![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
HOOFSTUK 13: Bewaar jou hart bo alle dinge
Dis hier
in Die verkeerde manier: Jy bespreek jou disapproval met jou maat; Jou maat stem saam; verdere mense word by die gesprek betrek (mens noem dit skinder, en skinder is gif - hoe onskuldig of geregverdig die gesprek ookal is). Die gif maak ruimte vir rebellie. Die Bybel beskryf rebellie as die sonde van heksery. Skeuring. Verhoudings eindig (met die gepaardgaande pyn wat baie intens kan word). Die regte manier: Jy stem nie saam met wat gebeur nie, maar besef dis dalk jy met die verkeerde sienswyse of idee; dus, bid jy vir wysheid; Jy kyk terug in die verlede en voel opnuut dankbaar vir die verkeerd wat jy genadiglik van uitgered is en bid dat daar ook genade vir die oortreder sal wees (jyself is dalk die oortreder?); Jy besluit om die dorings toe te laat om saam met die koring te groei soos Mat 13 leer en geduldig te wees met mekaar se oortredings; Jy bid daaroor en tree in gesprek met die oortreder indien jy vrede het; Jy beeïndig slegs die verhouding op duidelik instruksies van die Here op afwesigheid waarvan lojaliteit en onvoorwaardelike liefde die enigste opsie is. Dit was my persoonlike les en ervaring. Die kamp
Dis langnaweek 9 Augustus. Ons kamp
saam met
Jaarafsluiting: 16 Augustus Ek word die 16de wakker met die gedagte dat ek moet sonde bely. Ek staan op en neem my selfoon en sien die facebook notifications. Een trek my aandag. Dis van ‘n vriend wat nog ‘n rede post waarom SA dit nie gaan maak nie. Ek besef daar’s effense negatiwiteit besig om in my hart hieroor te vorm. Ek besef ek het hom so stadigaan begin oordeel (ever so slightly - amper nie eers agtergekom ek doen dit nie) dat hy so negatief oor SA is en besef ek moet sonde bely. Ek neem my dagstukkie boek en lees: “He that covereth his sin will not prosper, but who confess and forsake them shall have mercy” Later toe ek Riaan groet sê hy dat dit die laaste dag van sy jaar is (hy verjaar more) en hy wil sy nuwe jaar skoon begin. Hy wil na Mosaïk kerk se kapel gaan vir nagmaal 12:00 wat gepaardgaan met sondebelydenis. Ek kon maar net smile. Ek dink die Here is ernstig oor die sondebelydenis-sakie. Die partie of party
Oppad na die venue vra Riaan onskuldig. As jy nou weer kan besluit sal jy weer doen wat jy vandag gedoen het. Ek voel my binnewêreld afskakel. Ek kyk ‘n duik in die weste en bid woordloos: “Here, as ek verkeerd gemaak het vergewe my, help asb dat die partytjie lekker is ten spyte van die irritasies”. Nog nooit het ek so lekker partie kon doen soos daardie aand. Almal moes voorbereid kom met ‘n skoon grap en hul gunsteling song. Na die shushi voorgereg (en Anna-Grete se Nacho’s vir die nie Shushi eters) het ons eers elkeen se song geluister en hom of haar kans gegee om te sê waarom dit ‘n gunsteling is. Daarna het die roerbraai op gasbraaiers gevolg. Na die hoofgereg het ons elkeen kans gegee om sy grap te vertel. Karien was in beheer van die poeding - so deurmekaar choc nut sundae met sambreeltjies - die werke! Wow, wat ‘n partie. My ma het altyd gesê as jy wil weet hoe die Heilige Gees is, Hy’s soos die lekker van ‘n lekker partytjie… |