Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
To advertise on this website
|
Morningstar Boomplantdag: Loslitdag
2013
.jpg)
So het ons op Loslitdag bome geplant in
Durbanville saam met passievolle kinders en die plaaslike owerheid.
Lekker! (Jan Odendaal)
(klik op fotos hieronder om groter te maak)
.............................................................................


DURBANVILLE SE SOPKOMBUIS
Dis met groot opgewondenheid dat die nuwe SOPKOMBUIS van Durbanville
gearriveer het en nou trots pronk op ons eie gronde, maar voordat
hierdie Sopkombuis in volle werking tree gaan daar eers ‘n afdak opkom
om die reën en son uit te hou en dan word daar nog ‘n groenigheid ook
geplant. Nou wag ons net vir die sop en baie hande wat kan kom help. Kontak
gerus die kerkkantoor by 021 975 6370 indien jy wil betrokke raak.
NG Kerk Durbanville;
KHAYELITSHA: Ingrid Zeelie skryf: “Baie, baie dankie aan al die
gemeentes wat met so ’n ruim hart goedere skenk vir die Khayelitsha
brandoffers. Ek en Oom Johan kan nie voorbly om die goedere af te haal
nie. Ek is bewus van die gemeentes waar daar nog goedere afgehaal moet
word en ons hoop om dit hierdie week nog te finaliseer. Ek het egter nou
weer hulp nodig met hierdie projek. Weens die wonderlike vrygewigheid
van ons gemeentes het ons hier in die sinodale kantore hope en hope
goedere wat uitgesorteer moet word.
Daar is ’n besluit geneem dat die goedere nie net by die saal afgelaai
gaan word nie, maar dat dit aan die slagoffers deur Aaron en Mavis
Makili uitgedeel gaan word, wanneer die slagoffers in hulle nuwe tuistes
intrek. Tans is daar 1900 mense wat in die saal eet, slaap en leef en
daar is nie nou plek om klere daar te gaan afpak nie. Ons wil graag die
taak vir hulle vergemaklik en die goedere mooi sorteer en in bokse na
Khayelitsha neem. Ons het egter hande nodig om hierdie goedere uit te
sorteer. Ek vra dat indien julle kerk naby aan die Sinodale kantore is,
dat julle asseblief sal vra of daar vrywilligers is wat so ’n paar ure
per dag kan kom help soos dit moontlik is. Julle hulp sal weereens baie
opreg waardeer word.” Kontak vir Ingrid by 021 957 7113 / 076 411 4778
BEHOEFTE VANAF BADISA: ‘n Vierjarige seuntjie (serebraal gestremd en
kwadrupleeg) benodig asb. dringend die volgende:
Gereelde fisioterapie (tans slegs een maal per maand by Tygerberg
Hospitaal), hy benodig baie meer as hierdie. Spraakterapie Stimulasie
(inskakeling by ‘n speelskool of dagsorg)
Die mamma se enigste bron van inkomste is ‘n Kindertoelaag (R280 per
maand). Sy ondervind ook hiermee mediese probleme wat werkspogings
strem. Die gesin bewoon tans ‘n wendyhuis. Haar vader woon ook by haar
en die ruimte is baie beperk. Dit dra by tot die seuntjie se verdere
frustrasie. Hy benodig dringende interaksie met ander kinders.
Ons wil graag ‘n noodkreet uitroep om die help in die vorm van volgende:
Fisioterapeut wat moontlik op ‘n gereelde basis gratis/ teen ‘n
verminderde fooi fisioterapie vir die seuntjie kan aanbied.
Spraakterapeut wat asb. moontik gratis/teen ‘n verminderde fooi
spraakterapie vir die seuntjie kan bied.
Finansiële borge vir ‘n dagsorg of speelskool.
Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting.
1. Die kerk vra die gemeentelede om te
help by die TYGERBERG HOSPITAAL. Dis daardie tyd van die jaar wat daar
op u liefde en goedhartigheid staat gemaak moet word vir die pakkies aan
siek en hulpbehoewende pasiënte in die Tygerberg Hospitaal. Sylvia, wie
deur ons gemeente finansieël ondersteun word, doen die geestelike
bediening onder die pasiënte daar. Die behoefte aan toiletware is maar
altyd daar en dit is waar u kan help asseblief. Die inhoud van ‘n
sodanige pakkie bestaan uit: tandeborsel, tandepasta, waslap, seep en
deodorant. Die pakkie kan in die bokse gemerk SYLVIA NENE - TYGERBERG
HOSPITAAL, wat in die portale sal wees, geplaas word. Die bokse sal
vanaf 11 November tot 9 Desember daar wees om u skenkings in te plaas.
By voorbaat baie dankie aan elkeen wat hiermee gaan help. Vir enige
navrae skakel Nana de Kock by 021 976 3618, of die kerkkantoor.
2. DURBANVILLE KINDERHUIS GHOLFDAG: Durbanville Kinderhuis se jaarlikse
Gholfdag vind op 29 November by Bellville Gholfklub plaas. Vierbal R2
800. Besprekings: Elsa Botha by 021 975 6822 of epos
ebotha@durbanvillekinderhuis.org.za.
