|
|
|
Warden All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Gaan jou op jou naam noem want agv jou geselsies oor die radio voel dit asof ek jou ken. My dorp is Warden in die Oos Vrystaat, hoewel ons op ‘n plaas ongeveer 25km daarvan woon. Tussen Warden en Vrede.Aan die begin van die jaar nogal hoop gehad om dit te rehabiliteer. ‘n Vriendin en haar man het vir hulle kinders iewers in Amerika gaan kuier, dit was begin Meimaand. Sy vertel toe dat daar in die dorpie kry almal ‘n area waarvoor hulle verantwoordelik is: sorg dat daar blommetjies geplant en opgepas word, monumente bv versorg word ens. Tot die kinders moet help.Ek is ‘n VLU ,tannie’ en wou met my Gemeenskap vergadering dat sy ons meer daaroor inlig en vertel hoe dit gedoen word. Wou ons dorpie ook weer verfraai. MAAR- my droom het plat geval en begeerte is vernietig. Is in algehele magteloosheid/moedeloosheid- kry nie die regte woorde om my gevoel te beskryf nie.In die proses van opbou is die helfte van die hoofstraat se teer vanaf die ingang tot regdeur bo uit weggeskraap. Tewyl dit gedoen was het mens nie geweet waar om te ry nie, dwarsstrate is toegesit en kort-kort verander, ‘n verskriklike frustrasie; en ek ervaar dit net een maal per week. Fliks gevorder en ek kon nooit wag om te sien hoe daar gevorder is nie.Maar helaas, hoor werk is gestaak –doel was om stene te lê ipv teer- dis nie reggedoen nie –werk weke terug gestaak, en iemand? is weg met die geld. Lank was die boonste in/uitgang verspêr, toe is gesê mag nie gebeur nie; maak oop, maar –kan jy glo: net enkel spasie, en dis op ‘n draai. Dis só pateties, kan net lag, anders sal mens een of ander aanval kry. Duur nou al ‘n paar maande.My man was vandag dorptoe en sê hulle ,klip’ –gruis- nou daardie deel. Ek sal my kop op ‘n blok sit –en ek’s baie lief vir my kop- dat daar nie NOG ‘n dorp in SA is wat in so ‘n toestand is nie. Nou die dag gesê kan net draad omspan en as afvalstortingsterrein gebruik. Ek is nie van nature pessimisties nie maar hierdie ding het my heel onder; ek sien GEEN uitkoms óf selfs verbetering nie!!!!!!!!!!!!! Jammer so in jou ore gekerm, maar ek voel beter. Jy was altyd so insprerend, vol moed en entoesiasties dat ek nie anders kan om ook so te voel nie. Sal sien hoe die pad se herstel dank an mens verder beplan. Groete en hoop ek kan oor ‘n jaar positiewe verslag doen. Het boodskap op my selfoon gestoor; as ek nog hiet woon en gesond is, sal beslis van my laat hoor. |