![]() |
|
|
[Home] [Related links] [Droom] [Contact us] [Towns and Cities] [Riaan's Blog] [Hanlie's Blog]
|
|
|
To advertise on this webpage:
Advertensie: Theuns se vrou, Elana, bedryf ‘n pragtige gastehuis reg in die middel van Bonnievale - Telno. 082 4787 555. Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za , werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
|
|
Hoofstuk 27: Spesiaal geskryf vir Christo
|
|
|
Ek was van die begin af nie te opgewonde oor die Port Elizabeth-naweek nie. Ons moes die Infanta terug besorg teen 10 Desember en moes nog alles regkry en skoonmaak om dit te kan doen. Die wêreldbeker 7’s rugby-toernooi van 8 en 9 Desember, wat die dryf was om in Port Elizabeth oor te bly tot die oggend van die 10de was dus ongeleë, volgens my. Ek het al in Ermelo my erg krapperigheid daaroor met die Here bespreek en die saak aan Hom oorgelaat. Toe dinge dus in plek val vir die groot 7’s rugby, het ek dit dus aanvaar. Ons het sommer by my broer, Cobus, en sy vrou, Martie, tuisgegaan - en heerlik gekuier. more info |
|
|
Almal het baie uitgesien na Natal se Suidkus en daarom was die teleurstelling groot toe ons ontmoet word deur ongure weer. Dis nat en koud en die wind ruk gazebo’s uit hul penne uit. Elke nou en dan hardloop ek en Riaan om ‘n gazebo van kampeerders wat gery het vir die dag uit, te red. Wat meer is, toe ons aankom in Amanzimtoti was dit middagete-tyd en was dit, het ons gedink, ‘n KFC-rondte – mos goed om die vakansie in te lyf. Dit het later geblyk ‘n slegte idee te wees, want Riaan tel toe ‘n kiem van ‘n aard op. Die res van die week voel hy erg sleg, naar, lyfseer en koors. more info |
|
|
Hoofstuk 24: Ons verblyf in die Drakensberge was ongekompliseerd. Die 14 km stap die berg in na die George toe was een van my hoogtepunte. Die tweede aand na die eerste staptog sit ons in die gazebo en ontspan. Riaan vra elke kind watter buite-muurse aktiwiteite hy vir die volgende jaar beoog. Soos elkeen antwoord (“…en kitaar, ja en atletiek ook…”) trek my keel al hoe meer toe. Beelde van die vorige jaar se malle gejaag van een aktiwiteit na ‘n ander voel of dit smalend vir my wink. Ons het 2 jaar gevat om die besluit om uit die sisteem uit te klim te implimenteer en toe nog ‘n jaar om al die drade te knip. more info Hoofstuk 23: Vir Riaan Die tyd gaan gou verby. Soms is dit gewone woordlose ure van reis tussen bestemmings. Soms is daar besonderse oomblikke van intense belewenisse. Soms dink ek jy’s die beste en soms is ek kwaad vir jou oor ‘n onbedagsame of geirriteerde woord. Vandag wil ek dit publiek bekend maak, dat ek jou beskou as my held. Jy het my hartsbegeerte in soveel onuitspreekbare maniere kom vervul deur my hierdie jaar te laat instap in van my grootste vrese. Of dit nou die vrou se behoefte aan sekuriteit is, waar ons gaan bly, wat ons gaan eet en hoe dinge gaan uitwerk, of die menigte ander onsekerhede van die jaar. Die beste seker dat dit ok is en dat ek moet toelaat dat ander van my verskil. more info
Die eenkant wees van die jaar, was vir my baie kosbaar. Ek wil jaloers daaroor waak om dit nie te verloor nie. Dis toe dat ek lees in Murray se boek ‘laat ons toetree tot die heiligdom’, Geestelike jargon wat my troos. Daar is ‘n onsigbare ‘hide away’ wat Hy vir my toeberei het, wat ek na toe heen kan gaan om weg te kruip - al is ek in die sisteem. ‘n Plek wat ek enige tyd na toe kan gaan, wanneer ek nodig het om eenkant te wees. Ek het Angus Buchun aan ‘n skare mense hoor sê: ‘God is vir my ‘n groter realiteit as julle wat hier voor my sit.’ more info
