|
|
|
Bonnievale All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
To advertise on this webpage
|
|
|
Boomplantprojek pluk die vrugte
In 'n sameloop van omstandighede het Mark Heistein ( Direkteur -Wes Kaapse Biosfeer), Charles Frank (ICE) en Theuns Coetzee (Droom) om dieselfde tafel geland. Daar was besluit om Bonnievale se informele behuisings gebied as 'n proeflopie gebruik.
Die Langeberg munisipaliteit het hul bydrae gelewer deur kompos aan die gemeenskap te voorsien. Die gate moes egter deur die wat bome soek self gegrawe word, sodoende neem die persoon eienaarskap van sy boom op sy erf. Daar is nog baie uitdagings maar tot dusver is dit by uitstek 'n sukses. Die uitvloeisel van die loots projek is dat die eerste Dorp in Luxembourg, Ettelbruch 'n ondermening geteken het om vir elke kind wat skool toe gaan 'n boom aan SA te skenk via ICE. Die volgende stap is om te verseker dat al die ander munisipliteite Ettelbulbruch se voorbeeld navolg en dan die Droom SA netwerk te gebruik om die bome te versprei.
Bonnie-People project
On Monday we started our Spring season with songs and making paper flowers while it was cold and raining. Jurie de Vos and I drove to the squatter camp to visit a couple of families who are having hard times. The conditions were dire. We decided to help out and took a pot of cooked porridge to the one family and this is exactly the same family that I have written of before. The father is not working and the kids wander between the grandmothers house and the fathers house.
The mother does not care at all and a mountain of washing was lying outside in the rain. Elzonia, the 3 year old girl, has not been to school for a week or more - so we investigated. We saw her at a distance and she looked afraid to come near us. more info
Beste mede Bonnievalers. Graag wil ons die sukses van die Bonnievale se Droomprojek op ander dorpe met julle deel. Tot hede neem daar nou al 52 dorpe deel en letterlik duisende mense is nou al gemotiveer deur wat hier gebeur het. more info
Landbou Weekblad (klik op berig om groter te maak) Bonnievale Droom Ons is besig om te beplan vir die jaar se Droom 2012, en 45 ander dorpe Droom saam met ons op verlede jaar se sukses. Die publieke bewustheid ten opsigte van die projek is ongelooflik met meer as ‘n duisend “hits” per week op die Droom web tuiste SADOGOOD. Ons skop af op die 26ste om 19H00 in Happy Valley se Gemeenskap saal. Die voorlegging word saam met die Polisie gedoen. meer info Riaan in Bonnievale
Ons kamp 4 aande met ons Infanta langs die Breederivier by Breede River Lodge. Ons ontmoet Roelf en Eric, die 2 opsigters/bestuurders, asook Mona, die skoonmaker/algemene werker van die kampterrein. Die oënskynlik eenvoudige mensie straal van die teenwoordigheid van ‘n opperwese in haar – ‘n toegewyde Christen na jare se sukkel en baie hartseer. Sy kom al singend in die opwaskamer in. Haar geur smeer af. Met haar toestemming publiseer ons binnekort haar storie. Droom saam Theuns Coetzee van Bonnievale Ons amptelike en lewendige kontak met die Droomprojek begin. Ons ontmoet Theuns Coetzee, die vader van die Droomprojek. Hy droom dat elke dorp self die dorp mooi maak, mense hul waardigheid ontdek, en dat die hele Suid-Afrika so opgehef word. Ons deel ons drome en planne. Droom en sadogood het talle raakpunte. Soos ons deur die land toer en dorpe raak, gaan ons elke dorp in met die vraag: “Wie hier maak of kan of wil ‘n verskil maak”. Kry ons iemand, registreer hy/sy/hulle die dorp by Droom. Lees alles oor Droom by www.sadogood.co.za – kliek op “Droom”, of gaan na Droom via die webblad van die bekende en gewilde radiostasie RSG by www.rsg.co.za en kliek op “Droom”. Probeer gerus ook www.sadogood.co.za/Dream.html. Theuns se e-pos theunscoetzee@gmail.com en selno. 082 417 8597. Hy is in vennootskap met RSG wat groot en geweldige blootstelling aan Droom gegee het tot nou.
