![]()
Droom
All the good about South Africans
|
|
[Home] [Related links] [Droom] [Contact Us] [Towns and Cities] [Riaan's Blog] [Hanlie's Blog] [Droom Photo Gallery]
|
||||
|
Bonnievale Drome Amore Bekker Theuns Coetzee
Kwela insetsel oor Bonnievale droom (klik
hier)
|
||||
|
Droom Nuusbrief: November 2013
Goeie dag al die dromers van reg oor die land, ek kan nie vir julle beskryf hoe trots ons almal nou is nie. Ek moet toegee ons twee dorpe wat die voortoon voer is Outjo en Jeffereys Bay, met ‘n string ander dorpe kort op hul hakke. Maar ons is nie in kompetisie met mekaar nie, eerder met onsself. As jy jou die taak gestel het om net een gebou te verf, dan is dit goed so. As jy kans gesien het vir ‘n hele dorp, dan is dit ook goed so. Die punt is dat beide die persone gesorg het vir ‘n verbetering in die land van ons. More info
Droom Nuusbrief: September 2013
Almal is stadig maar seker besig om hul uit die winter se greep los te woel, sommige het natuurlik regdeur die winter gewoel. Dit is wat die Droom so maklik maak, almal pas dit aan hul eie spesifieke behoeftes. Gedurende die koue winter was ons op Kuruman, Prins Afred Hamlet, Ladismith, en Wolseley, en wonderlike entoesiastiese mense ontmoet. In Prins Alfred Hamlet het ons selfs ‘n Chinese winkel eienaar by die vergadering gehad. Nog ‘n eerste. Elkeen van hulle is gerat om die uitdagings van die pragtige land van ons, breëbors aan te pak. Wat dit natuurlik vir my maklik maak, was dat ek voorbeelde van elke liewe dorp wat deelneem in die voorleggings kon wys. Julle dra dus almal by tot die positiewe invloed wat ons op die nuwe dorpe het, dankie aan almal. Ons is ook om hulp genader uit al die uithoeke van ons land, van Keetmanshoop tot Wit Rivier in die Noorde. Hierdie dorpe is nou op ons databasis en ons sal hulle vordering ook aan julle deurgee. more info
Artikel in Tuis (klik op artikel om groter te maak)
Droom 2013: As jy ‘n Dromer is en weet wat aan die gebeur is, of jy staar verwonderd na die pogings wat deur gewone Suid –Afrikaners aangepak word. Ons vra nie aan wie of wat jy behoort nie, jy bly ‘n Suid Afrikaner en jy moet help om weer trots in ons as nasie aan te wakker.......
Droom se saadjie wat in 2006 hier in Bonnievale geplant was, het ons gevat om steggies te maak, dit is uitgedeel aan elke dorp met dieselfde aspirasies. Vanaf verlede jaar se beskeie begin op die KKNK verhoog, het ons gegroei tot ‘n netwerk van 60 dorpe en ons groei nogsteeds. Wat my persoonlik gerusstel, is dat almal nou ‘n bydrae lewer om ‘n beter toekoms vir ons kinders te verseker. Die Droom moet aan ieder en elk van ons gewone mense soos hierbo opgedra word wat al ‘n verskil gemaak het. Dit is waaroor dit als gaan, die Droom is wat jy daarvan maak. more info Droom Nuusbrief 19 Ons staan nou aan die einde van 2012 met die hele land vol Dromers. Dit is verstommend om te sien wat als in een jaar vermag is, en het selfs my wildste drome oortref. Droom se groot sukses is dat ons mensetrots as ‘n ekonomiese eenheid beskou en dat die dividende baie meer oplewer met veel minder insette.
Verskeie instansies skud hul kop oor hoe en waarom die Droom so suksesvol is .... Hoe kan so 'n groot projek met meer as sestig dorpe, beheer en bedryf word deur die onderskeie gemeenskappe. Dan praat ons nie eens van die bestuur en onderskeie netwerke nie. Die “Droom” bestaan dan nie eers nie, daar is nie eens ‘n konstitusie van ‘n dag oud nie. Hoe beheer julle al die mense, hoe sien julle toe dat hul als doen, niemand word dan betaal nie? Inteendeel die meeste Dromers skud hul eie sak ook nog. Wie is julle bemarkers om in elke dorp ‘n Droom te vestig en wie betaal hulle?
