Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

HOOFSTUK 6:

Een vir almal

Springbok 31 Maart 2012. Ek neem ‘n besluit EK KIES OM OOR NIKS MEER TE WORRY NIE. Dis groot. Ek bekyk Hebr 4 en besef, almal hoor die goeie nuus, maar nie almal glo dit nie. Die wat dit glo gaan Sy rus binne. Ek kies om dit te glo. Ek gaan Sy rus binne. 

Ons wag vir vriende (Bertie en Joan, en hul 3 seuns, Albert, Chris en Wilhelm Louw van Durbanville) wat saam op die Oranjerivier gaan roei en gaan drink koffie in die Plaaskombuis op die dorp. Net toe ons koffie kom staan Riaan op om iemand te groet. Dis een van die mense met wie ons moes kontak maak in die Kaap. Hier loop ons hom raak in Springbok! Ek is totaal uit die veld geslaan. Ons het so gesukkel om weens sy program hom te kontak in die Kaap… nou stap hy hier in…Springbok van alle plekke!! Wat ‘n voorreg as Hy vir jou veg! 

Steinkopf 31 Maart 2012 is ons oornagplek oppad na die Oranjerivier. Dis ‘n belewenis om die onafhanklike bruin gemeenskap te beleef. Ons word geseën met skoon veblyf en heerlike braaivleis by Manny en Caroline se vulstasie en padkafee met oornagkamers. Ons gaan draf die volgende oggend deur die dorpie en ervaar die ten volle onafhanklike bruin dorpie, gesels met die mense wat in hul tuin werk en ‘n vrou wat houtjies bymekaar maak om brood te bak.

Annalie het ons die vorige aand bedien. Ek sien sy is ontbyttyd weer aan diens. “Werk jy alweer?” wil ek weet. Sy is moeg. Terwyl die kombuis ons ontbyt maak sit sy en aartappels skil. ‘n Groot sak met die hand vir die dag se tjips. Ek staan sommer by haar en kon nie onthou hoe ons aan die praat gekom het nie, maar voor ek my kom kry vertel sy my van haar bekommernis oor haar dogter wat net swart klere aantrek en swart lyne om haar oë trek nadat sy met ‘n kęrel deurmekaar is. Hier, op Steinkopf? dink ek. Ek vertel van Sy rus wat beskikbaar is vir ons ma’s wat so kan worry oor ons kinders, van Heb 4 se almal wat gehoor het, maar net die wat geglo het, Sy rus kan ingaan. Die wat nie glo nie, bly dus steeds self swoeg. Ons voel een. Ma’s wat mekaar se harte verstaan ongeag of die een met ‘n blink motor ry en die ander aartappels in die kafee se kombuis skil. 

Die lewensreis

Waarom het mans en vroue sulke verskillende finansiële uitkyke? Hierdie trippie op die Oranjerivier het elke veseltjie finansiële konserwatisme in my laat ril. Daar is net soveel meer oordeelkundige dinge om op hierdie stadium met ons kontant te doen. Ek het pas klaar die maand se finansiële state op datum gebring, toe ek die lys benodighede vir die roeitrip onder oë kry. Tent, kampstoele, tou, skepding, 2 stelle klere, sonskerm, toiletpaier, snacks - liewe land!, waarvoor betaal mens al die geld as jy alles moet saambring!?  Die geskaaf en geskuur duur voort en is by tye onstuimig. Ek kry ‘n pamfletjie in ‘n winkel op die dorp wat ‘n kerkdiens adverteer: 

 

Soos yster, yster slyp, so vorm een mens die ander. 

Ons kom in Vioolsdrif aan op 1 April. Springbokke wei soos troeteldiere voor op ‘n huis se grasperk en ek voel al klaar beter.  

Ons vertrek almal gegear en gesmeer. Amanzi Trails so 13km anderkant Vioolsdrif het alles gereel. Ons bekwame ervare gids het sommer gou-gou ‘n watergeveg begin - hy’t seker gesien die spannetjie moet bietjie relax hier op sy turf.  En so begin ‘n metafoor van die lewensreis.