3. GEBED VIR DIE NASIES: Dank Vader vir elke Gond wat Jesus volg, die
Bybel bestudeer en leer hoe om vir ander van Jesus te vertel. Vra God om
vir die Gond mense te wys HY is sterker as al die geeste en gode
waarvoor hulle so bang is. Vra vir duisende Gond kindjies om Jesus te
begin volg. Hy is altyd by hulle en sê: Moenie bang wees nie. Bid vir
bewaring vir die sendelinge wat onder hulle werk. Bid vir wysheid vir
die Gondi Bybel vertalers. Vra vir ‘n kerk in elke Gond dorpie.
4. TOEWYDING VAN DIE WES-KAAP AAN GOD: Byeenkoms gehou op 10 November om
14:00 by die “Grand Parade” Kaapstad – ALMAL BAIE WELKOM. Hierdie
byeenkoms word gefasiliteer deur die “South African Prayer Movement for
Change (SAPMC) en die “Institute for Christian Leadership Development (ICLD)”.
Meer besonderhede by die kerkkantoor beskikbaar.
Ek glo die liggaam van Jesus wat werklik wys hoe Jesus liefde werk en
is, kan SA verander. Gemeentes, doen goed. SA doen goed. sadogood
"Die Durbanville
Gemeente sorg, soos talle ander kerke nie net vir behoeftige lidmate nie,
maar help ook buite. So neem hul elke Sondag 'n spesiale offergawe op by
die deure vir 'n bepaalde projek. Op 15 Julie was die offergawe ten bate
van die Durbanville Kinderhuis en is R2 912.60 is ontvang. 22 Julie se
offergawe was ten bate van die Malawi. Daar is hoegenaamd geen regsplig
op die mense om te gee nie, maar hulle doen. Suid-Afrikaners doen goed
aan mekaar. Sadogood!"
Gaan loer hier en vind onder andere hulle
gereelde nuusbrief oor hul doen en late:
klik
hier
__________________________________________________________________
Die waarheid is,
Suid-Afrika is ‘n land vol draadwerk, verwaaid met vullis en bagasie. Hy
het sy slegte paaie vol slaggate. Sy bouvallige huishoudings. Vir
sommige selfs, ‘n uitsigloosheid. Maar eweneens het hy mense wat probeer
regtrek wat krom is. Nuwe brûe bou. Vrugbare saad plant. Mense wat hoë
mure oorkom en inspireer!
My komplimente dus aan ‘n webwerf wat juis die goeie wil uitlig. En my
dank en aanmoediging aan ieder en elk betrokke by die RSG Droom-projek.
RSG, ‘n besondere dankie ook aan julle in dié verband. Van jul
radioprogramme lewer ‘n omvangryke bydrae tot sekere aktuele landsake.
Sulke bewusmaking motiveer én aktiveer – julle maak van DROMERS DOENERS!
Een so ‘n nuwe RSG-program, wat ek glo ook ‘n verrykende bydrae gaan
lewer, is Groeipyne. Dit is spesiaal gerig op ouers, onderwysers en
almal betrokke by die grootmaak van kinders. Die program bied
interessante wenke en leiding wat die luisteraar toerus om kinders, van
babas tót tieners, voor te berei vir die lewe.
As ‘n mens iets oor die aanbieder daarvan wil neerpen, moet jy jouself
behoorlik op ‘n leer balanseer, so hoog word hy aangeskryf. Johan van
Lill is ‘n ervare onderwyskundige. Ook ‘n bekende skrywer van ‘n groot
verskeidenheid opvoedkundige materiaal en kinderboeke. Daarbenewens is
hy ook projekbestuurder van HIP2B², ’n maatskappy wat entoesiasme vir
wiskunde, wetenskap en tegnologie by skool leerders aanmoedig. Maar wat
verál vir my ‘n riem onder die hart is, is dat hy nie nét sy luisteraars
en lesers se kennis en insig uitbrei nie, maar hulle ook verder probeer
inspireer om goeie waardes aan ons kosbare kinders oor te dra. Baie
dankie Johan van Lill – jy tel gewis onder Suid-Afrika se GOEIE DOENERS
en jou program en ander deskundige insette word waardeer!
Ek kuier onlangs saam met my kleinniggie by haar ouma en vra haar om ‘n
leë papiertjie op te tel. Sy vou haar armpies onwillig, wyl sy
verduidelik dat sý dit nie neergegooi het nie. Toe ek haar probeer
aanspoor dat ons ons huise mooi skoon moet hou, hoor ek so reg uit die
mond van die suigeling: “Ouma se huis– Ouma se gemors!” Dink en reageer
baie van ons nie ook maar so oor ons land en erfenis nie? Dit het my
weereens laat my besef dat ‘n respek vir jou omgewing en mense, vroeg
reeds gekweek moet word.
Kom ons bou ons huis op
sterk fondamente. Begin vee voor ons eie deure, dan sal die straat skoon
kom. Kom ons vul daardie slaggate vroegtydig op. Buig daardie boompies
(met die grootste, versorgende liefde) solank hul nog jonk is. Plant
positiewe saadjies en inspireer.
Kom ons maak ook van ons kinders goeie DOENERS! Dalk ‘n klein begin,
maar kom ons droomgroot . . . en DOEN GOED!
Dankie en seënwense! T.Joubert(10.07.2012)
Johan van Lill woon in Durbanville.
Hy is ’n opvoedkundige spesialis, skrywer, radioaanbieder van verskeie
programme, veelsydige media-entrepreneur en motiveringspreker. Vir
verdere besonderhede oor sy program, Groeipyne op RSG, besoek gerus die
webberf:
www.groeipyne.co.za
|