Riaan's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Riaan at riaan@sadogood.co.za.                                           Back to Riaan's Blog

 

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek is Riaan de Lange.  Ek en my gesin toer sedert Januarie 2012 deur die land.  Ons besoek dorpe en stede en soek die mooi in Suid-Afrika se mense.  Dit gaan dus nie soseer oor gebeurtenisse en besienswaardighede nie – ons soek mense – mense wat goed doen aan ander en aan ons land.  En daar is baie!  Besoek ons op www.sadogood.co.za vir meer detail.  Lees die Blog’s en spesifiek ook die “link” na “DROOM”. 

Die De Langes: Riaan (8), Karien (10), Daniel (14) Riaan (43) en Adriaan (15) by Hobie Strand,

Humewood, Port Elizabeth in Mei 2012.

ONS REIS DEUR PORT ELIZABETH: MEI 2012 

EK BESOEK MY LAERSKOOL PARK IN NOORDEINDE 

Na jare is ek gedurende April en Mei 2012 (amper 2 volle maande) terug in my ouerhuis in die nou ou vervalle deel van Port Elizabeth. Ek het in Leylandsweg 4, Noordeinde gebly sedert 1973, was in Laerskool Park en Hoërskool Cillié, en toe na UPE (nou die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) waar ek B.Comm (Regte) gedoen het en my LLB-graad in 1991 voltooi het. In 1992 is ek na Kaapstad om my Sanlam-beurs in Bellville by Sanlam Hoofkantoor terug te werk, en tans is ons in Durbanville waar my prokureurspraktyk is. Ek het Noordeinde ontgroei. My kinders ken nie hierdie verval, swak instandhouding, en armoede nie – ek ook nie. Ons het altyd oor kersfees vir ‘n week of 2 kom kuier, maar nooit tyd gehad om regtig die area te waardeer nie. Vandag op 43, en terwyl ek die voorreg gehad het om byna 2 maande lank weer in Noordeinde te bly, sien ek hoe dit regtig lyk - nie naastenby soos toe ek 9 was nie! 

Ek was in Laerskool Park in Leylandsweg, Noordeinde. Dit was ‘n dubbelmedium-skool (Afrikaans en Engels). Ek het toe bevoorreg gevoel en was lief vir die skooltjie. Ek het niks kortgekom nie. Deur die jare het dit ‘n swart Xhosa Hoërskool geraak. Ongeveer 5 jaar gelede het dit afgebrand en die gebou staan steeds daar – daar word nie skool gegee nie. Die gebou word nie reggemaak nie; dit word nie gesloop nie; dit word nie beveilig nie; die groot stuk grond lê net daar. Groot lieflike speelareas word nie gebruik nie. Hoekom nie? Ook, waar is die kinders wat daar was heen?!  Waar speel die kinders?  Kom ons maak die grond reg, dink ek.  As die owerhede nie wil help nie, kan die mense self mos inspring – netheid, skoonmaak en -hou, grasperke sny vir kinders om te speel, vullis optel - dit kos mos nie geld nie.  [Sien hierby my 2 kinders van 8 en 10 oud se voorstel oor wat met die skoolgronde gedoen kan word – klik hier]. 

Die Noordeinde swembad wat so baie plesier gegee het staan nog. Dit lyk egter anders en die gebruikers (gemeenskap) het dramaties verander.  Die instandhouding is sleg, blykbaar omdat die munisipaliteit beweer daar is nie geld nie.  Nie geld vir netheid nie?  Nie geld om een keer per maand die grasperk te sny nie?  Nie geld om vullis op te tel nie.  Dit kos mos nie geld nie.  Dit kos ‘n wil en goeie bestuur, en siedaar.  As die owerheid nie wil nie, kan die mense hier dit sommer self doen. 

Leylandsweg lyk sleg; so ook Trafalgar Squarestraat. Die skoolgronde met groot grasperke en die swembadarea wat ontspannend en “reacreational” moet wees lyk onnet, vuil en nie na ‘n plek waar ek wil ontspan of speel nie.  

Is ons mense tevrede?   

Is die mense vergete, en word hulle (weer) agtergelaat (agtergeblewenis / previously disadvantaged)? 

Wie sal inspring met Droom vir Leylandsweg?  Dis ‘n kort straat met 2 aangrensende skoolterreine en die swembad.  Ek het ‘n plan, maar eers vra ek 2 van my kinders om te kyk wat hulle met die skoolgronde by Laerskool Park kan doen. 