Shilongo het ons gou laat verstaan hoe dinge op die water werk. Hy skree nie bevele uit en dring aan dat almal maak soos hy sę nie. Met Albert se vraag, “Shilongo, moet ons vir jou wag?” is sy teenvraag ‘n wyse “ Wie’s die gids?” die antwoord. Selfs die koppigste tiener skop nie tee nie. Versigtig benader hy elke rappid en raak nie oorgerus met die rivier nie. Ons kan sy beskermingsgesindheid aanvoel en vertrou hom ten volle. Dis hy wat die watergevegte begin wat later volskaalse oorloë word. Dis hy wat swemgate identifiseer en “almal uit die bote” skree wetend wat nog voorlę om die draai. Dis hy wat woordloos sy span uitkyk en besluit vat hy die groep op ‘n 65 km of 88km vir die 4 dae. Dis hy wat besluit waar ons stop vir middagete. Dis hy wat die kos keurig netjies voorberei.

Ons wonder eers ‘n rukkie waarom roei Shilongo so eenkant by die lang sieldodende “flats” en besef later daar is ‘n skaduweestreep net groot genoeg vir een kanoebreedte regs langs die oewer van die rivier. Dan volg jy maar gedwee, want skaduwee is skaars en die dag is lank. Dis hy wat by tye uit sy boot klim en ons halflyf in die water inwag as ons nie ons draai by die een draai kan kry nie. By tye laat hy ons uitklim en die water eers van buite bekyk. Dan bespreek ons die beste manier af. Hy altyd eerste, om die pad te wys. Dan staan hy op strategiese plekke en skree aanmoediging en instruksies om seker te maak ons volg in sy voetspore. Dis hy wat bote wat omkeer te hulp snel en weer op die water kry. Wanneer dit nodig is leer hy ons van “back paddle” wanneer die rappids te rof raak en vinnig roei nie gaan help nie. Dan, as ons by ons oornagplek kom maak hy rustig kos en laat ons eet en dan geniet hy almal se grappe. Staan vroeg op om ontbyt voorbereidings te tref. Wat ‘n belewenis.  

As ons maar net weet op die reis van die lewe wag die groot Gids om ons veilig deur al die rappids te lei as ons maar net bereidwillig is. 

Die euforie van die tyd op die rivier, slaap onder die sterre veldstorte, veldtoilette inkluis, het skielik tot ‘n einde gekom na 4 heerlike dae en nagte, toe ons in gloeiende hitte terug gevat word met ‘n bakkie na die vertekpunt, Amanzi Trails se basiskamp.  So is ons skielik tussen en in die gedruis van mense wat ook klaargemaak het, en ander wat weer gaan vertrek. Dis sleg. Ons is nie lus vir in rye staan vir kos nie. Ons is moeg en kap onnodig na mekaar. Dit voel of my boot iewers tussen takke beland het en ek weet nie hoe om daar uit te kom nie. Waar is my gids???  

Ons staan die volgende oggend vroeg en kyk hoe ‘n Amerikaanse, so te sę bejaarde vrou, dit aandurf om deur die rivier te swem, terwyl ons kyk. Dis nie lekker alleen nie, maar soms so frustrerend saam. Ons kyk hoe sy die water aanpak en probeer mekaar verstaan. Daar is maar net een manier. Ek dink aan die woorde op ‘n koffiebeker by Montagu se paasmark:                    "A good marriage exist between two great forgivers"

 

By Augrabies kyk ek van ‘n veilige afstand af na die gedruis van die witwaters en besef daar is afdraaipaaie in mense se lewe wat jou einde kan beteken. Die Heilige Gees is daar om jou deur die rappids van die lewe te lei, maar Hy wil geva wees. Daar is sekere rappids in die lewe wat liewer gelaat moet word. No matter what, as jy hom ry sal jy seerkry of dalk nie oorleef nie.

*****

Back to Hanlie's Blog