Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 7:

Waarheen jaag ons?

Ons arriveer 5 April 2012 teen skemer op Pofadder by die Rus-i-Bietjie karavaanpark.  Die karavaanparkeienaars nooi ons vriendelik in hul netjies geharkte grondpark as hul enigste gaste. Ons Infanta staan daar vir ons 6 vir slegs R100 vir die nag. Ons besoek die volgende oggend die Pofadder Hotel. Daar sit n omie alleen in die Hotel se kroeg wat elke dag 9vm arriveer en daar bly tot toemaak tyd, nou al vir jare. Getrou merk hy elke rugbyspan se punte af in n boekie. Ek bedink die sin van die lewe.

 

Hy wil gevra wees

Ons arriveer op 6 April 2012 in Upington net om te oornag oppad na die plaas van Johan en Madeleine Smit buite Carnarvon.  Ons slaan ons Infanta op langs die Oranjerivier.  Dis Paas-Vrydag. n Pragtige aand. Ons hou sommer so op ons eie as gesin nagmaal, bely sonde en bid saam. Dis immers die Pasga-lam wat geslag is vannag duisende jare vantevore. Ons bid spesifiek vir Karien. Teen donker, oorkant die rivier begin n kerk met hul Paasdiens.  Hul sing en preek en sing en preek.  Dit is hard.  Ons hoor alles.  Hul gaan deurnag.  Ek word kort-kort wakker en voel bevoorreg om so onder die geklank van lofprysing te slaap.  Die volgende oggend wil die kampterreinopsigter wat maar sy gaste wil beskerm, oorgaan om hul stil te maak, maar ek keer.  Dis sekerlik hul manier om die Here te dien.  Los hulle asb., vra ek.  Dit pas my gesin so op ons reis om mense en God te ontdek, en dis immers Paasnaweek.  Oppad bel Sun Joubert my uit die bloute oor n insiggewende droom wat sy oor Karien gehad het! Sy deel dit met my. Dit link goed aanmekaar wat ek al van vergeet het. Ek is oorweldig met Sy goedheid en getrouheid om te antwoord as ons waag om Hom te raadpleeg.

 

 

Jy is myne

Op 7 April 2012 ontmoet ons Hein Goussard by n vulstasie oppad uit Upington. Hy bly tans in Louisvale, so 13km buite Upingtong Pofadder se kant toe.  Hy vertel van sy motorongeluk 16 jaar gelede waarna hy 100% medies arbeidsongeskik verklaar is. Hy wys die sny regoor die middel van sy kop waar sy skedel wat in 2 was aanmekaar geheg is deur dokters.  Hulle moes eers sy brein terugsit ook.  Hy het gestop om n vrou wat langs die pad gaan staan het met haar motor te help toe n ander motor hulle tref.  Die vrou is opslag dood.  Hein is 73 meter ver geslinger en ook dood verklaar.  Hy leef egter vandag borrelend wetend wetenskap is nie alles nie. Daar is n ander mag om mee rekenskap te hou. Die Een wat besluit oor lewe en dood. Hy gee die eer aan Jesus Christus vir die wonderwerk van lewe vir hom wat dood moes gewees het. Hy steek sy hand uit na elke kind en vra:

 

Weet jy wat staan geskrywe in  Jesaja 43:1? Ek het jou by die naam geroep; jy is myne

 

 

Pas my skape op

Ons ry verby en deur Grobblershoop en Marydale op die N10.  Ons stop in Prieska.  Honger mense, oud en jonk stroom na die motor, toe ons voor die Spar stop net na 14:00. Nog n dorp met onversorgde mense. n Witbrood en 2 liter melk voel soos n druppel in die emmer.  Toe die een oom kry, loop hy, maar skuif die ander hongeris eenvoudig op in die ry en vra dieselfde van my 

Wie moet vir hulle sorg? Wie moet hul opvoed? Wie moet hul leer om geld op kos te spandeer en nie op alkohol nie?  Hoekom drink hulle hul geld uit?  Hoe kan ons dit regstel?  Die frustrasie gemeng met skuldgevoel pluk aan my hart. Hoe lank nog gaan ek liewer ander pad kyk. Is dit die stem van die beskuldiger of die aanmoediging van die Heilige Gees? Is ek verwaand om te dink ek behoort n verskil te maak? Ek worstel met my onvermo. Hierdie probleem van te min h is mos nie te groot vir my God nie! Is dit nie waaroor die reis gaan nie? Here help!  Riaan blameer die regering se onvermo en mense se gierigheid, want daar is genoeg vir almal as dit reg bestuur word.

U laat my by n feesmaal aansit

Ons arriveer voor 18:00 op die plaas Saailaagte naby Carnavon en word ontvang soos eregaste. Riaan merk op hoe die duiwel enigiets sal doen om te keer dat n mens bid. Die bou van n gebedsaltaar het vir ons die opstapeling van 12 klippe geraak. Ek besef dis maar net n prentjie van die rrige altaar. Die rrige altaar is wanneer jy keer op keer op dieselfde plek gaan bid. Op Saailaagte was dit vir my die squashbaan rune. Daar nie meer n dak nie maar die beskutting teen die wind, en sonnetjie wat oor die muur oorloer bring die nodige warmte.

Ons vertrek Maandag 9 April 2012 voor 17:00, kry diesel in die dorp, ry deur die dorp en ervaar (voel letterlik) die armoede en honger.  Alkoholverslawing is n euwel. Oud en jonk ly. 

Onseker oor waar om te oornag, vertrek ons. Ons kom donker by Loxton, alles lyk toe. Almal is dit eens ons ry deur na Victoria-Wes.