Die antwoord is doodeenvoudig, met mense,... dit is mens wat oorloë begin, dit is mens wat oorloë beeindig. Ons het vergeet dat al ons probleme eintlik mens verbonde is. Die Droom is die mense, ons werk nie met, deur of vir die mense nie. En dit is waar die sleutel van ons sukses in lê. more info
AAN :DlE MINISIPALETEID
Hallo, ek (Karien) en my boetie (Riaan) het ap7 MEI 2012 na Laerskool Park toe gestap. Ons eerste rieaksie was toe ons daar instap dat daar so baie grond is wat niemand eers gebruik nie. Ek is seker daar is nog baie geboue wat julle wil oprug in hierdie dorp? more info
As dit 'n mens nie aanraak nie... Lees ook meer hieroor by Riaan se blog. klik hier Droom Nuusbrief 18 Sou ons, ses maande terug, ooit kon droom wat nou regoor die land gebeur, moontlik kon wees?....... Toe was dit hoop, nou is dit op elke rekenaar! more info Droom Nuusbrief 17. Hierdie nuusbrief bestaan uit 4 dele: Nuusbrief 17A Nuusbrief 17B Nuusbrief 17C Nuusbrief 17D Droom Nuusbrief 15: Oktober 2012 Ons Facebook blad is op. Die adres is as volg: https://www.facebook.com/DroomDreamSa
Asseblief, ondersteun Beth se Droom SA facebook blad, sy het baie moeite gedoen en sal dit bestuur. Dit kan as ‘n wonderlike instrument gebruik word om net nog meer mense te aspireer! more info Droom Nuusbrief 13: Oktober 2012. Deel 1 Ons Droom is nou al van uit die lug sigbaar en groei weekliks. Die navrae van ander dorpe en instansies stroom ook in ... en dit is als net te danke aan wat julle alreeds vermag het. Sou ons ooit kon droom dat dit so ‘n groot impak op ons land en sy mense kon hê? Al ooit gewonder wat die impak van die gewone mens op straat is as hulle begin saamstaan? ….. As jy wonder, lees hier onder. As jy reeds weet, stuur dit aan vir dié wat nog nie weet nie. meer info Droom Nuusbrief 13: Oktober 2012. Deel 2 “Now I have responsible to teach them how to believe to themselves and encourage them at two kids from my program can make it to this school of excellent in order to inspire others. I will be very happy if I can produce a professional player; be able to get a playable sport field in my community and have Community Academy. I also want to say thanks to Miss Ulrica Stiemie and Theuns Coetzee by influencing me to start something, not always beg but do by your own in order to be able to look after or maintain what you done. Best Regard Melumzi "Masinga" Madlebe more info ________________________________________________________ G4 Strategie DIE ALGEHELE RESTOURASIE VAN DIE GEMEENSKAPPE VAN HAPPY VALLEY, MOUNTAIN VIEW, DIE PLAKKERSKAMP EN OMLIGGENDE PLAASGEBIEDE.
Die gemeenskapsgebaseerde stigting, The Valleys and Mountains Development Foundation, is sedert Februarie 2008 daarop ingestel om op verskeie maniere, deur verskillende projekte, die geïdentifiseerde gemeenskappe te bemagtig met die bevordering van hulle selfbeeld en gevoel van menswaardigheid.