Hoofstuk 21 Misleiding? Die sleg daarvan is dat as jy mislei word, is jy die laaste een om uit te vind daarvan. Ek is weer gekonfronteer met die vraag of daar net een fontein is. Wat maak ek met mense wat anders glo? Ek het ‘n pligsgevoel om almal (veral my kinders) op die regte pad te help en glo natuurlik my pad is die regte pad. Ek het al soveel keer in die strik getrap, dat mense se dade en woorde my benoud maak. Sonder dat ek in harte kan insien kategoriseer (dis ‘n mooier word as oordeel) ek mense, as reg of verkeerd op wat ek hoor en sien. Dis wat die gees van kritiek doen. Hy verwag om geoordeel te word volgens sy intensies, maar oordeel ander volgens hul uiterlike. more info Hoofstuk 20
Hoofstuk 19
Geld wat stom is maak nie reg wat krom is… : Ons laaste naweek op die Eiland ontmoek ek vir Miandra. Ek het die donkerkop dadelik raakgesien in die swembad, maar nooit besef met hoeveel die pragtige sportiewe mamma van 3 op haar skouers sit nie. Nadat sy opmerk dat ek die kinders self onderrig, het sy begin nader kom en vrae vra. Sy vertel haar storie van haar droom om dieselfde te doen as wat ons doen om deur SA te toer-verskil is net sy’s ‘n weduwee en haar 3 kinders is onder 10. My maag het geruk toe ek hoor dat haar man selfmoord gepleeg het oor ‘n saketransaksie wat gevou het. Miandra en haar gesin draai hul rug op Kromstraat. Hulle het eerstehands beleef watter berowing die leuen ‘geld wat stom is maak reg wat krom is’ inhou. more info Hoofstuk 18
Riaan was nog al die jare ‘n ATKV lid, maar ons het nou eers as gesin lojale besoekers (en dan groot ondersteuners) van die ATKV- oorde geword. Bederf met baie lae buite-seisoen pryse, het ons halstarrig geraak om onnodig duur te betaal vir kampeerplekke wat per kop vra, wat ons by ATKV oorde vir die hele staanplek betaal. So, ons soek hulle nou uit. Goed versorg, goed ingerig, outydse waarde vir geld. So vertrek ons dus na Klein Kariba in Bela Bela en fier daar ons 20ste huweliksherdenking en Adriaan se 16de verjaarsdag die 10 en 11de Oktober. Beide die feeste was midde majestieuse donderstorms. Vir my is die hele jaar ‘n huweliksherdenkingsfees, so ek verwag niks meer nie. Ons los egter tog die slapende kinders in die tent en gaan eet die buffet ontbyt by Klein Kariba se restaurant, die oggend van die 10de. Daar ontmoet ons 2 interessante ‘lektore’ by die kreatiwiteitseminaar. Ons gesels heerlik, Afrikaner, Jood en Indiër rondom SA se unieke uitdagings. more info Hoofstuk 17
Hoofstuk 16
Hoofstuk 15
Wat ‘n vreugde as so iemand deel is van jou lewe. Ek bid dit toe vir my kinders en dit is wat ons hier in Gauteng kom beleef het. Van die begin af was die hele toer gemik om Augustus in Gauteng te wees om saam te val met die vriende se Augustus skoolvakansie. Soveel ruimhartige gasvryheid maak mens nederig. Jy moet al geleer het om te ontvang - slaapplek, kos, aandag, wat ookal die behoefte. Vir iemand wat nie graag iets verniet ontvang nie bly dit ‘n bewustelike besluit om myself toe te laat om soveel volgehoue gasvryheid te ontvang. more info Hoofstuk 14 Die geheime bestandeel
Hoofstuk 13
Dis hier in Gauteng wat ons geleer het hoe belangrik die inhoud van jou hart is. Ons vriende het deur ‘n kerksplit gegaan en het gesuffer soos kinders deur ‘n egskeiding suffer. Ons het baie gebid en baie gepraat om die seer te probeer verstaan en te probeer sin maak daaruit waarom mense nie meer die pad saam kan stap nie. Ons het persoonlik ervaring van ‘n kerksplit gehad so 10jr vantevore. Met die ervaring van toe en die ervaring van nou het ons besef hoe gevaarlik ‘n kerklidmaat is wat ‘n erediens bywoon met ‘n disapproving gesindheid. Iets wat gebeur, wat die dominee of pastoor sê, hoe die formaat van die diens verloop, wat ookal - indien jy iets optel waarmee jy nie saamstem nie, begin die rooiligte flits. Hoe hanteer jy dit? more info Hoofstuk 12
