|
|
|
Rietbron All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info: advertise your business here Contact Christo: |
Graag wil ek namens ons dorpie ook kers opsteek by jou. Ons het juis vanoggend 'n vergadering gehad om ons dorpie, Rietbron, ook "op die map" te plaas. Rietbron is 'n klein dorpie in die middel tussen Beaufort-Wes en Willowmore op die R322. Ons is so 11 km buite die Wes-Kaap se grens in die Oos-Kaap geleë. Jy kan ons ook van die N12 af bereik as jyongeveer halfpad tussen Oudtshoorn en Beaufort-Wes oos draai vanaf die N12. Min mense weet van ons bestaan. Gewoonlik net die wat familie hier het of toevallig hier deurgery het. Ons het op 1 Augustus ons eerste vergadering gehou om toerisme in ons omgewing te bevorder en mense na ons gebied te lok. Ek is nou juis besig om die notule te tik toe Amoré Bekker oor RSG jou e-pos-adres verskaf. Ek was veral beïndruk toe ek verneem dat jul selfs die skole kon betrek. Dis maklik om individue te betrek, maar een skoolhoof het my in soveel woorde gesê wat die skool nou by toerisme kan baat.Baie dankie Christine Snyman Sekretaris Rietbron Toerismeforum prutkraal@telkomsa.net |