Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more
info:
|
Kareedouw se mense maak mooi
(storie oor fotos is oppad ...)
.jpg)
(Klik op fotos om groter te maak)
_small.jpg)
_small.jpg)

DIE gemeenskap van Kareedouw het op 3
Julie 2012 met Theuns Coetzee, die stigter van die Droom projek vergader.
Die inwoners van Kareedouw het ook besluit om die algehele toestand van
hul dorp in samewerking met die Koukamma Munisipaliteit op te gradeer.
Kareedouw is relatief op standaard, maar daar is baie wat gedoen kan
word om die dorp meer aantreklik vir toerisme te maak. Die projek word
die Kareedouw Droom-projek genoem.
Die doel van die projek is om al die verskillende gemeenskappe te betrek
en om as ’n geheel saam te werk. Die uitbreidings van Uitkyk, Kagiso,
New Rest en Mountain View kort opgradering en die Kareedouw Droom wil
die Munisipaliteit bystaan om die inwoners aan te moedig om sélf hul
omgewing te verbeter. Deur die projek kan inwoners ook leer om
groentetuine te maak en hul omgewing netjies te hou en so ’n trots vir
hul omgewing aanleer.
‘n Komitee is gestig wat in ’n raadgewende hoedanigheid sal optree en
hulp verleen waar nodig. Die volgende projekte is reeds geïdentifiseer
waaraan onmiddellik aandag gegee gaan word:
1. Die hoofstraat, Route R62, gaan in samewerking met SANRAL opgradeer
word. Bome sal langs die hoofstraat en in ander strate aangeplant word.
2. Die sakekern van Kareedouw gaan opgradeer word deur netjiese
staanplekke vir die smouse op te rig met rusbanke, bome en vullisdromme.
3. Die skole in Kareedouw en omgewing gaan betrek word by projekte soos
bv om inheemse bome te kweek van steggies en om ‘n terrain voor die
skoolkoshuis van Paul Sauer Hoerskool in ‘n park met wandelpaaie te
omskep. Kinders kan voorstelle maak oor verbeteringe wat aangebring kan
word op hulle onderskeie skool terreine en die uitvoerbaarheid daarvan
sal ondersoek word. Leerlinge sal self moet toesien dat sulke projekte
uitgevoer en voltooi word. Die komitee sal bystand verleen waar nodig.
4. Die eerste projek wat gedurende Augustus aangepak gaan word is die
verbetering van die westelike ingang van die dorp.
Die struktuur plan van die Droom projek word op 16 Julie 2012 aan die
Koukamma Munisipaliteit voorgele vir goedkeuring en samewerking.
|