Word verander deur die vernuwing van jou verstand – Rom 12;2 Ek moet leer om anders te dink My gedagte: Sal my kinders dit maak in die real world? Het ek hulle goed genoeg voorberei? Druk ek hul hard genoeg? Fokus ek op die regte metodes? Sy gedagte: The people who know their God will be strong and do many exploits. My gedagte: As ek maar net vroeër ontslae geraak het van my selfregverdiging, kritiek en oordeel, sou ek ‘n beter ma en vrou gewees het. Here dink nie aan my volgens die dade van my jeug nie, maar dink aan my volgens U goedheid. As ek net hard genoeg werk, lank genoeg bid, genoeg Bybel lees… Sy gedagte: Jou heil lê in terugkeer en rus. more info Hoofstuk 11
Koopkrag Die kontras tussen Verwoerd van Orania, wat na bewering nie met geld gekoop kon word nie, aan die een kant en die oënskynlike agterbaksheid van Cecil John Rhodes wat gedetermineerd was om sy claim namens die britse koninkryk en ten koste van gewone Suid-Afrikaners af te steek in die diamantjagtery van Kimberley, was nogal skerp. Ons het laat in Kimberley aangekom en in ‘n verbeeldinglose kampterrein naby die Groot Gat oornag. Waar gewone mense op die tydlyn in die museum gesukkel het met oorloë, depressive, oorlewing en apartheid, het die diamantbedryf deur eeue net aangegaan met geldmaak – alles binne ‘n mooi uitgewerkte monopolie. more info Hoofstuk 10
Gasvry verby… Ons kom 22 Junie 2012 op Ilanga plaas op Oudtshoorn van Johan en Mindi Breunissen. Hier is dit gasvry verby. Ons hou kersfees in Junie_ letterlik en figuurlik. Johan en Mindi het ‘n uithangfunksie gereël vir die dorpsmense waar ons ‘n 5- gangmaal op ware plantelandse steil- heerlike sampioensop entre, gevolg deur koningklip voorgereg, beesfillet, gaar kweper en aartappelgereg, malvapoeding en vla…kaas en beskuitjies en koffie! Ek skat daar was so 50 mense – en deel van die toegangsfooi was elkeen bring ‘n kombers wat aan die einde van die aand aan die mense in die kombuis gegee as – as kersgeskenk natuurlik. more info HOOFSTUK 9: Verskuiwing van grense Vannag (11 Mei 2012) is ek verstom. My verwysingsraamwerk het geskuif. Mens kan maar sê my bek hang oop. Jy sien die ding staan so: Ek het nog altyd myself beskou as ernstig oor die Here, die Skepper van die heelal , die God van die gode, die God van Abraham, Isak en Jakob. Ek het ‘n groot gedeelte van my geestelike lewe dit belangrik geag om moeite te doen om so min of meer ‘n uur na uur en ‘n half verkieslik per dag tyd aan die Here te spandeer…en nogal goed gevoel daaroor. Ek bedoel, nadat ek deur die ‘self-righteousness’ daarvan gekom het van “kyk hoe goed is ek”, het ek beweeg na ‘n tyd van heerlike gemeenskap met ‘n Verlosser wat my wil ken, wat belangstel in my doen en late, ‘n tap uit ‘n kragbron wat by tye onuitspreeklik is. Ek het so bietjie meer relax oor “religious” tyd saam met Hom en meer gefokus op Geesvervulde en geleide “ontmoetingstye”. more info HOOFSTUK 8: Die regte plek vir nou? Is dit waar ons nou moet wees? Mens vra maar altyd daai vraag in die afwesigheid van gevestigde sisteme wat jou ‘n aanduiding van jou posisie gee. Dis dan wanneer ‘n goue draad van Rom 12:1 en 2 die regte tyd en regte plek bevestig. Hierdie skrif het ons gekry voor ons vertrek het, toe weer in Struisbaai, weer in Swellendam en weer in Port Elizabeth… dan weet mens die kompas is in. Gee jouself as ‘n lewende heilige en aan God welgevallige offer en moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie maar word verander deur die vernuwing van jou gedagtes. more info HOOFSTUK 7: Waarheen jaag ons? Ons arriveer 5 April 2012 teen skemer op Pofadder by die Rus-i-Bietjie karavaanpark. Die karavaanparkeienaars nooi ons vriendelik in hul netjies geharkte grondpark as hul enigste gaste. Ons Infanta staan daar vir ons 6 vir slegs R100 vir die nag. Ons besoek die volgende oggend die Pofadder Hotel. Daar sit ‘n omie alleen in die