Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more
info:
|
Tania van de Merwe se
skoolhoof, Lana Marais, het hierdie mooi storie ingestuur.
Ons skool is in Citrusdal en hierdie puik Juffrou van ons is November
2012 gekies as Wes-Kaap se Onderwyseres van die Jaar en daarna het al
die provinsies in Johannesburg teen mekaar meegeding en het ons Juffrou
as Suid-Afrika se Beste Vroeë
Kind Ontwikkeling Juffrou van die Jaar van
SA die titel gewen!!!!! Dit was Woensdagaand (30 Januarie 2013) op
Kwêla!
Tania van der Merwe is op 18 Februarie 1981 gebore te Stellenbosch hospitaal.
Sy is die oudste van twee kinders. Haar broer, Ernst Moller, is twee jaar
jonger as sy, getroud en woon tans in Johannesburg. Haar ouers Wouter en
Hannetjie Moller is steeds woonagtig op Stellenbosch. Hul was nog altyd
ouers wat net die beste vir hul kinders wou hê
en gee. Hul het hul
kinders geleer om hard te werk vir dit wat jy graag wil bereik en om
voluit te lewe en 'n sukses daarvan te maak. Hulle is met goeie en
sterk christelike waardes opgevoed en is vandag nog baie betrokke en
ondersteunend in dit wat hulle as gesin aanpak of bereik.
Tania was in Laerskool Eikestad in Stellenbosch en daar het sy aan
verskeie sportsoorte deelgeneem, onder andere eerstespan tennis en netbal.
Sy het ook Boland kleure verower in gimnastiek en tennis. Op
kultuurgebied was sy Maria in hul graad R konsert, latere jare het sy
koor gesing en was ook betrokke by die dorp se Voortrekkers. Sy
het ook op die skool se leerlingraad gedien.
Tania was in Hoërskool Stellenbosch. Daar was
sy ook altyd betrokke by
verskeie aktiwiteite, naamlik eerstespan netbal en tennis, asook vir Boland
tennis gespeel. Na matriek het sy haar vier jaar B-Ed graad in
grondslagfase by die Kaapse Technicon Wellington Kampus voltooi. In haar derde jaar was
sy 'n HK-lid van Huis Murray en in haar vierde jaar
onder-primaria.
Na haar studies het sy haar onderwysloopbaan begin by Laerskool Eikestad
te Stellenbosch. Haar graad R onderwyseres, me Mariaan Hugo, was toe
haar kollega en die helfte van die personeel by die skool het haar
onderrig toe sy daar in die skool was. Daar het sy vir drie jaar graad R
onderrig. Toe word sy en Philip verloof en einde 2006 het hul
trouklokkies gelui. Toe verlaat sy haar geboorte dorp en trek Citrusdal
toe...
Tania vertel self verder:
Toe ek hierheen getrek het was daar nie 'n permanente pos by die skole
beskikbaar nie. Philip sê
toe ek moenie my bekommer nie, ons kry sommer vir haar 'n "kantoorwerkie".
Ek se toe vir hom...: "Neeee, jy verstaan nie mooi nie...ek is nie 'n "kantoormens"
nie! Ek WIL met kinders werk." Die kort en lank is ...ons begin toe 'n
Nasorg, genaamd Kabouterland Nasorg. Daar het ek 35 leerders vanaf die
ouderdom drie jaar tot 13 jaar. Ek help die leerders met hul huiswerk,
verleen hulp met die leer van toetse, eksamens en sien ook toe dat hul
by hul sport- en kultuuraktiwiteite kom.
Intussen het ek ma geword van twee pragtige woelwater dogtertjies, Nina
4 jaar en Mieke 2 jaar. Drie jaar gelede het mev Lana Marais van Haasbekkies
Kleuterskool my genader vir 'n 3-4 jaar pos. Ek kon hierdie geleentheid
nie deur my vingers laat glip nie. Dus is ek in die oggend juffrou vir
3-4 jariges by Haasbekkies Kleuterskool en in die middae die
Nasorg-tannie.
By Haasbekkies Kleuterskool is ek in beheer van ons "klein departement".
Ek neem die leiding tydens ons weeklikse beplanning. Ek is in beheer van
ons skool se fondsinsamelings en dien ook op die beheerraad. Elke juffrou
volg elke dag 'n vasgestelde dagprogram en word ons kinders deur speel
gestimuleer op verskillende wyses en vlakke, bv; sosiaal, kognitief, motories
en ook kind in totaliteit.
In 2012 het my personeel my genomineer om in te skryf vir die "ABSA
Vroeë
Kind Ontwikkeling" kompetisie. Met GROOT verbasing is ek toe uit
250 inskrywings van die Wes-Kaap een van 5 finaliste. In Oktober by 'n aangeleentheid by Riverclub in Kaapstad is ek aangewys as die Wes-Kaap
wenner. Daarna het agt provinsies se wenners byeengekom by Thaba Ya
Batwana buite Johannesburg. Ons was sestien vroue wat daar gebly het en
die week saam spandeer het. Ons is regtig soos koninginne behandel deur
die mooiste blyplekke, die lekkerste kos, geskenkpakkies, 'n spa
masering en 'n uitstappie na 'n winkelsentrum.
Elke persoon moes 'n voorlegging doen voor 'n paneel van vyf
beoordeellaaars. Ek het my voorlegging begin met 'n "slide show" van my
Skool, Nasorg en gemeenskapsprojekte waarby ek betrokke is of was, gevolg
deur 'n mondelinge toespraak. Die Donderdagaand was die 'ghala'
aangeleentheid waar al die wenners van elke katogorie aangekondig is. En
daar is ek as "ECD Practitioner of the year" aangewys.
Toekomsplanne??? Om eerlik te wees leef ek elke dag asof dit my laaste
dag sou wees. Ek gryp elke geleentheid aan wat my Liewe Vader oor my
pad stuur en probeer om voluit te lewe! My passie vir kinders kom vanuit
my hart en ek glo regtigwaar dis 'n gawe wat God vir my gegee het om met
kinders te KAN en WIL werk. My werk is vir my soos 'n stokperdjie. Ek se
altyd om te onderrig is nie 'n beroep nie, maar 'n roeping. My elke doel
is om 'n klein verskil in 'n kind se lewe te kan maak, met die hoop dat
eendag wanneer daardie kind 'n volwassene is dit 'n groot verskil in sy/haar
lewe sal maak.
En laaste, maar nie die minste...bly ek 'n lewensmaat vir my man,
Philip en 'n ma vir my twee sonskyn
dogtertjies.
Geluk
Tania!!!! |