Calitzdorp

All the good about South Africans

 

                             BACK TO Calitzdorp

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

advertise your business here:

Contact Christo:

 

christo@sadogood.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Calitzdorp Droom Nuusbrief 3:

 

Op Woensdag 27 Junie 2012 het die droomspan by Spekboom Cottages bymekaar gekom om die lootsing van Calitzdorp se Droom Projek wat op 1 September 2012 sal plaasvind te bespreek.

Moira bedank James vir die gebruik van Spekboom Cottages se lokaal en vir koffie en tee wat hy voorsien. Ockie en Hennie, Marinda, Marlene en Penny word ook bedank vir die lekker eetgoed wat hul saamgebring het.

Die doel met die lootsing is om die Droom Projek aan die gemeenskap bekend te stel. Die lootsing sal afskop met ‘n optog wat sal begin by die Bergsig afrit oorkant die tip. Die SAP, brandweer, nood dienste, ACVV, skole, trompoppies en ‘n brass band sal onder andere gevra word om die optog te lei. Die res van ons sal volg met banniere wat slagspreuke uit die bloudruk aanhaal. Soos ons stap, sal ons al die rommel in die strate optel om te wys dat ons gewillig is om die omgewing skoon te hou. Almal gaan saam afstap tot by die vierkant langs die nuwe supermark in Voortrekkerstraat waar ‘n amptelike lintsny sal plaasvind. ‘n Bannier sal ook vooraf in die hoofstraat gehang word om verbygaande motoriste bewus te maak waarmee Calitzdorp besig is.

Tussen die NG kerk en die kerksaal sal stalletjies opgeslaan word. Die een groep stalletjies sal bestaan uit organisasies om die publiek bewus te maak van hul doel en dienste, bv. KANSA, ACVV, SAP, nood dienste, munisipaliteit, biblioteek, Polisie forum, brandweer, Vygieshof, Hope Options, Kliniek (vra vir gratis bloedtoetse), ens. Organisasies sal vooraf gekontak word.

Die ander groep stalletjies sal meesal kos verkoop. Mense wat graag stalletjies wil hê, moet asseblief vroegtydig vir Moira kontak (044) 2133 402 of die Toerisme kantoor (044) 2133 775, om te verseker dat almal nie dieselfde produkte verkoop nie. Die volgende voorstelle vir stalletjies is gemaak en daar is nog heelwat beskikbaar (die voorstelle sonder ‘n naam agteraan is nog beskikbaar):
 

Boereworsrolle gemaak met roosterkoek (Calitzdorp Toerisme & Mev Williams); pannekoek (KANSA - Juanita); Konfyt en ingemaak; Olywe (Nita Bailey); Koek en kolwyntjies (Ann Upman); Wit olifant tafel (Vygieshof); Sop en brood; Kerrie & rys; Vetkoek & maalvleis; Drinkgoed
Ander

In die kerksaal sal kunstenaars uitstal en Kevin sal gevra word om buite die kerksaal bome en plante van sy kwekery uit te stal.

Bydraes uit die gemeenskap vir lootsing van Droom Projek:
KANSA beplan ‘n stap deur die dorp vir die lootsing.
Vra SAP om ‘n padblokkade te hou by een van die ingange van die dorp. Pamflette kan ook daar uitgedeel word deur skool kinders om toeriste in te lig oor die gebeurtenis.
Die asblik kuns projek sal ook hierdie dag gehou word op vierkant voor nuwe supermark. Petrosa het 30 dromme geskenk vir hierdie projek – baie dankie!.
Die uitslag van die stiggie kompetisie sal ook bekend gemaak word. Die klas met die meeste stiggies sal beloon word.
Juanita Pretorius sal T-hemde vir die kinders op straat aanskaf om aan te trek terwyl hul help om die strate skoon te maak. Hul sal beloon word met lekker kos agterna.
Mnr Upman vra dat SAP meer betrokke raak by die drink probleem in strate, veral tydens “all pay”. Daar is blykbaar ‘n munisipale ordinansie waar R100 boetes uitgereik word aan persone wat drank gebruik op straat. Amptenare is reeds opgelei. Volg op met Jessica by Kannaland Munisipaliteit.
Mev Kriek vra dat verkeer skriftelik gevra moet word om te kyk na motors wat te vinnig ry in Voortrekkerstraat.
SAP voertuie wat onverskillig jaag in die strate is ook ‘n probleem, Marinda sê sy is amper omgery voor haar besigheid.
Marlene stel voor dat ons die prys oorhandig (selfoon) van die wynvatversorging-kompetisie in Voortrekkerstraat. Marlene sal Briëtte hieroor kontak omdat sy dit begin het.
Kannaland Munisipaliteit sal swartsakke voorsien vir lootsing (Jessica Fuller)

