Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

 christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

HOOFSTUK 8:

Die regte plek vir nou?

Is dit waar ons nou moet wees? Mens vra maar altyd daai vraag in die afwesigheid van gevestigde sisteme wat jou ‘n aanduiding van jou posisie gee.  Dis dan wanneer ‘n goue draad van Rom 12:1 en 2 die regte tyd en regte plek bevestig. Hierdie skrif het ons gekry voor ons vertrek het, toe weer in Struisbaai, weer in Swellendam en weer in Port Elizabeth… dan weet mens die kompas is in.

Gee jouself as ‘n lewende heilige en aan God welgevallige offer en moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie maar word verander deur die vernuwing van jou gedagtes.

 

Voltooiing van ‘n sirkel, ‘n generasie skuif aan…

Vir die afgelope 20 jaar het ek omtrent elke Desembervakansie in Port Elizabeth deurgebring.  Nou is ons oppad soontoe. My skoonpa trek uit die gesinswoning na 40 jaar se lief en leed.  In die begin jare van my kuiers daar, moes ek deur onvolwasse emosies werk van deel word van ‘n ander familie, wat anders as jy dink en anders doen. Dit was ‘n stelselmatige proses van jouself vind, babas grootmaak, kleuters rigting gee tot nou waar dinge anders is. My kinders is in hul tienerskoene, van die neefs en niggies is uit die huis uit - die gesinstrukture lyk anders en leë nessies begin al sigbaar word. 20 jaar is al genoeg tyd om terug te kyk en te sien watter oeste staan op jou lande.

My skoonma was ‘n besonderse mens wat niemand veroordeel het of slegte gedagtes gekoester het nie. Op haar sterfbed in 2009 het ek die voorreg gehad om lank met haar te gesels oor hartsake. Op ‘n stadium was sy baie hartseer oor ‘n preek tot die effek “as jou sondes nie vergewe is nie sal jy die Hemel nie sien nie” of ‘n gedagte tot die effek.  Ek nooi haar toe om van my ore gebruik te maak en Jak 5:16 te doen, nl “bely mekaar julle sonde en bid vir mekaar dat julle gesond kan word”. So het sy dan haar sonde sit en bely. Vandaar die gedagte dat in hierdie “Israeliet is daar geen bedrog nie” want die goed wat haar pla was goed soos, toe sy klein was het sy ‘n maatjie geswaai, toe die maatjie genoeg gehad het en gevra om op te hou het sy net aangehou om haar hoër te swaai. Sy vertel ook met trane in haar oë hoe sy jare nadat sy haar ma se goed in ‘n stoor toegemaak het afgekom op ‘n kat se geraamte in die stoor. Die gedagte dat die kat in die stoor van honger gesterf het deur haar toedoen, was vir haar baie erg.

So, kritiek het ek nie vir haar nie. Met die ontruim van die huis het ons net deeglik te doen gekry met haar gewoonte van opgaar van goed en die nutteloosheid daarvan. Weer moet ons deur die oefening gaan van ontslae raak van goed wat met soveel sorg, moeite en onkoste  opgegaar is. Weer bedink ons die sin van hard werk om goed te koop om op te gaar totdat jy doodgaan en niemand dit wil hê nie.

 

Moenie vir jou skatte op die aarde bymekaar maak nie…

Dit aan die een kant en aan die ander kant ons 6 wat in my skoonpa se sitkamer slaap saam met 2 lessenaars waar ons bedags skoolgaan.  Dis ook maar ‘n tipe ‘face van ‘n vrees’.  Daai foto’s in die Huisgenoot van die arm blankes wat almal in een vertrek bly en my maag behoorlik laat draai is so scary dat ons met als wat ons het werk om goed bymekaar te maak om net nie daar te kom nie.