As jy kwaad word  moenie sondig nie, en moenie die son laat sak op jou woede nie

Op Maandag 9 April 2012  arriveer ons net na donker op Victoria-Wes. Dis hier waar ek Ef 4:26 en 27 prakties uitgeleef het nl. die rede waarom mens nie kwaad moet gaan slaap nie is om nie n vasstraplek aan die vyand te gee nie. Ons pak af. Elkeen weet wat om te doen en doen dit woordeloos. As dit maar so gebly het.. Ek gee die elektrieseverlengingskoord vir Riaan aan en vra dat hy dit moet inprop by die kragkonneksie. Iewers verstaan hy my verkeerd en my reaksie daarop is skerp. Natuurlik besef ek nie hoe skerp nie en gaan maar taakgeorienteerd voort om almal met n warmwatersak in n warm bed te kry. Adriaan moet nog sy taak klaarmaak wat teen 12:00 die volgende dag ingedien moet word. Teen 01:00 gaan kyk ek waar hul is. Pa en seun elk onder n kombers onder die ablusieblok se buitelig van die afdak. Ek dra niksvermoedend nog koffie aan - n bietjie vies dat Adriaan sy tyd weer misreken het en te laat begin werk het aan die taak. Dis eers die volgende oggend wat ek besef die duiwel is spreekwoordelik los. Ek en Riaan gaan praat eenkant. Ek besef gifpyle het ons gedagtes oor mekaar binnegedring. Ons probeer dit uitpraat, maar alles raak net erger. Ek besef ek moet nou teen logika inbeweeg en terugval op reeds geneemde besluite waarop my lewe gebaseer is. Ek besef ek wil saam met hierdie man oud word al voel dit nie nou so nie. Met die uitspreek van die woorde volg die realiteit daarvan in my gemoed en tussen ons. n Paar maande later volg n R900 spoedoortreding boete

 

 

Is my kragkabel reg ingeprop?

Ek wonder of dit nie dalk die probleem is dat ons kinders van die Lewende God kragteloos is om n verskil te maak in die wreld wat so nodig het om die realiteit van die Lewende kragtige God te sien en beleef nie. Ons is mens en sal foute maak, maar hoe hanteer ons mekaar wanneer die foute gemaak word? Volg ons Sy instruksies om te verseker dat die kragprop ingeplug is en die kragtoevoer deurstroom?  

Jou vyand is onder Sy voete. Moenie die son laat sak op jou woede en so aan die vyand n vasstrapplek gee nie.

Sy kragkabel was ingeprop

Ons vertrek en ry deur en verby Hutchinson tot by Murraysburg.  Ek is bewus van Andrew Murray, die stigter van die dorpie wat eers n sendingstasie was, se statuur. Dit was n man wat uit sy doen en late en wat hy in die land bereik het ingeplug was by n Reuse Kragprop. Ek voel effe jaloers. Ek wil ook so ingeprop wees om n verskil te kan maak.

 

Na waters waar rus is lei Hy my heen

Riaan het kinderdae heimwee oor kwepers en granate, daarom trek die bordjie van Kweperlaan (gastehuis en koffiewinkel) sy aandag. Ons ontmoet vir Jenny met die vraag: Wie maak n verskil in die dorp?  Wie wil Murraysburg se mense ophef en n verskil maak?  Ons besef ons is by die regte adres Hierdie is maar n enkele klein voorbeeld van n tipe vingerafdruk van hoe Hy lei en rigtingwys. Dis baie maklik om dit af te maak as toevallig, maar ek kies om dit te koester as die vingerafdruk wat bewys Hy gaan voor my uit.

 

n Bees ken sy eienaar

En n donkie die krip van sy baas

Maar Israel ken my nie

My volk het geen begrip van wat ek doen nie

 

 

Geld wat stom is maak reg wat krom is?

Dinsdag 10 April 2012 arriveer ons op Graaff Reinet - ook n n dorp waar Andrew Murray n groot rol in die ontstaan daarvan gehad het. Die dorp is vernoem na Murray se dogter Reinet wat getroud was met n De Graaf. Die kerk in die middel van die dorp is asemrowend, mens betaal even om daardeur te stap. Die openbaring van die tyd was so suiwer om vir God n majestieuse huis te bou. Genadiglik het die openbaring van God se huis oor die jare heen gegroei oor die ware tempel van God. 

Hierdie dorp is uitgesorteer (so lyk dit vir ons).  Ons arriveer net voor donker.  Die groot kampterrein lyk goed versorgd, maar Riaan besluit ons slaap by Merwede Gastehuis die vorige nag was wraggies net te koud.  Ons stap die dorp deur. Die museums en geboue vertel van n groot geskiedenis.  Die mense is trots daarop.   Dis duidelik dat ou geld sy ding doen.

Ons besef toe die nag in Victoria-Wes se koue was toe nie nodig nie. Die sperdatum vir Adriaan se taak was toe eers 12 ure later. Adriaan kry nuwe begrip vir Ps 127... 

Tervergeefs staan jy vroeg op en werk jy tot laat, as die Here die huis nie bou nie

 

Een maak n verskil

Ons ry deur Jansenville op 11 April 2012 oppad na Port Elizabeth, besoek die sybokhaarbesigheid en die Sid Fourie museum. Ons het sommer by die vulstasie gestop en gevra wie in die dorp maak n verskil. Oral kry jy die naam van een dame: Pauline Van Zyl, die burgemeester van vervloe dae se vrou. Ons gesels met haar en ek besef, dit wat Theuns Coetzee met sy droomprojek doen, doen sy al jare op haar eie. 

* * * * *

Back to Hanlie's Blog