|
|
|
Rustenburg All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
To advertise on this website
|
Ons het op 8 Augustus 'n Movie Night" by Laerskool Protea Park se gestremde klassie gehou. Daar is 22 gestremde kids, van hul kom nooit in 'n movie nie as gevolg van hul gestremdheid. Die juffrou het vir die movie en popcorn gesorg, Jomarie Volschenk het vir elke kind 'n lekkergoed pakkie gemaak met chips, koeldrank en baie sweets. Ek en Martyn het vir elke kind 'n Pillow Pal uitgedeel, sjoe dit was 'n ondervinding wat nie net aan jou hart geraak het nie, maar het mens geestelik verryk. (Klik op fotos hieronder om groter te maak)
Pillow Pals:
Weens die kanker kon sy egter nie met haar loopbaan aangaan nie en het daarom om mediese redes afgetree. Mettertyd sou sy die kanker oorwin en het uit haar siekbed opgestaan. Weens die chemo-terapie was haar vingerpunte dood en ongevoelig. Dit is toe dat sy besluit het sy moet iets doen om die bloedsomloop in haar vingers terug te kry. "Pillow Pals" het sy ontstaan gehad. Linda maak kussings vir kinders van kinderhuise met die doel om hulle lewens op te vrolik. Linda sê dat die gevoel wat sy ervaar as sy die kinders se blink ogies sien en die liefde wat sy terug ontvang alles die moeite werd maak. Weens die sensitiwiteit rondom die identiteit van kinders in kinderhuise en regeringsregulasies kan ons ongelukkig nie fotos plaas van die kinders nie. Indien julle met Linda kontak wil maak is julle welkom om haar te epos. Linda sal verseker reageer op julle eposse. Epos haar na: allbonds@telkomsa.net.
Op die foto hierbo sit Linda tussen haar "Pillow Pals" wat reeds afgegee is by kinderhuise. So kan ons elkeen 'n verskil maak aan ander mense se lewens, en soveel te meer as dit 'n kind is. Dankie Linda. |