|
Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
To advertise on this website
CLICK HERE
|
Vredendal se droom
Ons het nou in alle erns begin. Die dorp
is al oral oor aan mooi word en ons mail jou die fotos. Die res het ons
groot projek van iemand se droom verwenslik begin in 'n pragtige ou
parkie. Die meisie Maretha het ons gekontak toe sy ons borde in die
strate sien wat sê VREDENDAL MY DROOM DORP MAAK DIT OOK JOUNE.
Sy het gesê sy wil die parkie mooi maak soos sy onthou uit haar
kinderdae! En dan wil sy dit omhein
hê sodat ons viervoet vriende ook daar kan speel! So gesê so gedaan en
die droom span het die parkie op 'n lekker koel dag betrek en begin
onkruid ullis bosse alles verwyder saam met 'n span van Korrektiewe
dienste wat ons ongelukkig nie kon afneem nie.
Dit was so lekker! Die volgende been is om 'n heerlike PARKIE BRAAI te
hou 8 Sept waar ons worsbroodjies gaan verkoop om geld te kry vir ons
projek!
Die manne van Namaquawines plaaslike wynkelder sal vir ons braai en ons
sal verkoop. Ook sal ons 40 Dromme wat geskenk is met ons slagspreuk
verf om oral in die dorp geplaas te word vir ons hou die dorp Skoon
projek!
Ai dis lekker om 'n droom te sien gebeur! Santie

Klik op foto om groter te maak en artikel
in Ons Kontrei te lees.
|