|
Hoofstuk 23
‘n Mens kan kies wat jy in mekaar raaksien, waaraan jy vashou en wat jy
laat gaan. As jy die hoofstuk lees, hou in gedagte dat Riaan nie ‘n
volmaakte man is nie- die liefde wel… en die liefde is nie ‘n gevoel nie,
maar ‘n keuse…
Liefste
Riaan
Die
tyd gaan gou verby. Soms is dit gewone woordlose ure van reis tussen
bestemmings. Soms is daar besonderse oomblikke van intense belewenisse.
Soms dink ek jy’s die beste en soms is ek kwaad vir jou oor ‘n
onbedagsame of geirriteerde woord. Vandag wil ek dit publiek bekend maak,
dat ek jou beskou as my held. Jy het my hartsbegeerte in soveel
onuitspreekbare maniere kom vervul deur my hierdie jaar te laat instap
in van my grootste vrese. Of dit nou die vrou se behoefte aan sekuriteit
is, waar ons gaan bly, wat ons gaan eet en hoe dinge gaan uitwerk, of
die menigte ander onsekerhede van die jaar. Die beste seker dat dit ok
is en dat ek moet toelaat dat ander van my verskil.
In die tye wat jy geirriteerd is bly ek maar stil, want gou gou bedink
jy jou optrede en raak weer goed, weer reg om grappe te maak - ‘start
die wêreld ek is weer ok…’
Dis so lekker as ons op ‘n nuwe plek aankom en jy sommer so uit die
bloute sê: ‘More oggend vat ek jou vir ‘n ontbyt’ of ‘Ek sal jou sommer
net hier vasvat…’ Dit laat my altyd spesiaal voel en dan vergeet ek van
die irritasies en krapperighede.
Ek
sal seker altyd jou woorde ‘Is jy ok?’ onthou as ek moet sê
watter jy die meeste vir my gevra het deur my lewe.
Verstaan vandag hoe ek jou as my maat waardeer. Ek skryf dit nie nou
terwyl ek op ‘n emosionele hoogtepunt is nie-net sommer. Jy’t my kom
leer om nie die onbekende te vrees nie, jy my kom leer van
onvoorwaardelike liefde waar ek regtig voel ‘no matter wat’. Jy my kom
leer om woorde te tel en te weeg. Om nie so haastig te wees om ‘n opinie
te gee nie. Dat ‘n storie altyd 4 kante het en om nie tot conclusions te
jump nie. Jy’t my kom leer as jy nie iets goeds kan sê nie, bly maar
liewer stil. Jy’t my kom leer dat ‘n afgekapte plantasie dennebome en ‘n
bewolkte dag ook mooi kan wees. Jy’t my kom leer dis meer werd om nie te
praat oor die Bybel as om te praat en dit nie ‘n lewende werklikheid in
jou hart te hê
nie. Jy’t
my kom leer dat geld die maklikste is om te gee, dat daar goed is wat
onkoopbaar is, soos om by onbekende familie op Volksrust aan te gaan.
Jy’t my die waarde kom leer van jou goed op sy plek terug te sit, daar
nie iets bestaan soos ons en hulle nie, dat die witman nie altyd moet
kom met aalmoese nie, dat verhoudings alles is. Dat ek nie met ‘n mens
oor die Here behoort te praat as ek nie in ‘n verhouding met hom staan
nie, dat die lewe lig en vrolik kan wees.
Dankie
dat dit nooit ‘n opsie by jou is om mense by wie ons gekuier het
negatief te bespreek of fout te vind met iets nie. Dankie dat jy nooit
‘n vet vrou, snaakse haarstyl of iemand met uitspattige klere in die
straat uitwys en agter jou hand lag nie. Dankie dat jy jou nooit
verlekker in enigiemand se pyn nie. Dankie dat jy so daarop ingestel is
om ons veilig te hou. Dat ek nie toegelaat word om alleen ver in die
donker te ry nie. Dankie dat jy nog nooit in ‘n ander vrou se bed was
nie. Dankie dat jy my laat voel om klein borste te hê is ok. Dat jy my
hare verkies soos ek daarvan hou. Dat dit vir jou belangrik is dat ek
myself verwesentlik. Dat jy die kinders toelaat om kind te wees, pret te
hê en die lewe te geniet. Dat jy intense gesprekke met God het. Dat jy
jou nederige pa so hoog ag, ongeag sy eenvoudige lewenstyl. Dat elke
mens geag word en dat jy geeneen as ‘wash out’ klassifiseer nie. Dat
geld jou nie kan koop nie. Dat jy ruimte maak. Dat my kinders jou saad
kan dra.
Elke
keer as ek weer kwaad word vir jou en jy dinge doen wat my irriteer gaan
ek die brief vat en weer lees.
Ek dink terug aan jare van onvolmaaktheid. Ek dink terug aan die tye
waar ek gedink het ons kom van 2 verskillende planete af.
Ek dink terug aan een Saterdag alleen waar ek teen my emosie in, met my
vinger in nat sement in geloof geskryf het: ‘Riaan man van my drome, jou
het ek lief’.
Ek
dink terug aan die jare daarna, waar hierde sement gegrafeerde woorde,
stukkie vir stukkie ‘n werklikheid geword het.
Ek skryf die nou, terwyl jy nog lewe dat jy dit kan hoor - dat ek nie
dit deur iemand op jou begrafnis hoef te laat voorlees nie…ook maar goed
want as ek geweet het wat op my gewag het tydens ons Natal verblyf sal
ek dit seker eers op jou begrafnis geskryf het en dan met baie trane!
|