Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 HOOFSTUK 3: Moenie alles lank vooruit probeer uitfigure nie

Die nuwe jaar breek aan. Ek weet ons gaan, maar nie wanneer, met wat en waarheen nie. Soos die tyd loop begin dinge stadig maar seker ontrafel. Ek beveel nie die soort ding aan vir control freeks nie-dis n laat los en n vryval.

 Die onverdiende genade

Infanta raak ons reisgenoot. JW en Pampies Swart van Swellendam het van ons toer te hore gekom en besluit om n Infanta-sleepwa tot ons beskikking te stel vir verblyf die jaar. Aanvanklik was die praatjies hiervan vir my too good to be true.  Sonder seremonie word die Infanta by ons afgelaai vir die gebruik deur hierdie opwindende jaar. In ons praktyk het ons n boekhou program gebruik ontwerp deur prokureurs vir prokureurs. Nou wel, die Infanta is n sleepwa ontwerp deur n kamper vir kampers.

Voor die jaar het ons nie baie kamp ervaring gehad nie. Wat n voorreg om as rookies in n ge-oliede sisteem in te klim. Binne minute is ons opgeslaan (ja JW ons is nog nie by julle record van 36 sekondes nie, maar verbeter elke keer).  Elke dingetjie het sy plek en hou sy plek in die fantastiese sleepwa. Ons het net n broodmasjien bygesit wat perfek in die koelboksspasie inpas! Nou sit ek die bestandele in, laat die masjien so paar minute draai om die deeg te knie sit af en ry verder.Wanneer ons by ons bestemming aankom het die deeg gerys en stel ek die masjien op 30min bak - dan eet ons lekker warm brood. Andersins, sommer net deeg vir roosterkoek. Die Infanta is nou ons huisie, ons vasstrapplekkie soos n gawe vriend wat lplek, kuierplek en werkplek aanbied.  Al wat ek kan se is: lank lewe Infanta sleepwaens!

 

Die sisteem los jou nie so maklik nie

Op 20 Januarie 2012 laai Riaan op Oupa se verjaarsdag die gesin af op Struisbaai.  Hy is terug na Durbanville om die los drade van die praktyk vas te maak. Ons word bederf soos net n geliefde Oupa en Ouma kan en ja wraggies, daar in hul pragtige huis in n rrige Kromstraat!

 

Om tuis te gaan in n fisiese Kromstraat in Struisbaai het die realiteit van my droom hieroor navore gebring. Dis hier wat ek besef het, hoewel hierdie n geestelike reis is van Kromstraat tot Reguitstraat, dat dit nie n fisies begin by punt A en eindig by punt Z is nie. Dis veel meer as n motoriese deur die land ry van plek tot plek. Dis n pad oopkap waar daar nie een is nie. Dis n wag n aanvoeling n luister na waar die wind waai n onverwagse terugkeer . dis n sameloop van omstandighede wat Goddelik georkestreer word op Sy manier en op Sy tyd en vir Sy doel.

Sondag 5 Februarie 2012 in NG Kerk-gemeente Suidpunt staan die volgende geskryf:

As jy God wil volg moet jy dapper wees, nie onbeskof of onsensitief nie, maar dapper. God sal jou soms dinge laat doen wat ander nie verstaan of mee saamstem nie. Jy kan moontlik verwerp word as jy buite die grense beweeg. Laat dit so wees. Jy kan nie toelaat dat verwerping jou daarvan weerhou om te doen wat God van jou verwag nie. Dit word makliker as jy besef elkeen van ons sal oor sy eie doen en late voor God verantwoording moet gee.

Hy bring 2 planete bymekaar

Na 2 weke apart, ek met kinders en tuisskoolprogram en hy al stoeiende met die ou sisteem wat nie so maklik los nie, is ons eindelik soortvan reg om te s ons vertrek nou. By LAgulas op die Suidste punt van Afrika waar die warm Indiese en die koue Atlantiese oseane bymekaar kom besef ek net Hy kan eengesindheid bring in 2 verskillende mense.

 

Ons dog jul is in Afrika-wat maak jul hier?

Op 13 Februarie 2012 arriveer ons in Stellenbosch. So nou en dan word ons kampeer verblyf onderbreek deur luukse gastehuis verblyf op n spesiale reling met die Comfort Stay Groep. Dankie Comfort Stay!   Ons bly in Cultivar Guest Lodge danksy Cobus van den Berg. 