Deur die Stigting se werk op voetsoolvlak in die gemeenskap het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat die verbrokkelde, disfunksionele gesinne aan die wortel van al die uitdagings lê. Die oplossing is dus om die gesinne op al die verskillende vlakke op te bou: innerlik en uiterlik. Vir dié doel moet daar gelyktydig op verskillende maniere dieselfde boodskap gekommunikeer word. more info Droom Nuusbrief 11 Ons is nou al meer as vyftig dorpe wat deelneem met nog sewe wat in September begin saam droom. Ek is nou besig om elke dorp se terugvoering en planne alfabeties te rangskik. Dit verskyn alles in Droom 12. Ek het duidelik nie geweet watter perd ek hier opgesaal het nie! Net so sal julle dit ook nog agterkom: jy raak besig, maar as jy weer sien, dan Droom jy al weer! Hierdie week heg ek twee dorpe se briewe aan (kyk na Citrusdal en Jansenville vir meer info)en beantwoord een dorp. Hier het julle ‘n mooi voorbeeld van hoe die foto’s die verskillende dorpe se vordering uitbeeld. Kyk ook na die toerisme befondsings geleentheid wat ons Droom genader het vir projekte.(klik hier) more info Droom Nuusbief 10: Vir my is dit baie belangrik om uit elke teleurstelling te leer, en dit het my laat dink…… Wat is ‘n Dromer se primêre funksie dan nou eintlik binne jou dorpsverband ? Jy kan en wil sekerlik nie als alleen vermag nie? more info Droom Nuusbief 9: Droom vir Calitzdorp is nie ‘n naam nie, dit is ‘n aksie. Geen beter voorbeeld hiervan is te sien as met die vordering wat tot dusver gemaak is met individuele projekte nie. Hierdie projekte word aangepak sonder eksterne befondsing. Dit word gedryf deur gewone mense met ‘n ongewone passievolle behoefte aan verandering en liefde vir hulle gemeenskap...
Dit was ‘n interessante begin vir my as Voorsitter— nie net vanwee Forum sake nie, maar onlangs het ‘n tornado Paul Roux net-net gemis, ons het sneeu gehad en bitter koue weer. Ten spyte van die weer het baie dinge hier in ons mooi dorpie gebeur...
Wil net graag die goeie nuus meedeel dat ons 'n afspraak met iemand by die Munisipaliteit gehad het op Dinsdag, 24 Julie. Die raadslid was verras oor die positiewe gesindheid en entoesiasme waarmee ons hierdie projekte wil aanpak. Sy't genoem dat dit die heel eerste keer is dat iemand in Kuruman 'n positiewe bydrae wil lewer. Kan jy glo? Ons is opgewonde... more info _____________________________________________________ Droom Nuusbrief 7: (Dream Newsletter 7 in English: click here ) Hallo, al julle wonderlike dromers!!!!
Baie dankie dat julle ook soos ek en Theuns, passievolle Suid Afrikaners is, en nerens heen wil trek nie, maar dit liewer hier wil beter maak.....! Dis mense soos julle wat die res van Suid Afrika hoop gee, ek glo ons is besig om geskiedenis te maak hier, kyk, dit is nie maklik nie, maar dit gee soveel betekenis aan'n mens se lewe.
Niks wat die moeite werd is, is maklik nie. (Amor é Bekker) meer info_______________________________________________
Droom 8 (data insameling). Die invul hiervan sal hoog op prys gestel word: klik hier Vul in en epos terug na Theuns asseblief: theunscoetzee@gmail.com. _____________________________________________________ Droom Nuusbrief 6: Die e-pos dokumente kom nou daagliks in van ons Droomdorpe, met ongelooflike ambisieuse projekte. Ek sal Outjo, Bonnievale, Hertzogville, Utrecht en Calitzdorp se briewe op hul eie aanstuur sodat julle kan sien hoe hulle dit doen. Ons is besig om ‘n media blad te skep op SADOGOOD. Kan julle asb alle koerantdekking insake julle Droom-aktiwiteite skandeer en vir my per e-pos aanstuur. meer info _____________________________________________________ Theuns se besoek aan Suid en Oos-Kaap, Julie 2012 Ons het so paar dorpe
gaan besoek, hoop dit gee julle weer oemf met julle beplanning. Soos
julle sal sien is daar ook nie meer gramatika en spel foute nie. Die
Droom het 'n taalkundige by gekry, dankie Johana. As julle van iemand
weet wat dit in Engels kan vertaal, laar weet asb. Ons sluit nog 'n
groot gedeelte van ons land uit deur dit net in Afrikaans te doen. Maar
soos hulle sê jy moet iewers begin. Dis nie meer ver nie dan moet ons
kommunikeer in Xhoza ook. T. Joubert skryf: Ek kuier onlangs saam met my kleinniggie by haar ouma en vra haar om ‘n leë papiertjie op te tel. Sy vou haar armpies onwillig, wyl sy verduidelik dat sý dit nie neergegooi het nie. Toe ek haar probeer aanspoor dat ons ons huise mooi skoon moet hou, hoor ek so reg uit die mond van die suigeling: “Ouma se huis– Ouma se gemors!” Dink en reageer baie van ons nie ook maar so oor ons land en erfenis nie? Dit het my weereens laat my besef dat ‘n respek vir jou omgewing en mense, vroeg reeds gekweek moet word. lees meer Ons DROOM almal saam: Niks is onmoontlik nie!
