|
|
|
Nylstroom All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info: advertise your business here Contact Christo:
|
My naam is Ben Greeff en ek bly in
Nylstroom of te wel Modimolle. Ek en ‘n kollega het in November 2010
begin met die uitroei van uitheemse plante en bomein en om die Klein Nyl
rivier wat die bo-loop van die Nylsvlei uitmaak. Die Nylsvlei is ‘n
geregistreerde RAMSAR gebied maar die besoedeling van ons riviere
bedreig nie net die akwatiese lewe nie, maar ontneem die gemeenskap
vanNylstroom en omgewing van een van ons waardevolste natuurlike bates.
Soos julle ook in julle praatjie vanaf die KKNK opgemerk het, is die
gemeenskap maar redelik apaties teenoor die hele situasie en kry ons
weinig samewerking of ondersteuning in ons projek. Die potensiaal van
die rivier en omliggende landskap is ongelooflik en skep soveel
moontlikhede vir rekreasie en opvoedkunde innatuurlewe. Die probleem is
egter dat die rivier deur rou riool en afvalbesoedel word en dat ons
geen wetstoepassing kan aktiveer nie. Dis hier waarons dringend hulp
nodig het. As ons net genoeg druk op die plaaslike owerheid kan plaas om
hulle verantwoordelikheid in die verband na te kom, kan ons die saak wen
en vordering maak. |