|
Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
To advertise on this website
CLICK HERE |
Utrecht is ‘n dorp in
Noord-Natal. Dit is ‘n goeie halfweg tussen Johannesburg/Pretoria en die
Noordkus. Dit is ook naby Bloedrivier.
Die dorp is omring met berge en is einlik deel van ‘n wildpark. ‘n Dorp
in ‘n wildpark. Verlede jaar toe ons van vakansie af terugkom was ek
enmy man verskriklik bewus van die verval en agteruitgang van die dorp.
Ons hou by Vleesbaai vakansie en die kontras tussen die Kaap en Natal
was baie skerp in ons geheeue. Utrecht is eintlik ‘n baie geskiedkundige
dorp - is deel van die ou Republiek – grond wat destyds van Dingaan
gekoop is. Verder is daar nog baie ou huise en lei-vore sigbaar. Hierdie
lei-vore was nog in gebruik toe ek ‘n kind was.
Hier is ook van die grootste verskeidenheid voël soorte te sien en ons
is ook baie naby aan Wakkerstroom wat nou so bekend is as ‘n
voëlkykersparadys. Hier is ‘n verskeidenheid wildsoorte in die park en
saans wei die rooibokke, koedoes, ens tussen die huise in die dorp. Ons
bly op ‘n plaas aangrensend aan diedorp.
Dit is ontstellend om te sien hoe verwaarloos die geboue, sypaadjies,
parke, enalgemene toestand van hierdie dorp is.
Ekskryf hierdie e-pos aan U, omdat ons almal taamlik oorweldig en
negatief voel oor die dorp en of dit enigsins moontlik sal wees om ook
hierdie dorp om te keer en ‘n trotse omgewing te maak.
Dankie. Rika Davel
_________________________________________________________________
Ek en Riana Homann het die eerste
aanbieding die 16de Mei 2012, gedoen by ons Country Club. Ons het mense
persoonlik, met pamflette, sms’e genooi na die vergadering. Hulle is in
kennis gestel dat dit gaan oor die verfraaiing en verbetering van die
dorp. Ons het gehoop op 30 belangstellendes en 93 het opgedaag! Alle
rasse was daar en die munisipaliteit was ook genooi, maar het nie
opgedaag nie. Hulle het egter baie druk van hulle eie mense ontvang oor
hulle onbetrokkenheid en dus kon ons ‘n spesiale aanbieding gister die
29ste Junie vir hulle doen. Ons is goed ontvang. Die aanbieding het ons
ook na die skole geneem (Bergsigskool 7 Jun, Utrecht Hoërskool -
sekondêre grade 13 Jun, en sekondêre grade asook primêre grade die 19 de
Jun). Ons het ook ‘n spesiale aanbieding die 5de Jun by “White City” –
‘n kleurlinggemeenskap in die dorp gaan doen. Hulle is ongelooflik
entoesiasties. Ons eerste aanbieding het gegaan rondom die besoedeling
in die wêreld en dus ook in Utrecht – ons 2 hoofstrate, Van Rooyen en
Voorstraat. Daarom het ons dit soveel kere aangebied, sodat die mense
weereens BEWUS kan word van hulle omgewing en hoe dit tans lyk. Die 30ste
Mei het ons ‘n projek gekies en mense aangewys wat die projek kan lei,
bestuur en voltooi.
Die reaksie was ongelooflik. Net die volgende dag het mense begin om die
vullis in die strate op te tel. Geboue wat ons gewys het wat verwaarloos
is, het gemaak dat ander dadelik hulle eiendom begin opgradeer – bang
dat hulle besighede op die volgende skyfievertoning sal verskyn as
onversorg. Natuurlik is daar nog steeds mense (die wat dit kan bekostig)
wat nog geen samewerking tot op hede gegee het nie, maar ons is baie
positief dat dit wel later sal gebeur. Ons het vir eers die laaste
vergadering die 20 ste gegee, waarin ons ‘n paar “voor & na” foto’s gewys
het.
.jpg)
Ons 1ste projek is om ons poskantoor se aansig op te gradeer. Dit is in
die middel van ons hoofstraat en baie opsigtelik.
Die projekleier is Me Laetitia Kotze en haar helpers, Mnr Anton Snyman,
Mnr Louis du Pisani en Me Ronel Voogdt
.jpg)
Ons wil met tyd graag die 2 hoofstrate “opgradeer” en ook iets vir
“white City” daar stel.
Mense het my al gekontak vir ‘n 2de projek en ‘n derde is in die
pyplyn.Sodra dit van die grond af is, sal ek jou meer daarvan vertel met
foto’s.
Droomgroete. Rika Davel |