Calitzdorp

All the good about South Africans

 

                             BACK TO Calitzdorp

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

advertise your business here:

Contact Christo:

 

christo@sadogood.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Calitzdorp Droom Nuusbrief 2:

Calitzdorp het op 13 Junie 2012 sy tweede suksesvolle droom projek vergadering gehou.  Mev Strauss het almal verwelkom en weer kortliks ter wille van die nuwe belangstellendes verduidelik dat ons op ‘n model werk wat Theuns Coetzee van Bonnievale gevorm het om mense in die gemeenskap betrokke te kry om die dorp te verfraai en dat dit meebring dat sekondêre probleme automaties aangespreek word. 

Die doel van die tweede vergadering was om probleem areas in die dorp te identifiseer, wat benodig word om die probleem op te los, wat elkeen kan bied en hoe mense bymekaar kan inskakel by verskillende projekte.

Almal word gevra om asseblief so gou moontlik vir Erina te kontak om afsluit datums te gee vir die voltooiing van hul projekte.  Kontak asseblief ook vooraf vir Erina om “voor” en “na” fotos te kom neem indien u nie toegang het tot ‘n kamera nie, sodat ons dit in die nuusbriewe kan plaas om ander aan te moedig.

‘n Bewusmakingsdag word beplan.  Plakkate en ‘n banier sal vooraf opgesit word in die dorp om mense in te lig dat die droom projek in werking is en dat ons ‘n “slow town” is.  Die bewusmakings dag sal plaasvind op ‘n dag wat daar baie mense in die dorp is.  Ons sal met swartsakke loop en rommel optel terwyl ons met die inwoners gesels en hul motiveer om aan te sluit by die projek.  Ons poog om die publiek bewus te maak daarvan dat ‘n skoon dorp by die individu begin.

‘n Vergadering moet vooraf gereël word vir hierdie dag en ons vra almal om asb idees te epos vir Erina voor Vrydag 22 Junie 2012.  Die gebeurtenis sal ook binnekort in die plaaslike koerant geplaas word. 

Ons wil graag Retief bedank vir die gebruik van sy perseel, Zelma en Retief vir die heelike sop en Briëtte vir die brood.

    Vergadering by Soeterus gasteplaas                Cheryl geniet 'n lekker koppie sop 

PROJEKTE WAT TYDENS DIE TWEEDE VERGADERING GEïDENTIFISEER IS:

  • Blackie en Kim sluit aan by begrafplaas projek met Ockie en Hennie.
  • Aanplant van tuin voor ingang van publieke toilette – Penny Rudder en besighede langs publieke toilette.
  • Ingange na dorp kort aandag:

Oos Ingang(vanaf Oudtshoorn): Kiosk oprig (Toerisme); Zelma & groep; Vra munisipaliteit om ou Calitzdorp bord af te haal

Wes Ingang (vanaf Ladismith):          Vra Klaus Triebe en munisipaliteit om betrokke te raak

  • Herwinningsprojek 1 - Suzette Pokpas en Sondagskoolklas gaan die komende skoolvakansie vullis optel in Bergsig.  Plastiek, blik en glas word geskei.  Sam Duiker en skoolkinders sal haar help.  Briëtte Barry sal sop voorsien aan kinders in ruil vir rommel.  Moira en Jadé sal sop warm hou en bedien aan kinders.
  • Herwinnings projek 2 – Sheldon Sneygans.  Sheldon het spasie in dorp gekry waar glas, blik en plastiek afval gestoor kan word.  Suzette Pokpas en Sam Duiker kan inskakel by Shelden met hul projek.
  • Straatname – borde lê op grond en moet vasgemaak word.  Alle strate het nie naamborde op nie.  Iemand word gesoek om die projek te hanteer.
  • Publieke tuin in Bergsig – Deon Samson van Welgevonden gasteplaas het voorheen by ‘n landskaps argitek gewerk.  Deon sal vir Aubrey, ‘n kind op straat, vra om hom te help met die projek.
  • Skoolkinders leer stiggies maak (Excelsior en Gamka) – Deon Samson.  Moira en Retief sal Deon na die skole te vat.
  • Kinders by die stortingsterrein – ACVV, kliniek, toerisme, Cheryl De Villiers.  Projek geïdentifiseer vir vrouedag.  Wil die gebou op die terrain waar 4 arm gesinne met baie kinders woon in ‘n tuiste omskep.
  • Kind op straat – ACVV met SASSA gaan ouers van kinders wat op straat is kontak en beplan om hul toelae weg te neem as hul nie na die kinders omsien nie (kinders moet skoolgaan en versorg word, staat gee toelae).  Plakkate en pamflette gaan ook uitgedeel word aan die publiek en oral in die besighede opgesit word om mense aan te moedig om nie vir die kind op straat geld of kos te gee nie want dan hou hulle die kind op straat.  Hulle is baie slegter af in die straat as by hul huise.  Al die name van die kinders op straat op die ACVV se lys het ouers of voogde in die dorp wat geld ontvang om na hul om te sien.  Daar is ook ander opsies beskikbaar indien die kinders nie ouers het nie.
  • Verwyder al die ou kunstekronkel borde in die dorp – iemand word gesoek om dit te doen.
  • Donkiekar projek – Charlton Ewerts, geregistreerde toergids.  Toerisme help vir Charlton om donkies en ‘n donkiekar te kry soda thy roetes in die dorp kan doen.  Mnr Wilkonson kan gevra word om aandag te gee aan die donkiekarre sodat dit in ‘n puik kondisie is.  Charlton beoog werkskepping, deur onder andere ‘n township toer aan te bied en toeriste te neem vir heerlike tradisionele etes in Bergsig.
  • Asblikke word benodig in Bergsig.  PetroSA het ingewillig om dromme te skenk aan Calitzdorp.  Munisipaliteit moet gevra word om dit skoon te maak.
  • Gamka uitkykpunt baie verwaarloos – Hennie, Ockie, Deon en span.  Bome, plante, asblik, ens word benodig.  Dis ‘n dorpsingang.  Calitzdorp Wynkelder kan ook gevra word vir hulp omdat dit aan hulle grond grens.
  • Pryse vir asdrom kuns projek – munisipaliteit het fondse voorsien.  Penny Rudder en Marinda Combrinck betrokke by beoordeling.  Ander kunstenaars sal ook genader word.  Maritza van Seeff wil ook betrokke wees hier.  Cheryl sal komitee saamstel, datum bekend maak vir kuns kompetisie en bekendstelling van asdromme.  Cheryl sal die lys van onderwerpe wat geverf kan word na die skole toe neem.  Kinders sal eers op papier verf en dan sal die beoordeelaars die prente kies wat op die dromme geverf moet word.
  • Strate skoonmaak tydens all pay en vir mense vertel waarom hul dit doen – Ockie Calitz, Esbé en Moira.
  • Parkeerarea agter poskantoor – Marlene Robson met Johan Fourie.  Sal ook inskakel by publieke toilette span.
  • Kardoes stoep verfraai en boomstompe oorkant Marlene se winkel verfraai met beplante wynvate – Marlene Robson.
  • NG kerksaal, gedeelte voor poskantoor – bel Marinda by kerk kantoor en hoor of hul iets kan doen om daardie gedeelte te verfraai.
  • Stiggies maak en ou buitebande beplant by AGS kerk in Bergsig – Lezelia by ACVV.

 

                        

 

BACK TO Calitzdorp