|
Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
To advertise on this website
CLICK HERE
|
Ons droom ook ...
Ons wil jou net
laat weet dat ons druk besig is met die beplanning rondom ons Droom
Aktiwiteite. Al die reën het ons planne om te bou en plant 'n bietjie
uitgestel, maar alles sal nog in September en Oktober plaasvind.
Ons
het om mense, veral kinders, bewus
te maak van die projek, 'n kompetisie by al die Laerskole in die distrik
geloods waarvolgens hulle 'n logo moes ontwerp vir die projek. Ons het
gevoel dat dit mense lekker vinnig
betrokke gaan kry by die projek en dat dit ook 'n lekker manier sal wees
om
die kinders in te trek. Aangeheg vind die logo wat gewen het. Ons het
gevoel dit soms ons gemeenskap en ons
doel die beste op. Villiersdorp staan bekend as die Akkedisse, ons is bekend vir ons vrugteboerdery,
jou gesin is die eerste plek waar jy moet begin bou en die muur staan
vir die opbou van jou gemeenskap.
Die eerste pojek wat ons doen begin Saterdag. Ons probeer mense in die
gemeenskap daarop wys dat jy jouself ook moet opbou en na jouself moet
kyk, want as jy positief oor jouself voel, dit sal deurspoel om jou
positief te laat voel oor jou gemeenskap en jou dorp as geheel. Ons skop
dus Saterdag 'n Villiersdorp Leef Gesond projek af, wat sal hardloop tot
einde November, waarvolgens mense inskryf vir 'n tipe "Biggest Loser"
kompetisie. In die tydperk hou ons 'n aantal pretstap en pretdrawwe, kry
bekende kokke om ons te vertel hoe om gesond kos te maak en hoe om
gesond te eet, en weeg ons elke twee weke saam om mekaar te motiveer.
Ons begin dit Saterdag met 'n lekker braaivleis, die laaste groot eet,
en rugbykyk. Verder skakel ons in met die WP Bloeddiens om bloedskenk
nog groter te maak in ons gemeenskap en beplan 'n worsbraai en trollie
resies saam met een aand se bloedskenk.
Verder het ons met die plaaslike munisipaliteit geskakel en die
samewerking van hulle kant af is uitstekend. Ons is besig om 'n parkie
te bou, gaan op 2 sypaadjies wat geteer word blombeddings bou om dit te
verfraai, gaan by die dorp se ingang 'n muurtjie bou met die dorp se
naam en stigtingsdatum op, gaan 'n blommetuin aan die begin van die dorp
vestig, gaan lanings bome aan weerskante van die pad, soos 'n mens die
dorp inkom, vestig en gaan ook daar 'n groot bord oprig om al die Droom
Projekte aan te kondig sodat almal in die gemeenskap wat wil deelneem,
kan kom help.
Ons neem fotos van al die dinge wat ons doen en sal vorentoe van die
fotos kan aanstuur saam met 'n nuusbrief sodat julle die verandering kan
sien.
Lekker dag en Droom voort.
Dirkie Viviers |