Nog terugvoer uit die gemeenskap oor projekte in die dorp:
De Krans self sal verantwoordelikheid neem vir die Gamka Wes pad van net na die draai by die stasie se ingang tot voor die brug – op gereëlde basis vullis optel, skoonhou. Hulle beplan ook ‘n projek by die huise van hul werknemers (by die ou vliegveld) om vullis te verwyder en dan skoon te hou.
Mnr. Bob Reinecke het aangebied om die straatnaamborde te herstel en vas te sit.
Anna Sophias vir die skenk van sement vir herstelwerk by AGS kerk.
Zelma en Esbe se groep het die Lutherse Kerk in Kanada gekontak om fondse te kry om onder andere 'n heining, bankie buite en verf te kry, wil ook 'n kruis op gebou aanbring en tuin mooimaak. Hulle is baie opgewonde! Hierdie groep het ook baie goeie idees met die ingange van die dorp.
Ockie Calitz se span wat die families van die mense wie begrawe is in die ou begraafplaas gaan kontak om te vra vir fondse vir instandhouding van die begraafplaas.
Retief het ‘n facebook blad oopgemaak vir die projek wat reeds baie besoek word. Dis belangrik om kommentaar te kry oor die projek. Vertel al jou vriende om by Dream 4 Calitzdorp op Facebook aan te sluit.
Ockie en Hennie kan bome kry vir ‘n baie goeie prys om aan te plant by die begrafplaas, hulle sal ons laat weet.
Suzette Pokpas se span het huidiglik reeds byna 100 swartsakke vol rommel opgetel teen die walle by die ingang van Bergsig. Mev Barry het vir die span sop voorsien. Mnr Mitchell van Bergsig wil graag die herwinning hiervan doen.
Dorpshuis het moontlik ‘n donkiekar en 2 donkies gekry vir Charlton se donkie-roete projek. Louis van Soeterus sal 50 bale voer skenk vir die donkies.
Vra oom Manie om iets te doen by die AGS kerk in Voortrekkerstraat.
Ann sal uitvind aan wie die muur behoort in Andries Pretoriusstraat net voor die skool se ingang. ‘n Tuin kan daar gemaak word en mooi graffiti oor die droom projek kan op die muur geverf word.
‘n Tuin kompetisie kan gehou word, elkeen in die dorp het die geleentheid om sy eie tuin in te skryf. Kyk na mooi Bougainvilleas oorkant Anna Sophia’s.
Mnr Frey het ook sy huis mooi opgeknap, vra om foto’s te neem.
Cheryl en Ann beplan om Calitzdorp Hoërskool te besoek om kuns-asdrom-kompetisie aan te kondig, asook om stiggie kompetisie op te volg.
Sean Nagel het pasta, koeldrank, ens. geborg om te help met sop uitdeel in Bergsig asook by die tip. Dankie Sean!
Bertus het vir ons 15 draad 'stokke' gemaak en afgelewer by Moira sodat ons die rommel in die dorp kan optel as ons gereed is .Hy sal nog maak indien ons nodig het.
Anita en Carel van der Merwe plant kruie in ou buitebande wat hulle alreeds geverf het om so hulle tuin te verfraai. Anita sal foto’s stuur.
TTT wynkelders se tuin lyk ook baie mooi op die hoek oorkant Gila.
                        

    Marlene, Juanita en Jacolene geniet ‘n koppie tee saam             Tiger van Spekboom Cottages voel ook deel van die  projek, hy geniet die aandag wat hy by Bertus en Michael kry.

 

Baie dankie aan die volgende mense wat hul besighede so mooi versorg het. Jul geboue is waarlik ‘n trots vir die dorp en ons spog graag daarmee!


KARLIENTJIES

Dis wonderlik om so ‘n vrolike prentjie te sien! Dank aan Liezel en Heinrich van Karlientjies in Calitzstraat.

