Riaan's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Riaan at riaan@sadogood.co.za.                                                   Back to Riaan's Blog

 

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In Montagu bly ons een aand by Cuano Caves in n tenthuis (Yolande, selno. 084 5534 187) so 6km buite Montagu oppad na Barrydale. Vlrmuise in die grotte, klomp diere en visse, en die lieflikste verhitte swembaddens.  Die eienaars het iets besonders aangepak en is reeds so 5 jaar daar.  Verdere uitbreiding tot voordeel van die verbruiker word gedoen. Al was dit hoe lekker daar, ry ons tog na die Montagu Spa om n televisie te kry om darem te kyk hoe die Bulle speel.

  

Hierna ry ons na Montagu om in die dorp te bly en wel by Long Acres Gastehuis vir 1 nag.  Sondagmiddag los ek en Hanlie die kinders by die gastehuis en stap die dorp van die een kant na die ander kant (regdeur), geniet koffie, en nog koffie, en eet die lieflikste wortelkoek en sjokeladekoek.

Ons besoek ook Susan Leak, pensioentrekker en n jarelange klient en vriend van my wat tans in Huis Uitvlucht ouetehuis bly.  Mev Leak bly in n enkelkamer.  Ons 6 is saam haar op en om die bed.  Sy babbel van opgewondenheid. Dis nog nie pay day nie, s sy, maar sy kry 2 x R5-stukke in haar beursie en 5 paaseiers.  Sy gee dit met oorgawe.  Ek wil nog keer, maar Hanlie gee my die kyk wat ek na 20 jaar saam haar so goed verstaan.  Ons durf nie vrygewigheid weier nie.  Dit raak ons harte. Sy sal altyd n vriend bly en in my hart wees.  Ons bid vir haar - steeds.

Oppad na Robertson stop ons by die ou Engelse Fort tussen Montagu en Ashton wat in 1899 gebou is.  Ons bou n altar en bid sommer lekker saam.  Riaan stel baie belang in die oorlogstories die stories tussen Boer en Brit nogal

   

Back to Riaan's Blog