BONNIEVALE (20-24 Maart 2012)
Bonnievale Kelder Ek het in 2007 as prokureur gehelp met die oprig van die Bonnievale Workers Empowerment Trust wat die lede van die kelder opgerig het tot voordeel van die kelder se werknemers. Ek is op 21 Maart 2012 na die kelder in my kortbroek (so nie-prokureur) om die bevoordeeldes in aksie te sien – en ek het! Ek het vir niemand laat weet ek kom nie. Ek ontmoet vir Madelein Hartzenberg en Agnes Opperman – beide begunstigdes en bruin/kleurling vroue. Hulle werk in die wynproe-lokaal. Ons gesels oor die trust, eienaarskap, hul verantwoordelikhede en drome. Ons neem ‘n foto. Ek ry na hul eie plaas wat binnekort sy eie oes gaan lewer. Dis mos hoe dit moet wees. Son, SABC en Sunday Times gaan niks hieroor skryf nie, want op die oog af is dit nie nuus nie. Dis maar ‘n klompie boere wat ongeveer 22 permanente werknemers bemagtig en eienaars maak van hul eie plaas en oeste!! Dit wen nie stemme of ‘n politieke verkiesing nie. Hierdie mense maak egter Suid-Afrika. South Africans do good. sadogood. Meer oor die Bonnievale Workers Empowerment Trust: Die Trust se hoofdoel is om beleggings in landbouverwante besighede te maak om 'n jaarlikse positiewe kontantvloei te genereer. Die trustees moet dan besluit oor die jaarlikse aanwending van die fondse om die begunstigdes te bevoordeel. Die Trust se verdere doel is om fondse te bekom vir die verdere loopbaangerigte opleiding van die permanente personeel van Bonnievale Wynkelder (Koöperatief) Beperk, waar hierdie personeel uit die aangewese en voorheen benadeelde gemeenskappe afkomstig is. Die strewe is om ‘n wesenlike bydrae te maak tot die ekonomiese bemagtiging van, onder andere, die lojale werknemers van die Koöperasie. So word die werknemers bevoordeel vir hul bydrae tot die sukses van die besigheid deur die jare. Die skenker, trustees en begunstigdes verbind hulle tot die oogmerke van die “Broad Based Economic Empowerment” beleid en riglyne van die Suid-Afrikaanse regering. Alle partye wens dat die trust ‘n positiewe bydra sal maak tot ‘n beter Suid-Afrika vir almal. By Karin’s, ‘n koffewinkel, restaurant, gratis Wi-fi, en lekker warm atmosfeer reg in die hartjie van Bonnievale ontmoet ons nog ‘n plaaslike bruin/kleurling meisie as kelner – trots en kyk jou in die oë as sy praat. Tipies Suid-Afrikaans. Raak ons bederf met die wonderlike mense wat ons so maklik raakloop, begin ek wonder? Nee! Hulle is daar, en was nog altyd daar. Miljoene van hulle. Onthou, hierdie tipe mens leef en laat die lewe maar net gebeur. Hulle bemark hulself nie, en praat nie oor hulself ne. Huisgenoot, Son, SABC en Sunday Times sal hulle dus nie sommer raakloop nie, want hulle maak nie nuus nie. Hulle maak Suid-Afrika. South Africans do good. sadogood. |
|
|
Bonnievale, also known as The Valley of Cheese and Wine, is situated on the banks of the Breede River. Surrounded by the Langeberg Mountain Range and the Riviersonderend mountains, it is one of the most beautifully situated towns in the Western Cape. The town is about 2 hours drive from Cape Town. The Dream Project for South Africa originated here.
This green village is perhaps
not as well known as other towns in the Breede Valley, due mainly to the
fact that she is bypassed by Route 62 - the longest wine route in the
world. However, there are those who are only to happy that the
‘Cinderella of the Breede’ is not inundated with travellers and has
remained one of the best kept secrets of the valley.
Sien hierdie mooi pdf van Riaan by Bonnievale Kelder: klik hier |
|
|
Bonnievale also is the town where the Dream project originated.
Click on image to enlarge |
|
|
KYKNET Kwela insetsel oor die Droomprojek
|
|