 

 

DIE HANDELSHUIS

Oor die gebou:   Die Handelshuis gebou dateer uit die laat 1800's en was die hoek kafee / algemene handelaar vir die ou dorp se middelpunt. Die eerste 2 jaar is bestee aan die herstel van die binnekant van die gebou - die oorspronklike-Oregon vloere effens te skuur om nie hul skoonheid te vernietig nie en die stroop van binne hout pilare, vensterrame en deure van ongeveer 9 lae van die vorige jare se verfwerk. Ons het die gebou omskep in 'n koffiewinkel met 'n mengsel van antiekhede en retro, straal troos en sjarme van 'n vervloë era. Ons het winkel toonbanke en rakke herbou, hulle gevul met ingelegte vrugte en konfyt van plaaslike vrugte. Ons het ook ligte etes, tuisgebakte koeke 'n goeie koffie, maak jou reis na Calitzdorp goed die moeite werd.        Tracy en Peter van Die Handelshuis in Koninginstraat.

 

ROUTE 62 GALLERY

 

Voor                                                                               Na

Die galery was oorspronklik 'n winkel bedryf deur mnr Katz. Toe ons die eiendom gekoop het, was dit 'n antieke winkel bedryf deur mev du Plessis. Ons het die potensiaal gesien om dit in 'n gallery te omskep, en so het die opknappingswerk begin. Ons het die origan plafon panele verwyder wat baie beskadig was deur lek plekke in die dak en hulle geskuur om al die donker vernis te verwyder, en die pragtige origan pine te geopenbaar. Toe ons die borde vervang het het ons die balke blootgestel wat 'n heerlike eienskap geskep het. Die oorspronklike vloerplanke is voorheen vervang deur die denne en ons het dit afgeskuur en vernis met ‘n origan bevlek. Die agterste stoorplek het 'n grond vloer gehad wat ons geteel het en die ruimte in 'n klein leef area omskep, waar ek gewoon het vir die tyd wat dit neem het om my huis te bou. Die bestaande vensters in daardie area het duidelik die dikte van die mure en die tralies herinner jou aan 'n trunk, vermoedelik om voorraad veilig te hou. Luike was gebruik in die plek van glas en ons het dit gelos soos dit was. Hout boomstompe is gebruik as lateie! Daar was baie debat oor of ons die pype wat die stoep dak ondersteun moet vervang met dik houtpale aangesien daar bewyse is dat dit eens bestaan het, maar ons het besluit om die pype daar te hou aangesien hulle vir ‘n geruime tyd al daar was. Die sement stoep wat daar was, het ons uitgebrei tot by die grens en 'n lae muur opgerig om te help om die ruimte te definieer en gee ons 'n groter ruimte. Dit was 'n wonderlike ervaring om die moeë ou gebou sy trots terug te gee en die reaksie te sien van besoekers aan die gallery aangaande die pragtige ruimte wat geskep is.      Penny Rudder - Gallery Route 62.

 

Ockie Calitz en sy span:    Ockie Calitz, Blackie Badenhorst, Kim Verlinde, Erina Meiring, Bertus Jordaan en Hennie Booyens. Erina en Bertus ondersteun slegs die span.

 

     

Ou begraafplaas in Voortrekkerstraat        Ingang na begraafplaas       Ockie en Kim bespreek by die rommel probleem

 

Uit die pen van Me Blackie Badenhorst:

15 Junie 2012: ‘n Klein groepie belangstellendes ontmoet by die ou begraafplaas in die hoofstraat. Inspeksie word uitgevoer en geen tekens van vandalisme word bespeur nie. Verskillende take word op besluit:

1) Blackie sal fondse insamel en vriende van die begraafplaas werf.

2) Ockie sal ‘n ogie hou oor die begraafplaas en ‘n opname van al die Calitz grafte maak.

3) Hennie, Bertus en Kim sal hulle arbeid beskikbaar stel.

4) ‘n Geskiedkundige soos Malan Roux moet genooi word om te help.

5) ‘n Ou inwoner soos oom Oosthuizen moet genooi word om te help.

6) Daar sal banke, bome en asblikke aangebring word – vir eers net aan die hoofstraat se kant.
 

 

BACK TO Calitzdorp