Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

christo1964@gmail.com

 

Advertensie: 

Theuns se vrou, Elana, bedryf ‘n pragtige gastehuis reg in die middel van Bonnievale - Telno. 082 4787 555.

 

HOOFSTUK 5:

Sing jy van blomme of sing jy van geld?

Ons amptelike en lewendige kontak met die Droomprojek begin.  Ons ontmoet Theuns Coetzee, die vader van die Droomprojek.  Hy droom dat elke dorp self die dorp mooi maak, mense hul waardigheid ontdek, en dat die hele Suid-Afrika so opgehef word.  As jy goed voel oor jouself, sorg jy vir jouself, en voel jy ook goed en en sorg jy ook vir jou dorp en land.  Ek luister fyn terwyl Theuns praat, maar stel net belang in 1 vraag, waarom doen jy dit?-wat wil jy daardeur bereik?  

Ek is so bang ek hoor iets soos om toeriste na Bonnievale te lok en so ‘n finansiële inspuiting in die dorp te kan kry. Sy antwoord verras my. Hy vertel die staaltjie van hoe hy swart sakkies by die plaaslike Hoërskool uitgedeel het met ‘n versoek “ Gaan plant ‘n saadjie, kry ‘n stiggie aan die groei en plant dit in die sakkie dan bring elke kind 5 plantjies skool toe aan die einde van die kwartaal”. Kort voor die einde van die kwartaal kontak die skoolhoof Theuns en sę daar is nog geen plantjies ontvang van die kinders uit Happy Valley nie. Hulle rede is die plantjies kan nie op die taxi vervoer word nie. Dis met die dat Theuns aankondig dat hy Vrydagmiddag met ‘n sleepwa deurkom na Happy Valley. Met oë wat begin blink vertel hy van sy vonds daardie Vrydagmiddag. Groepies-groepies kinders wat hom strepe sit en inwag met handevol plantjies in swart sakkies. Die sleepwa is volgelaai en na die skoolgrond geneem. Dis nie meer hulle en julle nie, dis ons, smile Theuns tevrede.

 

Die weduwee gee alles wat sy het

Ons besoek aan Montagu op 24 Maart 2012 gaan hoofsaaklik oor Susan Leak, pensioentrekker en ‘n jarelange klient en vriend van Riaan wat tans in Huis Uitvlucht ouetehuis in die dorp bly en versorg word.  Mev Leak bly in ‘n enkelkamer.  Ons 6 staan in haar kamertjie by haar en sy babbel en babbel – so opgewonde is sy om ons te sien. “As jy hier beland hoop ek jy het al geleer om jou Bybel te lees anders gaan die hokkie jou baie depressief maak” dink ek.  Sy wil graag iets gee om haar dankbaarheid vir ons kort besoek te wys. Dis nog nie “pay day” nie, noem sy, terwyl sy grawe in haar beursie. Sy kry twee R5-stukke en 5 paaseiers wat oor is van ‘n boks wat haar suster daar aangebring het. Sy gee dit met oorgawe. Almal se instink is nee, dis nie nodig nie. Ontvang haar geskenk, dring ek aan! Dit raak ons harte.

Daar op Montagu moes ons maar weer diep in ons harte ingrawe om ou goete uit te haal en te bely wat nie daar hoort nie. Ons skryf ‘n gesinsbeleidsdokument om aan almal riglyne te bied oor hoe griewe en geskille binne die gesin hanteer word.

Versoening

Ons ry uit Montagu en besoek die ou Engelse fort bo die tonnel. My jongste is gefassineer met die geskiedkundige oorlogsverwante gebeure. Daar bo op die koppie bekyk ons die vesting wat die Engelse gebou het om die Boere uit te hou asof dit gister gebou is. Ek bedink die vestings wat in mense se gedagtes opgebou word om "self’ in te beskerm en besef terdeë, soos die refrein van een van die liedjies op Adriaan se foon “our guns are still smoking" na die vorige aand se gesinsskermitseling. Ons bid om genade, vir versoening in menseverhoudings in ons land. Ons bou ‘n altaar as herhinnering. Dis net op Sy manier wat ware versoening bewerkstellig kan word.

                                                 Warboel gedagtes                                                 

Woel om my heen

Ek sit myself eenkant

En soek na die Een

 

Die oorlog duur voort

Ek veg met myself

As ek maar net glo

Dis juis hiervoor wat Hy waarsku in die Woord

 

Kwaad gaan slaap

Ek weet ek behoort nie

Vroeg op net Hy kan help

Ek kan nie so bly lę in die sloot nie

 

Moeg, moeg gaan lę ek weer

Met lawwe droompie speel

Maar word wakker

Met die opkyk van ‘n droomkarakter wat vra

“Is jy syne?”

 

Meteens is die storm stil

Back to Hanlie's Blog