Calitzdorp

All the good about South Africans

 

                             BACK TO Calitzdorp

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

advertise your business here

Contact Christo:

 

christo@sadogood.co.za

 

 

 

 

 

 

Calitzdorp Toerisme wil graag vir Theuns Coetzee en Beatrice Steyn Julies bedank omdat hul al die pad Calitzdorp toe gery het om ons inwoners te kom inspireer en motiveer.

Ons wil ook vir Cheryl De Villiers bedank vir die gebruik van die Ou Stasie en vir voorsiening van koffie en tee. Groot dank gaan ook aan al die restaurante en individue wat die heerlike eetgoed verskaf het.

Laastens, maar die belangrikste, wil ons graag al die inwoners van Calitzdorp bedank wat die vergadering bygewoon het en soveel opbouende insette gelewer het. Dit is ‘n voorreg om in ‘n dorp te woon waar daar soveel positiewe mense is.

 

   

    Openingsvergadering                                        Morne Stuurman en sy tuin

 

Theuns Coetzee het daarop klem gelê dat die droom doelgedrewe is en dat dit fokus daarop om die gemeenskap te bou. Die vraag is nie meer hoe my munisipaliteit my kan dien nie, maar eerder hoe ek ‘n verskil kan maak in my gemeenskap. Die primêre fokus van die droom is opgradering en verfraaiing van die dorp en die resultaat daarvan is egter dat sekondêre probleme automaties aangespreek word; soos ‘n gesonder gemeenskap, laer misdaad syfers, besigheidsgroei, beter sosiale omstandighede, werksgeleenthede, ens.

Die manier waarop doelwitte bereik gaan word is om gemeenskappe te inspireer, motiveer en mobiliseer om oor te gaan tot aksie. Dis belangrik om verskeie instansies saam te trek om ‘n verenigde front te vorm en dan oor te beweeg na gesamentlike doelwitte. Dit is ook noodsaaklik om die media te betrek en daardeur groei te bewerkstellig wat kommersiële voordele inhou. Almal moet taak georiënteerd wees en dus doelbewus enige politiek vermy. Ons wil graag inwoners aanmoedig om in hulself en hul eiendomme te belê deur dit te verfraai. Munisipaliteite sal ook betrek word om die gemeenskap te ondersteun met bogenoemde inisiatiewe.

Ons sal graag van u wil hoor watter plekke in Calitzdorp u as probleem areas beskou sodat ons kan werk maak daarvan. Ons wil ook graag vir almal vra om ‘n persoonlike projek te identifiseer en dit met die volgende vergadering met ons te kom deel - hoe u beplan om die projek uit te voer en wat ons kan doen om u te help. Elke projek moet binne ‘n sekere tydperk voltooid wees, dus moet ‘n datum daaraan gekoppel word. Mnr. Coetzee sal Calitzdorp weer in November besoek om op te volg.

 

                         DROOM PROJEKTE WAT REEDS GEïDENTIFISEER IS IN CALITZDORP DEUR INWONERS:

· Tuin buite Die Rooi Koffie Pot, gedeelte rondom ou begraafplaas, drinking fountain en publieke sitplekke in  Voortrekkerstraat (Ockie en Hennie – Die Rooi Koffie Pot)
· Tuin buite Karlientjies (Heinrich en Liezl – Karlientjies)
· Home stead (Koninginstraat 12, privaat woning op historiese erfenis roete), huis en tuin (Neels Fourie - eienaar)
· Asdrom kunsprojek met kinders, 100 Klapperbosse plant by skool eeufees deur oud leerlinge (Ann Upman, Cheryl De Villiers en skoolkinders)
· Tuin van Lutherse kerk in Andries Pretoriusstraat (Kevin, Rozelle, Zelma en Esbé)
· Donkiekar projek (Chelton Ewerts, bygestaan deur Toerisme Kantoor en Kommittee)
· Donasies invorder deur www.calitzdorp.co.za website vir prysgeld van stiggie kompetisie by skole (Christene van der Merwe)
· Stiggie projek (Calitzdorp Hoërskool – René Lubbe)
· Groentetuine by Excelsior skool (Sam Duiker)
· Klubs gestig by Gamka-oos primer: Eko-klub, drama-klub, film- en koerant klub, kunsklas, koor-klub, vcs (christelike-klub) en groentetuin (saad gesaai en plante geplant) (Gamka-oos primer - Neels Fourie)
· NG Kerk tuin en flower boxes aan Van Riebeeck straat se kant (Marinda Pretorius & Marinda Van Wyk)
· Touch farm en Jungle Gym vir kinders, sypaadjie voor Dorpshuis (Die Dorpshuis – Marinda Van Wyk)
· Herwinnings projek – glas, blik en papier (Briëtte Barry & Excelsior skool - Sam Duiker)
· Kliniek tuin is reeds verfraai en lyk baie mooi asook die Nood dienste langs hulle se tuin (Suster Potgieter en Nood dienste)
· Ou Apostoliese Kerk in Voortrekkerstraat se tuin is ook vervraai (die gemeente onder leiding van Hester)
· Tuine met plantjies in buitebande by Seeff asook die tuin van Vygieshof se winkel (wat al mooi vorder - sal voltooi word deur Dais Geyser & Linda Colyn)
· Bemarking van die dorp deur die ontwerp en druk van Poskaarte (Toerisme Kommittee)
· Speelpark by Elnatan padstal (Klaus Triebe – Elnatan)
· Projekte wat nog nie eienaars het nie:
a) Gebruik tuinvullis om kompos mee te maak (projek het nog nie ‘n eienaar nie. Ons doen graag ‘n beroep op ons inwoners om ons in kennis te stel van iemand wat die dorp se tuinvullis op groot maat in kompos wil verwerk)
b) Iemand word benodig om plekke in die dorp te identifiseer waar bome geplant kan word. Borge vir bome sal ook benodig word.
 

Ek het nou net op Kwela ( Kyknet ) gesien hoe julle Bonnievale mooigemaak het- kan u (groot asseblief ) vir ons help om dieselfde te doen in Calitzdorp?

Moira Strauss Verteenwoordiger van Toerisma Kommitee moirastrauss@lantic.net

 

BACK TO Calitzdorp