy is alles.  Staan bakhand en skep diep van die fontein van lewe.

Hemelse Vader

Ek weet U hoor my,

Ek kom net dankie sę vir ‘n onvergeetlike ervaring saam met U. Ja, U het toe deurgekom en voorsien wat ons nodig het wanneer ons dit nodig gehad het, soos U belowe het. U het my waarlik vrygemaak van al my vrese. Ek het net die basiese aardse besittings, maar voel ryk. Gevul met kennis van hoe U werk en herhinneringe wat ons gesin se geloof bly bou. Ek ruil dit vir niks en niemand kan dit van my wegvat nie. Ek weet nie wat nou voorlę nie, maar ek bekommer my nie, want ek is toegerus met ‘n wete dat U my nooit sal begewe of verlaat nie. Vul my met die Heilige Gees om ‘n kragtige getuie van U genade te bly.

In Jesus Naam, Amen.

Back to Hanlie's Blog