Hotel se kroeg wat elke dag 9vm arriveer en daar bly tot toemaak tyd, nou al vir jare. Getrou merk hy elke rugbyspan se punte af in ‘n boekie. Ek bedink die sin van die lewe. Hoofstuk 6 Een vir almal Springbok 31 Maart 2012. Ek neem ‘n besluit EK KIES OM OOR NIKS MEER TE WORRY NIE. Dis groot. Ek bekyk Hebr 4 en besef, almal hoor die goeie nuus, maar nie almal glo dit nie. Die wat dit glo gaan Sy rus binne. Ek kies om dit te glo. Ek gaan Sy rus binne. Ons wag vir vriende (Bertie en Joan, en hul 3 seuns, Albert, Chris en Wilhelm Louw van Durbanville) wat saam op die Oranjerivier gaan roei en gaan drink koffie in die Plaaskombuis op die dorp. Net toe ons koffie kom staan Riaan op om iemand te groet........ more infoHoofstuk 5 Sing jy van blomme of sing jy van geld? Ons amptelike en lewendige kontak met die Droomprojek begin. Ons ontmoet Theuns Coetzee, die vader van die Droomprojek. Hy droom dat elke dorp self die dorp mooi maak, mense hul waardigheid ontdek, en dat die hele Suid-Afrika so opgehef word. As jy goed voel oor jouself, sorg jy vir jouself, en voel jy ook goed en en sorg jy ook vir jou dorp en land. Ek luister fyn terwyl Theuns praat, maar stel net belang in 1 vraag, waarom doen jy dit?-wat wil jy daardeur bereik? more info Hoofstuk 4: Hy sluimer of slaap nie Onrusrivier 5-14 Maart 2012. Die eksamen het begin. Ons besluit toe sommer om die week by my broer-hulle te vertoef om die kinders onder dak te laat eksamen skryf. Ek het nie besef dat hierdie deel van die toer eintlik ‘n jarelange gebedsbeantwoording inhou nie. Dis nou al die grootste gedeelte van my 13 jarige se lewe wat ek bid vir ‘n manier om sy ekstra vetjies af te skud. Dit breek my hart as ek sien dat dat sy selfvertroue, vermoëns en gesondheid affekteer word deur verkeerde eetgewoontes-maar hoe stel ek dit reg? My skoonsus het vasgestel sy het ‘n metabolisme B, wat ‘n spesifieke dieët vereis wat jou sonder moeite laat verslank! ‘n Deur skuif oop. My 13-jarige is geïnspireer. Na 7 weke het hy 7 kg verloor! Hoofstuk 3: Moenie alles lank vooruit probeer uitfigure nie
Die onverdiende genade Infanta raak ons reisgenoot. JW en Pampies Swart van Swellendam het van ons toer te hore gekom en besluit om ‘n Infanta-sleepwa tot ons beskikking te stel vir verblyf die jaar. Aanvanklik was die praatjies hiervan vir my ‘too good to be true’. Sonder seremonie.... more info HOOFSTUK 2: Kan ek Hom rêrig vertrou?
Ons moes teen 1 April 2011 die huis ontruim en dan elders bly tot einde 2011. Teen 1 Maart 2011 het ons nog nie alternatiewe akkomodasie gehad nie. My bokse was al ingepak en ek was gereed om te trek, net nie geweet waarheen nie. Ek het vir Riaan gesê kom ons settle maar vir ‘n plek hier naby, dit lyk nie of ons ‘n huis naby die skool gaan kry nie. Riaan het ewe saaklik gesê ons het gebid vir ‘n huis naby die skool, ons gaan die Here vertrou. Hoofstuk 1: Van Kromstraat tot Reguitstraat (Ons Storie deur Hanlie de Lange)
Daar kom ‘n stootskraper, hy maak ‘n nuwe pad… Ter inleiding wil ek net sê hierdie blog is nie begin om aan enige mens eer te gee nie, maar net aan God alleen en as getuie vir wat Hy in my lewe gedoen het tot nou toe. Ek is nou 43 en my storie van die genade van God is nog nie voltooi nie, maar ek het genoeg van Hom beleef om nie meer stil te bly nie. Ek weet nie hoe die storie gaan eindig nie, maar ek vertrou die Skrywer daarvan ten volle en weet dus ek kan maar begin skryf. Ps 34:12 Kom kinders luister na my! Ek wil julle leer om die Here te dien. As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. BLY WEG VAN KWAAD AF EN DOEN WAT GOED IS. Ook voeg by geloof deug... Die HAT se deug is die geneigdheid om goed te doen. |
|
[Home] [Related links] [Droom] [Contact us] [Towns and Cities] [Riaan's Blog] [Hanlie's Blog]