![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
Hoofstuk 24 Die sisteem
Met antagonistiese gesindhede en gestremde argumente wat daarna volg, word al die lewe uit my getap. Voorstelle soos ‘kan mamma nie net ‘n stokperdjie kry nie’, ‘mamma moet net ‘let go’ ’ laat die oënskynlike sinneloosheid van die gesprek tot in my murg voel. Dis soos om ‘n bottel vol verskillende sjokolades voor ‘n 2-jarige neer te sit en dan met hom te argumenteer oor hoeveel hy mag eet. Met sy besmeerde bekkie en handjies het hy ‘n totale onvermoë om te verstaan wat my probleem nou eintlik daarmee is, en hy wil net eenvoudig soveel eet as wat hy wil. Ek wil nie met my kinders hieroor praat nie. Dis frustrerend. Ons is moeg en gaan slaap vroeg. Here help
“Vader, ek vra nie dat U hul uit die wêreld moet neem nie, ek vra net dat U hul in die wêreld sal bewaar” Mmmm…so U soek ons in die sisteem? Ek dink aan die Israeliete wat voor hul beloofte land gestaan het, ingekyk het, die reuse gesien het en besluit het, die reuse is te groot en te veel, hulle kan nie hul kinders hieraan blootstel nie. Dit het die Here diep gegrief en Hy het hulle laat rondswerf in die woestyn tot die ouers dood is en toe anyway die kinders ingeneem. Vir ‘n oomblik sien ek myself in die posisie van ‘n vreesbevange Israeliet in die woestyn, waar daar geen bose invloede is wat die kinders van die pad af kan lei, te bang om haar kinders in die bose Kanaan in te neem, want die gevare daarbinne is te groot en te veel. Nee! Met alles in my wil ek nie in so kleingelowige posisie wees nie. The good is the enemy of the best Feit is, daar is reuse in my sisteem. Hoe beskryf ek hierdie reuse? Dis maar goed soos die aantreklikheid van verkeerde maats, partytjies, populariteit, mense-eer, drank, dwelms, media, gedelegeerde mentors se invloed, min gesinstyd – versus die onaantreklikheid van geestelike waarhede. Nou ja, hoe bewaar ek hierdie jong Israeliete oppad na hul beloofte land?? Om sonder ‘n plan die sisteem te betree is om sonder ‘n inkopielysie by ‘n Pick ‘n Pay in te stap. Die sisteem dikteer en is veel slimmer as ons. Wurm hom in plekke in, maak homself onmisbaar en hang ‘n ‘noodsaaklik’ bordjie by sy voordeur, en voor jy jou kan kry dikteer die sisteem jou lewe. Hoe gemaak om die sisteem my te laat dien eerder as om die sisteem te dien? En toe die praktiese 3-stap plan:
·
· Heb 3:13 Herhinner mekaar daagliks dat jy nie agter raak in die genade nie (dit was vir my ‘n bevestiging van wat ons ‘n paar jaar terug begin het, maar nie vol gehou het nie, om as gesin elke dag vir ‘n ander kind te bid, bidders bly afhanklik van Sy genade en steun nie op hul eie vermoë nie) · Heb 4: 4 rus een dag van jou werk soos Hy het (ook bevestiging wat ons ‘n ruk terug begin het, maar nie vol gehou het nie, om Vrydagaande as gesin saam nagmaal te gebruik, harte na mekaar te draai, jou week in oënskyn te neem en sonde te bely). Ek’s verlig en dankbaar en is bedien deur ‘n mag groter as ek. Wysheid uit die hoogte uit. Vrolik en vol moed vir 2013 stap ek terug tent toe om met die gesin te gaan praat. Durban toe! Baie opgewonde is ek en Karien die volgende oggend vroeg op om alles reg te kry vir oppak want vandag ry ons Durban toe! Ai, ek onthou my kinderdae-vakansies by my ouma se huis in Port Shepstone. Die ruig plantegroei wat jy al kilometers ver voor die suidkus van Natal inwag, die sout seereuk in die lug en die heerlike tropiese vrugte. Ons ry geruisloos tot in Amanzimtoti en slaan kamp op in Natalia, die laaste van 5 ATKV-oorde wat ons die jaar besoek het. Ons staanplek het daai tipiese suidkus uitsig oor die see langs die spoorlyn.
|