Hier sit ek nou as ‘n uptown girl in ‘n downtown area aan die verkeerde kant van die spoorlyn met my gesin in ‘n sitkamer.  As ek iets vir aandete benodig stap ek ook met my ongewasde hare sonder grimering na die hoekkafee waar die Indiër-eienaar my vriendelik groet met “How are you?” asof ek hier hoort. Dit tokkel aan hoogmoedsnare wat nou al diep verskans lê.  Die gedagte van die verlede dat ‘ek hoort nie hier nie’ speel in my gedagtes.  So wie’s ek nou eintlik? Soos ek terugstap en verby ‘n erg verwaarloosde persoon stap wonder ek hoe laag ‘n mens kan daal. Dis toe dat Riaan se woorde my tref van ‘n mens se blink buitekant skep vals illussies: "Ons is almal maar net stof."

“Let us treasure up the least truth, the least ordinance, the least believer, even though some may despise them as only so much dust” CH SPURGEON

Huisvesting…

Dit was lekker om so almal in een vertrek te bly.  As die kinders wakker word in die oggend was dit met een wat ‘n grap maak en die ander wat skater van die lag.  Almal saam in ‘n bondel is maklik om oor die belangrike dinge van die lewe te sit en gesels voor slaaptyd en almal met ‘n psalm wakker te maak.  Dis ook hier waar die kinders geleer het om hul eie wasgoed te doen.  Badtyd sit jy jou wasgoed saam met jou in die bad en hang dit volgende oggend op die draad. Verbasend het hulle dit aangegryp.  Die gevolg was ‘n sin van selfsstandigheid en pret natuurlik.  Toe Daniël vir Riaan II nooi om hom te help aan sy opgegaarde bondel trap en na ‘n paar minute onder die wasgoed in die bad lê en giggel, is ek bly vir die kostelose vermaak.  Ek het hier geleer dat die hopeloosheid van die Huisgenoot foto’s nie berus in waar jy bly nie, maar Wie in jou bly.

 

Koste van huisvesting…

Dis wanneer hierdie inwonende Koning opdragte gee oor watter kant toe om te draai en dit jou nie eintlik pas nie, waar jy begin besef wat die koste van huisvesting regtig is. Ter wille van die beskerming van die partye betrokke gaan ek nou nie die detail van hierdie volgende ervaring deel nie.  Sal voldoende wees om te sê, dat  as jy oortuig is van ‘n opdrag dat jy iets moet doen wat binne die kringe van die kinders van die Here so effens vreemd is, dan moet jy kies en jou keuse gaan jou kos.  Aan die eenkant  lê die guns van mense en die oënskynlike vrede dat jy niemand aanstoot gee nie, juis die ding wat jy jare lank al met mening nagejaag het en aan die ander kant:

Ek sal voor jou uitgaan, krompaaie reguit maak, ysterhekke oopmaak … al wat Hy vra is dat ek in geloof moet voortgaan en nie bly sit in lafhartige vrees nie.

 

Nou kyk, ek is desperaat vir die reguitpad in my lewe (sien hoofstuk 1) en die ontslae raak van krompaaie wat so ongesiens en ongenooid passassier is van menswees, so ek weet net ek durf nie ongehoorsaam wees nie. Die aanloop is swaar, amper soos: "Laat hierdie beker by my verbygaan. Here, is dit regtig nodig?"  Die antwoord, dit bly my keuse. Die oomblik het gekom, die opdrag is uitgevoer. Kon seker in ‘n klein mate as ’n tipe kruisiging beskryf word. Verwerping… om goeie mense aanstoot te gee…dis erg… nog ‘n vrees sneuwel.

Was die pyniging van verwerping deur goeie mense die moeite werd? Hoe klink ‘n Vredesverbond met die God wat Hemel en aarde gemaak het? Ek’s nog besig om presies uit te vind wat dit alles behels, maar my keuse is gemaak.

Die plek om te bly?

Ons het op ‘n stadium gedink Port Elizabeth is dalk die plek om te bly, maar duidelik die boodskap van verskeie oorde af gekry. Dis tyd om aan te beweeg.

Back to Hanlie's Blog