Riaan moet terug in die Kaap wees vir klasgee by UCT.  Ons het destyds besluit hy gaan dit steeds in 2012 doen. Ek begin al beter voel oor die sisteemloosheid. Dis moeilik om te verduidelik wat maak ons nou weer in die Kaap en ons verkies om bekendes te vermy om die vrae te systap. Tog connect ons met sommige wat in Stellenbosch bly en besef net weer hoe waardevol ware vriende is. Die kinders kom in n nuwe roetine in en werk hard. Die inkomsteloosheid pla my maar nog in die nag, maar net tot ek weer stil word en perspektief kry. 

Moenie julle kwel oor wat julle sal eet en wat julle sal drink nie-of oor julle liggam wat julle sal aantrek nie. Is die liggaam nie meer as voedsel en die liggaam meer as klere nie? 

Op 26 Februarie arriveer ons in Durbanville om die laaste los drade vas te maak. Ons werk hard en ontruim die kantoor en gee sleutels af op 29 Februarie 2012. Ons is finaal uit en weg by Pleinstraat 10 waar ons sedert 1998 gepraktiseer het.

Dis rof en by tye duister om my.

Probleme

Dis probleme wat jou by n keuse bring

Gaan ek dit self uitsorteer of hulp vra

Niemand besef dis entlik die groot kruispad

Tussen Hoogmoed en Nederigheid.

God haat Hoogmoed

Maar die wat hulself verneder

En hul probleme by Hom laat

Sal Hy op die regte tyd verhoog

Hy sorg vir my

Hy het vir my n Mooi Deur gemaak

Ek gaan met vrymoedigheid in

Dis warm en veilig op Sy skoot

Ek is veilig

My mense is veilig

Hy is Lig

Hy is Lewe

Hier wil ek bly

Hy gee regtig om vir my

Hier wil ek bly

In Reguitstraat 

Uiteindelik klaar. Ons besef ons het n veel groter hap gevat as wat ons gedink het ons doen. Dis nie maklik om bande met n sisteem te sny nie. Tog, dis deel van die avontuur en geloof.

 

Die oue is verby die nuwe het gekom

Op 1 Maart 2012 vertrek ons uit Durbanville. Nou met ons huis (Infanta) agter ons aan en (so te s) geen meer verpligting hier om na terug te kom nie. Uiteindelik los! 

Ons besef toe dat al die groot goed in ons lewe rondom 1 Maart gebeur het. Ons ontmoeting, verlowing, begin van die praktyk, skuif na nuwe huis, verkoop van die huis - dan laat dit dinge reg voel as die afsluit van alles ook op 1 Maart gebeur- nie dat gevoellens enigiets bepaal. Die duiwel het n eensnaar- kitaar en sal heeldag vir jou sing hoe voel jy? hoe voel jy? hoe voel jy?. 

Ons besef ons mis n paar goed - potte, ketel, wasgoedrakkie, rasper, broodmes, blikoopmaker, nog  n kampstoel, nog n opslaantafel vir skool. Ons besluit om by my broer op Hermanus n draai te maak en sy goudmyntjie Snuffels te deursoek vir die goed. Wat jy ookal nodig het en nog wat is daar te vinde. Min het ons geweet hier wag veel meer as n paar potte en panne. 

Hy sluimer of slaap nie

Onrusrivier 5-14 Maart 2012: Die eksamen het begin. Ons besluit (by ooreenkoms natuurlik) toe sommer om die week by my broer- hulle te vertoef om die kinders onder dak te laat eksamen skryf. Ek het nie besef dat hierdie deel van die toer eintlik n jarelange gebedsbeantwoording inhou nie. Dis nou al die grootste gedeelte van my 13 jarige se lewe wat ek bid vir n manier om sy ekstra vetjies af te skud. Dit breek my hart as ek sien dat dat sy selfvertroue, vermons en gesondheid affekteer word deur verkeerde eetgewoontes-maar hoe stel ek dit reg?  My skoonsus het vasgestel sy het n e metabolisme B, wat n spesifieke dieet vereis wat jou sonder moeite laat verslank!   

Die eksamen gaan goed. Ons kuier saam en maak seker dat ons harte teenoor mekaar skoon bly deur gereelde sondebelydenis en vergifnis. Ons kannie bekomstig om met bagasie in ons harte rond te loop nie, ons het reeds te veel om met die hande te dra! 

*****

Back to Hanlie's Blog