|
|
|
Jefffeysbaai All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
JEFFREYSBAAI DROOMNUUS, 19 November 2013
Gedurende die vakansie wil ons die geboue uitverf en funksioneel maak sodat ons met trots die saal vir gemeenskapsaktiwiteite kan gebruik. Maar ons het jou hulp nodig! more info
JEFFREYSBAAI DROOMNUUS, 4 November 2013
Droom 2013 snel nou na sy hoogtepunt op 16 Desember met die onthulling van die Brander Beeld en die Straatkarnaval. Soria het na ‘n suksesvolle voorlegging, amptelik en entoesiastiese goedkeuring by die Raad gekry. Dankie aan almal wat met welwillendheid en meelewing die Drome inisiatiewe ondersteun. more info
Droom nuus 22 Oktober 2013
Waarheen met die Jeffreysbaai Dorp van Drome? Ek het onlangs stimulerende en uiteenlopende gesprekke gehad oor die rigting wat ons met die Droom moet inslaan. Die benadering wat ons grootliks volg is dat die Droom informeel bedryf word met minimum struktuur. ’n Dromer identifiseer ’n projek en voer dit sonder veel trompetgeskal uit. So ’n Dromer is ook grootliks verantwoordelik om die bronne te bekom om die projek uit te voer met geen of minimum befondsing uit die Droom rekening.... more info
Om verhoudings en onderlinge begrip tussen al Jeffreysbaai se inwoners te versterk, het Soria Swart Droom Toere begin. Dit word elke tweede Vrydag gehou en beperk tot 10 deelnemers. Dit vertrek om 4nm vanaf die Victory4All skool, langs Ithemba in Tokyo Sexwale en sal teen 6nm klaar wees. Jou voertuig is veilig agter slot en grendel more info
Droom vergadering van 26 September se verslag klik hier
Droom Nuus: September 2013
Agter elkeen van die gesigte – en vele ander gesigte – is ‘n storie van ’n persoon met ‘n visie wat nie op leiding gewag het nie maar gesorg het dat sy Droom bewaarheid word. more info
Jeffreys Bay Dream was futured in "The Eastern Cape Mirror", November 2012. more info
Deline Swart, ons noem haar
Generaaltjie, skryf: Hoe kan ek betrokke raak?
Die besef begin posvat dat ons iets
daadwerkliks kan doen om ons Dorpie in haar eertydse glorie te herstel.
’n Klein groepie vroue en manne is besig om Jeffreysbaai reg te ruk: You
ain’t seen nothing yet!
Red ons paaie
Die meeste van Jeffreysbaai se paaie kan
gered word deur die aanwending van ’n bitumen missproei. Dit sal water
indringing keer en vir ons ’n paar jaar wen. Dit kan teen ’n fraksie van
die koste gedoen word as wat die volgende goedkoopste alternatief
naamlik ’n flodderseel, sal kos.
Ons mikpunt is om teen 4 Desember
Jeffreysbaai Droom 2012 te voltooi. Dit sal net ’n raps langer as 21
weke wees sedert ons op 4 Julie 2012 begin het.
Sonder die nodige publisiteit sal die
Droom of ’n wedren nie moontlik wees nie. Deon Goosen het die inisiatief
geneem om die Droom na Jeffreysbaai te bring. Hy behartig die media
skakeling en moet sorg dat almal wat leef en beef van die Droom weet.
Lees sy persverklaring wat hierby aangeheg is. Kontak Deon by
gjfgoosen@gmail.com of 084 444
0763
Kreatiewe mense ... Wat my die afgelope twee weke opgeval het is hoeveel Dromers daar reeds in Jeffreysbaai gewoel en gewerskaf het lank voor Theuns Coetzee ons kom toespreek het. Hulle het nou wel nie as Dromers bekend gestaan nie maar in daad die Dromer filosofie uitgeleef: om ‘n verskil in ons omgewin te maak. Mense soos JP wat die gras in Da Gama gesny het, Dries wat die Noordelike ingang versorg het, Vernon wat die pad reserwe tussen Jeffreysbaai en Astonbaai versorg. (Sien fotos hierbo) Wat ons hier vermag word wyd raak gesien en van gehoor! Jeffreysbaai Droom het baie aandag op RSG gekry in die onderhoud wat Amoré Bekker met Theuns Coetzee, die vader van die Droom gevoer het. Droom Projekte pdf is ‘n lys van al die Drome wat reeds verwesentlik is, in proses of in die beplanningstadium is. klik hier Begin jou eie Droom of kyk by watter van die bestaande Drome kan jy inskakel! Die lys van alle dromers. klik hier Bestuurplan vir Fase1 van ons Droom. Fase 1 moet teen 4 Desember, 5 maande na ons stigting, afgehandel wees. klik hier Alhoewel daar baie werk ingegaan het om die padkaart op te stel met insette van Theuns, is dit sekerlik nie foutloos nie. Laat weet gerus wat jy daarvan dink. Uittreksels uit die e-posse wat ek van Dromers ontvang het. Leer jou mede-Dromers ken. klik hier Denise Moyles het al die Dromers op Google Earth aangebring. Baie dankie, Denise. Indien jy Google Earth (gratis!) op jou rekenaar het, dubbel-klik op Dromers.kmz en die plekmerke van die Dromers sal op Google Earth verskyn. Jy kan dan op een oogopslag sien waar jou mede Dromers bly en hulle by jou Droom betrek. As jy Google Earth toemaak, kan jy dit ‘save’
Besoek asseblief ons FaceBook en klik op
Like
Jeffreysbaai Droom groete. Ernst. Jeffreysbaai Droom – Nuusbrief
Woensdag het Theuns die Droom aan ons
bekend gestel. Saterdag het ons ons eerste Droom projek – die
verfraaiing van die parkeerarea by die Hoofstrand – aangepak en
afgehandel! Dit wil gedoen wees! Dankie aan Deon Goosen wat die
inisiatief aan die dag gelê het om Theuns te nooi en aan die Dromers wat
Saterdag ’n sukses gemaak het.
Voorspoed met die bewaarheid van u drome! _________________________________________________________________
Ons is baie opgewonde en wil graag betrokke raak.
Dis Ruby hier van Leon se e-pos af en Deon is die Hoofmeneer! |