·         Ons neem vooraf foto’s en bewaar dit vir die vergelyking agterna;

·         Betrek plaaslike radiostasies soos Bay FM en die koerante soos Die Burger, Evening Post, en Herald – dit trek mense en motiveer;

·         Verfraai die ingange na Leylandsweg - die “poorte” moet altyd mooi en versorgd lyk. Wat van sigbare plakkate in Afrikaans, Engels en Xhosa?: “Welkom in Leylandsweg – die mooi straat in Noordeinde / Welcome to Leylands Road – the beautiful street in North End”;

·         Versprei pamflette aan alle inwoners met die tema en wat die Droom vir Leylandsweg-projek bekendstel vir die gebied - in Afrikaans, Engels en Xhosa; 

·         Pak dan die straat vanaf Leylandsweg 1 (waar die Noordeinde swembad is) tot teen Laerskool Sydenham waar Leylandsweg doodloop;

·         Pak dan sommer ook Trafalgar Squarestraat en terselfdertyd die swembadarea; 

·         Pak dan die skoolterrein van Laerskool Park in Leylandsweg (sien hierby my 2 kinders van 8 en 10 oud se voorstel oor wat met die skoolgronde gedoen kan word) – KINDERS MOET SPEELPLEK Hê.

Beoogde resultate vir Leylandsweg:

·         Die omgewing waarbinne jy woon word netjies en mooi;

·         Jy voel beter oor self, straat en dorp;

·         Burgers se menswaardigheid verbeter;

·         Mense mors nie sommer waar dit skoon en netjies is nie;

·         Paaie, sypaadjies, geboue, tuine, skole, swembad, woonstelle en huise is mooi; en

·         “Ons” maak dit mooi - dis ‘n inklusiewe “ons is in een span met een doel”.

·         Dis harde eerlike werk deur mense wat nie eer soek nie. Dis mense wat deel sonder om iets terug te vra.  Hulle wil net sien dat SA werk.

·         Natuurlik is die hoop dat ander strate sal aansteek …….

Ek wens ek doen dit doen. Miskien kan ek nog.

LAERSKOOL PARK:  Karien (10) en Riaan (8) de Lange besoek my laerskool in Noordeinde waar ek vanaf 1975 tot 1981 was (van Graad 1 tot Graad 7). Ek het wonderlike herhinneringe aan vriende en onderwysers.  Vandag is daar egter net ‘n gebou wat afgebrand het, groot grasperke wat nie gesny word nie, tennisbane en netbalbane wat toegegroei is – en so staan dit al vir jare.  Laerskool Park is in die negentigs omskep in ‘n swart Xhosa-skool.  Dit is egter ongeveer 5 jaar gelede verwoes in ‘n brand – en tot vandag toe is niks nog gedoen nie. 

Waarheen is daardie honderde swart kinders?  Hoekom maak niemand reg nie?  Daar is ‘n gebou en grond – gebruik dit! 

My besoek aan die skool was hartseer – weens my wonderlike ervaringe as kind daar, maar ook oor die nie-gebruik van die grond en skool – en niemand gee blykbaar om nie, want niemand doen iets nie.  As die gebou nie gebruik kan word nie, gebruik dan die wonderlike grasperke – laat die kinders speel!!

Karien (toe 10) en Riaan (toe 8) het saam my deur die skool gestap en het ‘n brief (voorlegging) aan die Munisipaliteit opgestel oor die gebruik van die skoolgronde.  Sien hul voorlegging (heeltemal onafhanklik) hierby.

Bay FM: Ek het ‘n deel van die span by die Business Against Crime-gholdag ontmoet. Hulle het ‘n R50 000 Radio Airtime Draw gebied (R50 000 se gratis advertensie lugtyd vir jou besigheid).  Dis ‘n gemeenskapsradiostasie wat baie fokus op positiewe resultate en ‘n mooi mededeelsame stad.  Hul bemark gemeenskapsprojekte, het ‘n geestelike tydgleuf, en wil sien mense groei.  Dink wat hulle kan doen ten opsigte van dienslewering, Pay it forward, hulpprojekte, ens. – en hul doen reeds baie.  Miskien kan Bay FM my help hiermee?  Is daar iemand by die munisipaliteit wat sal help? 

Riaan de Lange

E-pos: riaan@delanges.co.za  en riaandelange10@gmail.com

Sel 082 466 7073

 

Hieronder is fotos van die vervalle skool en omgewing wat eens 'n trotse mooi woonbuurt was.

(Klik op fotos om groter te maak)

Back to Riaan's Blog