Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
To advertise on this website
CLICK HERE
|
Klik op foto om die artikel te lees in die
plaaslike koerant
Ek is ‘n leerder in Hoërskool Outeniqua,
George. In die skool is daar verskeie portefeuljes waarvan ek die
voorsitter van die Diensleweringskomitee is. Ons het verlede jaar vir
die eerste keer ‘n rommeloptelprojek en boomplant in onderskeidelik
Blanco en Geelhoutboom geloods.
Ek was net oppad na die George Munisipaliteit vir goedkeuring vir die
jaar se projek toe ek u gesprek met mnr Pere gehoor het. Ons het
gewonder of ons by hierdie droom kan inskakel om ‘n groter impak te hê
eerder as ons eie ding te doen.
As u dink dis moontlik, kan u my asb. ‘n kontak nr of e-pos adres van
Mnr. Pere gee sodat ek met hom die gedagte kan deel.
Baie dankie vir u moeite en die werk wat u
doen.
Groete. Adriaan Louw
VRL Hoërskool Outeniqua
|
|
My
naam is Elisabeth Potgieter en ek is van
George. Ek skryf namens my moeder, Greta Gericke wat graag
met jou in aanraking wil kom m.b.t. die berig in vandag se Burger (Dinsdag
13 Maart).Ek wil graag kortliks vir jou bietjie agtergrond oor my moeder
gee veral omdat ek reken die projek wat sy op die oomblik in ons dorp
loods beslis ‘n raakpunt of wat het met die Mooimaakprojek.My moeder is
93 jaar oud (sal DV in Oktober 94 word). Sy woon al sedert 1942 (die
jaar van haar huwelik met my pa) in die distrik George en is nog steeds
op die familieplaas Die Bof woonagtig. Sy was ‘n nooi Bremer en is die
dogter van wyle Dr Karl Bremer na wie die hospitaal in Tygerberg vernoem
is. Onder haar prestasies tel die drie grade wat sy agter haar naam het
(die laaste ‘n MA-graad wat sy cum laude op 80 jaar verwerf het), die
toekenning van “Mees inspirerende vrou in die Suid-Kaap” sowat 3 jaar
gelede, en nog vele ander, ook op sportgebied. My pa was ‘n bekende
natuurkundige en het o.m. ‘n uitgebreide veldblom- en fynboskwekery
gehad. Vandaar ma se kennis en liefde vir bewaring en vir ons eie
inheemse plantegroei.Sowat drie jaar gelede het my moeder besluit om as
deel van George se 200-jarige vieringe (2011) te begin om die middedorp
met malvas te verfraai. Die rede vir die malvas is dat dit inheems aan
ons omgewing is, redelik gehard en baie kleurvol. Sy het ‘n proses aan
die gang gesit waarvoor sy BAIE min ondersteuning gekry het…hoofsaaklik
van een of twee persone, minste van almal die owerhede …maar sy volhard
en daar is dele van die middedorp wat al baie mooi begin lyk. Hoewel dit
by tye uiters frustrerend is om haar lofwaardige poging so sonder
aanmoediging vol te hou is sy vasbeslote om dit nie te laat vaar nie…dus
sal jy haar dikwels op die middelmannetjies van ons hoofstraat of voor
ons toerismeburo kry, besig om haar malvas te versorg of om aan te
plant.Persoonlik dink ek sy moet ‘n medalje kry, maar wat haar die
meeste sal help is HANDE! My skrywe aan jou is bloot maar om die
droom van dorp-verfraaiing met julle span te
deel en darem vir julle te laat weet dat daar ‘n baie besonderse, baie
bejaarde, baie groothartige en versiende dame is wat op haar beskeie
manier bydra tot die orde, netheid en skoonheid van haar omgewing en ook
om te dien as inspirasie vir mense van alle ouderdomme rondom haar. Sy
is kosbaar vir haar baie groot familie en reuse-vriendekring en ons
vertrou dat sy nog lank vir ons gespaar sal bly.Beste wense en sterkte
met jul lofwaardige projek!
|