|
|
| Media dekking |
Back to Droom |
|
Artikel in Tuis (klik op artikel om groter te maak) Landbou Weekblad (klik op berig om groter te maak) Berigte in Blanco se plaaslike koerant (klik op berig om groter te maak) ____________________________________________________________________ Berig oor Potchefstroom in Noordwes-Beeld (klik op berig om groter te maak) ___________________________________________________________________ DIE DROOM IN HUISGENOOT 2012 klik hier
|
|
Die Droom in Huisgenoot: klik hier
Kwela insetsel oor Bonnievale droom (klik hier) Die bekendstelling van die Droom SA by KKNK 2012: RSG se Droom vir Suid-Afrika projek, wat die verfraaiing van dorpe landwyd ten doel het, word tydens vanjaar se Absa KKNK van stapel gestuur. “Die projek word op 2 April tussen 16:00 en 17:00 op die RSG-verhoog van stapel gestuur,” het Amore Bekker van Tjailatyd op RSG gister gese. “Dr. Dave Pepler, groen ghoeroe van die Universiteit van Stellenbosch, mnr. Chris van de Rheede van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en ‘n bekende kunstenaar wie se naam ons nie nou al wil bekend maak nie, gaan saam met my op die verhoog wees om die Droom vir Suid-Afrika amptelik af te skop.”Droom vir Bonnievale, ‘n loodsprojek wat deur mnr. Theuns Coetzee van die Wes-Kaapse dorpie gedryf word, lok landwyd positiewe reaksie uit.“Na aanleiding van die Droom vir Bonnievale bel en skryf mense van oral in Suid-Afrika en selfs Namibie dat hulle so geinspireer is deur wat in Bonnievale gebeur dat hulle ook hul vuil, verwaarloosde dorpe wil opknap.“Dit is goed vir 'n mens se gemoed as ons in ‘n mooi omgewing is en dit is deur navorsing bewys dat moraliteit beinvloed word deur omgewing. Misdaad neem af en omdat toeriste graag mooi dorpe besoek, word werk geskep tot die hele gemeenskap se voordeel.“Ons wil almal ‘n betekenisvolle lewe lei, en om ‘n boom te plant beteken dat ‘n mens hoop vir die toekoms het."Die projek waarvoor dorpe landswyd kan inskryf, sal oor sewe maande strek, waarna die Droomdorp aangewys sal word. Inskrywingsvorms sal tydens die KKNK in die Trapsuutjies-tent by die De Jager-sportkompleks beskikbaar wees. Bekker en Coetzee sal ook daar teenwoordig wees om te verduidelik hoe die droom in Bonnievale verwesenlik is. “Ons verskaf die bloudruk vir inwoners van dorpe wat vir hulle riglyne gee oor hoe om hul eie dorpe op te knap.”Vir meer inligting, luister Maandagmiddae om 15:40 na Bekker se gesprekke op RSG oor die Droom vir Suid-Afrika. Kontak Theuns Coetzee by theunscoetzee@gmail.com
Tisha Steyn Brief geplaas in Die Burger 13/03/2012
|
|
Beaufort-Wes se Waterdoom Droom laai 1.5 miljoen liter water oor 'n afstand van 120 000km in een maand in Beaufort-Wes af en dit danksy die samewerking van die gemeenskap van ons land. Klik op skakels vir meer informasie: Links pending |