Riaan's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Riaan at riaan@sadogood.co.za.                                           Back to Riaan's Blog

 

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek is Riaan de Lange.  Ek en my gesin toer sedert Januarie 2012 deur die land.  Ons besoek dorpe en stede en soek die mooi in Suid-Afrika se mense.  Dit gaan dus nie soseer oor gebeurtenisse en besienswaardighede nie – ons soek mense – mense wat goed doen aan ander en aan ons land.  En daar is baie!  Besoek ons op www.sadogood.co.za vir meer detail.  Lees die Blog’s en spesifiek ook die “link” na “DROOM”. 

UPINGTON & PRIESKA

Vrydag 6 April 2012:  Ons arriveer in Upington net om te oornag oppad na plaas van Johan en Madeleine Smit buite Carnarvon. Ons slaan ons Infanta op langs die Oranjerivier by Sakkie se Arkie vir R360,00. Ons wou by die dorp se karavaanpark kamp min wetend dat daar groot party gehou gaan word daardie aand. Toe ons wou in, kyk die bruin sekuriteitsman en bruin vrou by die kantoor mekaar skepties aan en sê vir mekaar (eintlik vir my) die park is vol.  Allermins, dis nie vol nie.  Ek kry die indruk hulle wil ons net nie daar hê nie – ek hou “straight face” want my vrou en kinders is in die motor. Na die tyd besef ek hulle het my vrou en kinders so gekyk en self besluit ons moenie daar kamp nie. Ons is so beskerm.  Sakkie se Arkie (sel 082 5645 447) is perfek en pragtig – ons kon nie vir beter vra nie. 

 

Die mooi Oranjerivier vanaf Sakkie se Arkie in Upington

Dis Paas-Vrydag. ‘n Pragtige aand. Teen donker oorkant die rivier begin ‘n kerk met hul Paas-diens. Hul sing en preek en sing en preek. Dit is hard. Ons hoor alles. Hul gaan deurnag.  Saterdagoggend gaan hulle aan. Die kampterreinopsigter wil oorgaan om stil te maak, maar ek keer. Dis sekerlik hul manier om die Here te dien. Los hulle asb, vra ek.  Dit pas my gesin so op ons reis om mense en God te ontdek, en dis immers Paasnaweek.

Saterdag 7 April 2012:  Ons ontmoet Hein Goussard (sel 082 9236 242) by vulstasie oppad uit dorp. Hy blys tans in Louisvale, so 13km buite Upington na Pofadder se kant toe.  Hy vertel van sy motorongeluk 16 jaar gelede waarna hy 100% medies arbeidsongeskik verklaar is. Hy wys die sny regoor die middel van sy kop waar sy skedel wat in 2 was aanmekaar geheg is deur dokters. Hulle moes eers sy brein terugsit ook. Hy het gestop om ‘n vrou wat langs die pad gaan staan het met haar motor te help toe ‘n ander motor hulle tref. Die vrou is opslag dood. Hein is 73 meter ver geslinger en ook dood verklaar. Hy leef egter vandag en gee die eer aan Jesus Christus.  Wonderwerk! Hy verklaar hy het ‘n engel gesien. Hy stuur ons weg met Jesaja 43:1 – “Ek het jou by die naam geroep; jy is Myne.  Hy gee sy Prof le Roux se telefoonno. as ons meer van die wonderwerk en sy toestand wil hoor: 012 460 4486.

 

Adriaan, Daniel en Riaan saam met Hein Goussard op upington: “Jy is Myne” 

Ons vertrek na Carnarvon, ry deur Groblershoop, Marydale, tot in Prieska.  Ons stop op Prieska vir inkopies vir die naweek op die plaas. Ek laat weet Bertie Louw van Hein Goussard.  Bertie het mos ‘n soortgelyke ervaring gehad wat hy die voorafgaande paar dae by 2 onbeplande geleenthede aan 2 groepe mense vertel het – in totaal seker so 40 mense.  Wonderwerk!  

Ons ry verby en deur Grobblershoop en Marydale op die N10 en stop in Prieska by die Spar supermark.  Dis na 14:00 Saterdagmiddag. Honger mense (oud en jonk) stroom na die motor. Nog ‘n dorp met onversorgde mense. Wie moet vir hulle sorg? Wie moet hul opvoed? Wie moet hul leer om geld op kos te spandeer en nie op alkohol nie? Hoekom drink hulle hul geld uit? Hoe kan ons dit regstel? Ek voel ek raak kwaad (alweer) – sommer vir almal. Ek is opnuut oortuig dat die probleem slegs opgelos kan word in vennootskap en nie deur “ons” of “hulle” nie. Die bedelaars vra nie geld nie – hulle is honger (hulle het genoeg gedrink, vir eers).  Ek koop ‘n wit brood en 2 liter melk vir die een bejaarde oom – daar staan nog so 7 mense in die ry buite Spar. Toe hy vat en loop, skuif die ander op in die ry en vra dieselfde van my. Wat moet ek doen ….? Intussen stap ek uit met sakke vol kos vir die naweek op die plaas by Carnarvon. Praat van bid vir my “daaglikse brood”.  Daar is ‘n mooi kerkgebou in Prieska. Ek weet die mense wat oorgegee is aan Jesus kan ‘n verskil maak.

 

Back to Riaan's Blog