Kirkwood het met hul laaste projek die
gevangenis gebruik om die skool binne twee dae reg te ruk. |
|||
|
Nuus: Een van die gehoor (Moorresburg, Tulbagh en Piketberg) het na my toe gekom na een van die sessies en uit aspirasie die volgende stelling gemaak: "Wat in Bonnievale gebeur het is eintlik abnormaal..." Weet julle wat is eintlik abnormaal?
DAT MENSE SO DINK? Foto links: Lees ook van Tamatie met oom Theuns hier in sy groentetuin. |
||||
|
Gelukwensing
Die Droom span en Rsg
kan met trots julle gelukwens met jul entoesiasme. Ons het 'n totaal van
42 dorpe wat geregistreer het, met so twee of wat Engelse gemeenskappe
wat vir die Engelse weergawe wag. Ek wil net graag hê julle moet asb.
deur die data gaan en kyk of als reg is, en of julle wel geregistreer
is! |
||||
|
Outeniqua Uitdaging (3 April 2012): Alle besigheidsmanne van die Suid-Kaap word deur Outeniqua uitgedaag om hul skenking van bome te ewenaar of te verbeter. Al skenk elke besigheidsman net een boompie vir die Droom. John (084 474 1324) Wie sien kans vir die uitdaging? |
||||
|
Droom by KKNK 2012: Die bekendstelling van die Droom vir Suid Afrika vanaf RSG se verhoog by die KKNK was 'n groot sukses. Theuns Coetzee en Beatrice Steyn was saam met Amore Bekker op die RSG verhoog waar hulle lewendig op radio gepraat het. Die Droom stalletjie was ook besoek deur baie mense. Elvis Blue het as gaskustenaar opgetree.
Klik op foto om groter te maak |
||||
|
DIE DROOM
Droom is nie politiese beweging wat hom beywer om ons gemeenskappe in die landelike gebiede en dorpe toe te rus om hul omgewing te kan verfraai en skoon te maak. Droom beywer hom om met 'n positiewe benadering die verskeie gemeenskappe en plaaslike owerhede na ‘n gesamentlike doel te laat streef vir ‘n gesonde skoon gemeenskap. Droom fokus meer op die daad en hoe om daardie probleem op te los, en gebruik die media so ver moontlik om ons by te staan. Ongelukkig is die apatie in ons gemeenskappe baie hoog weens die aspirasies van ons hededaagse gemeenskaps kultuur om net ons eie ek om te sien. Droom wil ons gemeenskappe weer leer om te besef dat enige gemeenskap om doeltreffend te funksioneer die individu moet terugploeg na sy of haar gemeenskap. Daar moet ‘n bindende dinamika wees wat die gemeenskap bymekaar hou. Die gemeenskaps verandwoordbaarheid kom al deur die eeue aan en dit is net ons laaste twee geslagte van die moderne samelewingskultuur wat dit agterwee gelaat het.
Droom gebruik dus al die opknappings projekte om juis weer daardie saadjie van gemeenskaps verantwoordbaarheid te plant. Droom het ook nie grense nie en alle inligting word ingesamel sodat die verskillende dorpe bymekaar kan leer, en nie soos in die verlede teen mekaar kompeteer nie. Ons is verheug as ons net een persoon weer trots kan maak, dit is een meer as gister!
Navrae:
Beplanning en Logistiek: Theuns Coetzee: theunscoetzee@gmail.com.
Gemeenskapsbetrokkenheid: Beatrice Steyn: beatricekkacey@gmail.com.
Webtuiste: Christo van Lill: christo1964@gmail.com.
|
Parke om op trots wees
Betrokke gemeenskap
'n Mooi skoon dorp |
|||
[Home] [Related links] [Droom] [Contact Us] [Towns and Cities] [Riaan's Blog] [Hanlie's Blog]