|
|
|
Uitenhage All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Lekker om van jou te hoor! Julle kan altyd probeer - waar daar `n wil is, is daar `n weg! Dink julle sal beslis `n veearts en `n DBV of ander groep aan julle kant moet hê. Nie een van ons is opgelei in die veld nie. Ons wil nog graag bystaan met operasies en dalk `n tipe `noodhulp` vir diere ook doen om meer te leer, maar die TYD is so MIN!!! Ons maak staat op die DBV en veearts van Uitenhage. Hulle is 60km van ons - dit is `n frustrasie, maar is beter as niks! Ons is nie perfek nie en leer elke dag iets nuuts. Die frustrasies is om prosedures, planne en stelsels in plek te kry. Laat weet as jy kans sien om te begin - het darem heelwat kontakte wat kan raad gee en ons sal graag help waar kan. Hoop nie van die wal in die sloot nie, hoor!! Aangeheg is wat als die moeite werd maak. Prins was mishandel en wild - ons het ons simpel gesukkel om hom te vang en aan te keer. Sy gees was so te sê gebreek en ons kon skaars naby hom kom. Nou is hy hopeloos bederf! Mooi bly en groete Ulrica Stiemie ulrica@srvalley.co.za
|