|
|
|
Bloemfontein All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
To advertise on this website
|
Bloemfonteiners wat ook droom
Soveel mense soveel dinge, dan is dit seker ook waar om te sê soveel mense soveel drome! Bloemfontein, die stad waarby meeste mense net verbyry oppad see toe, het ook dromers en soos die geskiedenis self getuig, ook ‘n paar doeners wat definitief spreek van die vrugbare teelaarde uit ons streek!
Op hierdie stadium deel almal in die land seker in dieselfde droom, naamlik om elke dorp en stad se paaie asook dienslewering weer op standaard te kry, om sodoende weer aantrekliker vir die oog en ‘n riem onder die hart te wees. Dis reg so. ‘n Paar van ons Bloemfonteiners se visie strek nog bietjie wyer as wat die onmiddelike oog kan sien… om met verloop van tyd die lugfoto van Bloemfontein te verander, dit meer groen te maak en daardeur ook die inwoners te bemagtig om volhoubare groente- en mielietuine te maak. Om ook weer vrugtebome te plant, soos in die ou tyd. Om uiteindelik weer by mekaar te leer, vir mekaar te gee, mekaar te bemagtig en uit te ruil onder mekaar.
Die stygende olie- en voedselpryse noodsaak ons mense om weer terug te keer na die basiese aspekte van die lewe en te gebruik wat ons het in die proses om meer selfversorgend te raak. En ons Vrysters, aldus Bloemfonteiners het grond! Dink aan die townships, elke plakkershuis het sy stukkie aarde wat nie net bewoon hoef te word nie, maar bewerk en benut kan word, te gebruik wat hul het om weg te kom van die gedagtes dat mens niks het nie, maar altyd iets het om in geloof aan te wend.
‘n Paar aksies is al geneem; ‘n paar van ons was oor die afgelope tyd op die regte plek op die regte tyd om geleenthede te benut en werk te maak van behoeftes wat aangespreek moet word. So is daar in Mei 2012 inisiatief geneem om ‘n groot groentetuin-tonnel by ‘n dagsorg vir gestremdes op te sit, om in hul daaglikse kosbehoeftes te voorsien. Die dagsorg het baie grond, spasie en gewillige hande.
Die daarstelling van die groentetuin-tonnel het gepaard gegaan met wonderlike en praktiese opleiding wat mense se verbeelding en drome laat vlamvat het. Hieruit is ‘n 4mx6m tonnel by ‘n plakkershuis in Fase 7, Mangaung opgestel wat met on-site opleiding en maandelikse mentorskap gepaardgaan. En so haak die een aksie by die ander een in en sit ons hierdie maand van Augustus nog ‘n tonnel in die townships op. Die droom het ‘n naam asook grondgebied gekry met boodskappers wat reeds uitgestuur is om die goeie nuus te versprei dat ‘n implementeringsplan en –begroting daargestel het is om 12 -24 groentetuine binne die volgende 6-12 maande in die townships te implementeer, gepaardgaande met maandelikse opleiding en mentorskap aan gemiddeld 4 verteenwoordigers by elke tuin. Om uiteindelik ook leierskap-ontwikkeling te doen.
Erfenisdag kom nader en stuur ons nou reeds die seine uit dat ons daarvan droom om ook vrugtebome saam met die groentetuine wil aanplant! Ons droom is dat hierdie mosterdsaadjies wat paar van ons Bloemfonteiners op die stadium met geloof, liefde en die nodige aksies saai, in groot groen bosse sal ontaard waarvan menigte mense na liggaam, siel en gees gevoed kan word!
As daar mense is wat wil inhaak by ons ander dromers, kontak gerus Spoudazo Enterprises by 082 331 3391 of besoek ons by www.spoudazo.org. ________________________________________________________ Tydens die inbelprogram op RSG was daar baie skerp kritiek op Bloemfontein, so ek wil net vir jou vertel 'ons is darem nie almal so nie'! In die woonbuurt Universitas het ’n klompie inwoners 6 jaar gelede eienaarskap geneem van ’n speelparkie, wat oor etlike jare verval het tot ’n rommelhoop.
Ek stuur vir jou ’n 'voor' foto, nadat ons reeds die rommel
opgeruim het, en die res van die foto's is die 'daarna's'. Ons het met
die samewerking van Omgewingsake ’n bewarea gestig. Hulle het ook vir
ons baie plante, ens. geskenk. Ons plaaslike munisipaliteit (Mangaung)
o.l.v. Dawie Coetsee van Parke, lewer ook ’n reuse bydrae. Hulle het
aanvanklik vir ons 25 bome geskenk, ’n besproeiingstelsel aangelê, en
diens ook gereeld die vullisdromme. Tans is sowat 20 huisgesinne
ingeskakel. Elkeen gee maandeliks ’n klein
finansiele bydrae, ons hou 4 keer per jaar vergadering en eenkeer per
jaar ’n 'parkiepiekniek' op ’n Sondagmiddag ( Sien ook foto.) Ons ruim
daagliks die parkie op, en eenkeer per week betaal ons ’n gereelde
tuinwerker vir die tuinwerk. Hy doen ook baie waardevolle skakelwerk
deur die werkers wat daagliks deur die parkie beweeg te vertel wat ons
doen, en gedurende die
somer deel hy plantjies uit aan almal wat belangstel. Van die werkers,
wat aanvanklik baie apaties en agterdogtig was, het nou uit eie beweging
'eienaarskap' van die parkie begin neem, en help ook opruim wanneer
hulle sien dis nodig. Drie jaar gelede het ons, a.g.v. die baie
herwinbare rommel wat ons daagliks in die parkie optel, begin met ’n
klein herwinningsinisiatief, as ’n diens
aan die buurt. Eenkeer per week bring die mense hulle herwinbare rommel
na die parkie, waar dit gesorteer en opgelaai word deur ’n plaaslike
herwinningsbesigheid. Sterkte met julle goeie werk, dis verseker nie
elke dag maanskyn en rose ! |