|
|
|
Kriel All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Ons (KGT) neem aan ‘n hindernis-wedloop
deel (“Ek wonder wat my hinder. Daars onrus ….”). Nee, alhoewel ons nie
meer verras kan word nie, is ons positief.
KGT (Melanie van der Heyde)
Dit is vir my wonderlik om te weet daar is mense met soveel “GUTS” .Dit
steek my dwars in die krop om te sien hoe ons dorp agteruit gaan.Ek wil
al so lankal iets probeer doen om dinge te verander.Ek sal graag van jou
idees wil kry om dieselfde in ons dorp te doen. Ek bly in
Kriel,
naby Secunda, Witbank en Bethal.Baie voorspoed vir jou wonderlike
idees.Hoor graag van jou.Lekker dag. Ek het darem al begin maar wil nou die swart gemeenskap betrek. Hulle is die mense wat met die grootste probleme sit.Ek het die stadsraad mal gemaak oor gate in die paaie en drains waar die staal deksels gesteel is. Ek het so tekere gegaan en op die ou end met `n blanke man gepraat wat eers die foon in my ore neergegooi het maar toe na my huis gekom het nadat ek hom terug gebel het en gesę het niemand gooi die foon in my ore neer nie.Ek besef hulle dilemma, my suster werk ook vir die stadsraad en hulle hande is afgekap.Hy en ek is nou eintlik vriende want die volgende dag het hy die teerpaaie wat nou grond paaie is reggemaak waar dit die ergste was. Ek sal dit waardeer as jy die inligting kan aanstuur, ek ondersteun jou volkome. Ons het meer mense soos jy nodig.Lekker dag. Rina
|