|
|
|
Pretoria All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Thabita
Toe Riaan voorstel ons kry ‘n foto vir die webtuiste het ‘n klomp gemengde gedagtes my gevul. Hoe sou so ‘n familie voel as ek so iets versoek, en dan nog toestemming ook vra om iets oor hulle te skryf? Dalk is hulle al so moeg vir starendes; dalk het hulle al ‘n sterk dosis negatiewe kommentaar gehad en nie lus vir verdere blootstelling nie. Sondagoggend sien ek Mimie stap na die oord se restaurant. Hulle maak reg om te vertrek. Mimie lyk vars, ontspanne en vol vrede. Ek staar haar agterna; nie moed om haar te vra nie. Ek stap terug na ons kampplek. Minute later kom die pa van die familie onwetend met sy bussie reg voor ons tent staan en wag vir sy seun se voertuig. Dis so duidelik. Nou het ek nie meer ‘n verskoning nie. Ek skraap moed bymekaar en gaan vra of hul sal omgee vir ‘n foto. “Ek sal vra” antwoord hy sonder om enige emosie deur te gee. Nou twyfel ek eers. Ek en Riaan stap na die restaurant. Ons gaan nie nou omdraai nie; ons het ons voet hierin gesit, maar … hoe gaan hul tog reageer? Toe ons die restaurant instap sit hulle 2 tafels vol – 3 geslagte vrolike mense. Die spontane warmte verras my. Hulle is sommer gereed vir die foto en stap al babbellend na buite. Riaan neem die foto met sy gebruiklike “3-2-1” telling, en almal lag op “stink sokkiessss”. Almal praat, skud blad, skerts en ruil foon nommers uit. Sekondes later laat weet die kelner hul kos is gereed en daar is almal terug tafels toe. Ek gee die sprankelende Thabita ‘n druk net voor sy instap. Wat ‘n mens. Ons word hartlik genooi om by hulle te kom kuier in Pretoria. Ek en Riaan kyk vir mekaar. Wow! Wat ‘n vibe lieflike klomp. My hart is vol. Ek moes gedink het: As Hy jou vrygemaak het, is jy waarlik vry. As Hy jou gesond gemaak het, is jy waarlik gesond. SA neem kennis van hierdie besonderse gesin! Suid-Afrikaners doen goed. Sadogood. ____________________________________________________________ Ek wil graag 'n verskil in my omgewing maak. Soos by bv. die park naby my opknap en skoon hou vir misdaad bekamping ens.Ek bly in Clubview Centurion.Hoor graag van jou Baie dankie Dawie Lamprecht dawie@tensile.co.za |